Maroela Media
Katbosbult
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 24, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katbosbult – Episode 95 20.10.2023 12:59
Reggie se romantiese ete vir twee verloop soos ʼn droom, beter as wat sy verwag het, maar moet die joernalis met die kort rokkie altyd so ongeleë wees?! Gert sorg vir blomme vir spesiale mense.
Katbosbult – Episode 94 19.10.2023 11:02
Dit is tyd vir Jasper om ʼn paar mense vierkantig in die oë te kyk en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar. Reggie kry ʼn oproep wat haar onkant betrap. Dan besluit sy om ʼn romantiese aand vir twee te beplan.
Katbosbult – Episode 93 18.10.2023 10:11
Die spoke van die kwade aand in die nagklub op Rolbos maak weer hulle verskyning. Monique word weer pure “sersant Maritz”. Sy loop sersant Johnson storm met ʼn paar wenke. Bedoel sy dit opreg, of is dit ʼn nuwe skelmstreek van haar?
Katbosbult – Episode 92 17.10.2023 10:27
Leonardo bly in die moeilikheid. Sy nuwe “vennoot” snel hom te hulp met nuttige inligting en blink planne om die dreigende situasie te help ontlont en reg te bestuur. Maar, waarheen het Jasper met die motorfiets verdwyn?
Katbosbult – Episode 91 16.10.2023 10:46
Dit is blouer as die blouste Maandag vir sersant Johnson, en dit gebeur net mooi wanneer die kaptein terug is by die werk. Dit is verstommend hoeveel in so ʼn kort tydjie kan skeefloop. Leonardo voel hy bly in die spervuur, en net toe hy dink dinge kan nie slegter nie, gaan dit slegter.
Katbosbult – Episode 90 13.10.2023 11:40
Leonardo maak hom reg vir die aand van sy lewe, skink die wynglase vol en dan lui sy voordeurklokkie. Maar dit word ʼn nag van uiterste drama wat Leonardo sprakeloos laat. Gert, gegooi deur die gebeure, kry nie twee en twee bymekaar getel nie. Iets rym nie.
Katbosbult – Episode 89 12.10.2023 10:33
Reggie ry Richroux toe en vertel van ʼn gesprek wat haar die vorige nag uit die slaap gehou het. Sy besef maar alte gou dat sy beslis nie Sekretaresse van die maand gaan wees nie. Maar sy hou by Plan A. Daar is nuus oor die afgebrande plaashuis.
Katbosbult – Episode 88 11.10.2023 11:56
Dit is hartseer op die misdaadtoneel. Die ambulans jaag hospitaal toe. Sersant Johnson volg elke leidraad op. Chrissie kry ʼn sakevoorstel wat haar sprakeloos laat … dit is die laaste ding wat sy verwag het, veral van die spesifieke persoon op Katbosbult.
Katbosbult – Episode 87 10.10.2023 12:23
Dit is tyd vir nuwe drome en vennootskappe op Katbosbult. Vir sekere drome is die prys nooit te groot of die uitdagings te veel nie. Vir jou droom doen jy wat nodig is en selfs meer. Leonardo het so ʼn droom en hy sal vir niks stuit om dit te verwesenlik nie.
Katbosbult – Episode 86 09.10.2023 11:16
Goeie bedoelings het nie altyd die verwagte gevolge nie. Reggie kom so ʼn dilemma oor. Sake verloop eenvoudig nie soos sy verwag het dit moet verloop nie alhoewel sy dit goed bedoel.
Katbosbult – Episode 85 06.10.2023 11:24
Dit is tyd vir die feeskoördineerder om besluite te neem sodat daar vordering met die dorpsfees se reëlings gemaak kan word. Wie ontferm haar oor Leonardo? Maar dis nie die enigste besoek wat Leonardo kry nie. ʼn Groot geheim kom aan die lig en laat die vonke behoorlik spat.
Katbosbult – Episode 84 05.10.2023 11:34
Dit is ʼn nag van drama in woonstel 19 … met ernstige gevolge. En natuurlik is die joernalis met haar ekstra kort rokkie byderhand. Gert loop skielik onder ernstige kruisondervraging deur. Hy moet vir ʼn vale verduidelik.
Katbosbult – Episode 83 04.10.2023 11:42
Almal wat op die dorpsfees wil uitstal, weet van die twee prima uitstalgeriewe. Daar is ʼn geskarrel om die twee uitstalruimtes te bekom. Allerhande planne word gesmee om in die feeskoördineerder se goeie boekies te kom. Buitengewone gesprekke is aan die orde van die dag.
Katbosbult – Episode 82 03.10.2023 10:42
Sersant Johnson is nuuskierig om ʼn spesiale rede … dit is nie gewone nuuskierigheid nie. Met wie gesels hy almal en hoekom? Die gimnasium beleef ʼn katgeveg soos min.
Katbosbult – Episode 81 02.10.2023 11:49
Die groot aankondiging is gemaak en nou gons en skinder dit eers fluks in die dorp. Die nuwe feeskoördineerder is dadelik in die spervuur. Groter uitdagings laat sekere individue blom, onder andere die nuwe feeskoördineerder.
Katbosbult – Episode 80 29.09.2023 11:06
Dit gons en skinder een strook deur oor wie die uitverkore feeskoördineerder gaan wees. Planne word beraam, beloftes gemaak en daar is selfs dreigemente. Dan besluit die burgemeester dat hy die groot aankondiging Saterdag sal maak, wanneer hy deur die Persklub vereer word.
Katbosbult – Episode 79 28.09.2023 11:22
Sersant Johnson is desperaat. Hy probeer soveel hulp moontlik vir sy saak bymekaarskraap. By wie klop hy om hulp aan? Reggie kry die vreemdste versoek. Die vraag op almal se lippe is wie die gesogte pos van feeskoördineerder van die dorp gaan kry.
Katbosbult – Episode 78 27.09.2023 10:37
Sersant Johnson krap op ʼn plek waar dit nie jeuk nie, maar hy byt vas. Dit is immers ʼn opdrag van kaptein Nkosi. Hy gaan kuier met ʼn doel vir Chrissie op Halfmens. Sy besoek oortref sy stoutste verwagtinge … tot daar ʼn motor stilhou.
Katbosbult – Episode 77 26.09.2023 12:22
Shirley skop af deur ʼn opdrag van Brian Barkley uit te voer. Die vonke spat behoorlik. Sy word volledig ingelig oor die “blou koeverte”. Die terugvoer ontstel haar. ʼn Belangrike besluit word geneem.
Katbosbult – Episode 76 26.09.2023 12:10
Shirley is terug uit die buiteland en word verras deur Reggie wat haar verwelkom op Kaapstad Internasionale Lughawe met ʼn lysie verrassings. Voor hulle in Katbosbult aankom, is Shirley op datum met die belangrikste plaaslike gebeure. Eppo bel haar uit die Kaap. Hy moes dringend daarheen vir kontrakwerk wat weke kan duur en sy vennoot Gert Geertsema neem die leisels tydelik oor. Shirley is vol plan...
Katbosbult – Episode 75 22.09.2023 11:46
Leonardo is briesend. Die afgeskakelde kameras het ʼn lelike nadraai. Hy huiwer nie om ferm op te tree nie. Dit skok Reggie en noop haar tot optrede. Die verkeerde foto duik op die verkeerde tyd by die verkeerde plek op.
Katbosbult – Episode 74 21.09.2023 11:52
Sersant Johnson en Eppo beleef skielik moeilike tye wat hulle bloeddruk die hoogte laat in skiet. Hulle voel hulle word misbruik. En eindelik is daar ʼn naam vir Katbosbult se langverwagte dorpsfees.
Katbosbult – Episode 73 20.09.2023 10:33
Daar is nuwe wind in sersant Johnson se seile. Maar hy is ook meer bedagsaam en hy het duidelik vertrouelinge met wie hy gesellig, maar tog hoogs vertroulik, skinder. Hy het ʼn belangrike dorpenaar in sy visier.
Katbosbult – Episode 72 19.09.2023 10:38
Dinge gebeur vinnig: Daar is die afgelewerde boodskap, ʼn rit biblioteek toe en die diefstal. Chaos! Leonardo is hoogs die duiwel in. Wie lieg en wie praat die waarheid? Leonardo moet vure doodslaan en in die proses word ʼn brug gebrand.
Katbosbult – Episode 71 18.09.2023 10:45
Skielik is dit donker tye vir Reggie. Chrissie kom met ʼn vreemde versoek en sy vat nie nee vir ʼn antwoord nie. Katbosbult is geskok oor ʼn beslissing van ʼn magistraat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.