Maroela Media
Katbosbult
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 24, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katbosbult – Episode 70 15.09.2023 10:58
Sake loop skielik skeef vir Reggie. Monique laat nooit ʼn geleentheid verbygaan om ʼn gaping te vat as sy een sien nie. Sy het ʼn ingebore talent daarvoor. Die berugte foto’s maak weer hulle opwagting en sorg vir nuwe benoude oomblikke.
Katbosbult – Episode 69 14.09.2023 10:56
Sersant Johnson weet hy sal gisteraand nie gou vergeet nie. Maar daar is altyd ʼn nuwe uitdaging wat die geduld beproef, soos hy kan getuig. Eppo word vir die soveelste maal ontbied en ʼn opdrag gegee.
Katbosbult – Episode 68 13.09.2023 10:46
Mens weet nooit of Monique werklik haar medemens se belange op die hart dra en of sy eintlik besig is met haar volgende fyn uitgewerkte skelmstreek nie. Sersant Johnson is bedrywig en vasberade om ʼn deurbraak te maak. Hy beleef ʼn dramatiese aand.
Katbosbult – Episode 67 12.09.2023 10:27
Raadslid Celliers skakel oor na die hoogste rat. Sy het die dorpenaars aan haar voete maar raadslid Engelbrecht moet inspring en haar vermaan. Leonardo is in ʼn liederlike bui. Dis tyd om bors skoon te maak. Die “poskantoorman” het meer as een inwoner aan die skarrel.
Katbosbult – Episode 66 11.09.2023 11:04
Die lang nag in Rolbos kom met groot drama tot ʼn einde. Maar soms is ʼn einde net die begin van iets groters wat nog aan die kom is. Jasper hoop die drama is klaar, maar dit draai anders uit.
Katbosbult – Episode 65 08.09.2023 11:29
Jasper droom van kleinsaf hoe hy eendag in sy Porsche rondry. En skielik staan daar een reg voor hom om te gebruik. Dit word die dag van ʼn leeftyd. Maar dit word ʼn dag wat hy toe nie vir die Porsche onthou nie.
Katbosbult – Episode 64 07.09.2023 11:07
Raadslid Engelbrecht raak onstuimig want hy voel raadslid Celliers is besig om by die burgemeester oor te vat. Maar raadslid Celliers is onstuitbaar met haar idees en planne. Sy vang uiteindelik selfs vir Eppo onkant.
Katbosbult – Episode 63 06.09.2023 10:48
Leonardo draai dwars en hy is in ʼn veglustige bui. Monique het sweerlik die gladste tong op die dorp. Sy word nie sommer in ʼn hoek gedruk nie. Daarvan kan sersant Johnson getuig. Iemand het genoeg gehad en lê ʼn klag.
Katbosbult – Episode 62 05.09.2023 11:11
Raadslid Celliers het beslis met titel en al in Katbosbult aangekom. Sy geniet haar nuwe status en sorg dat almal met wie sy in aanraking kom, dit weet. Leonardo maak ʼn kommerwekkende ontdekking. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense, soos by die plaaslike winkelsentrum.
Katbosbult – Episode 61 04.09.2023 10:49
Shirley se besluit stuur skokgolwe deur die dorp en stook sosiale media. Reggie is die meeste ontsteld en verwerk Shirley se besluit moeilik. Sersant Johnson is terug in Katbosbult en gereed vir sy interne tugverhoor.
Katbosbult – Episode 60 01.09.2023 11:20
Dis die dag van die langverwagte verkiesing en dit gons in Katbosbult. Wie ondersteun vir wie… en wie help om kiesers aan te ry stembus toe? Die spanning bou op. Uiteindelik kan daar net een wenner wees. Maar daar wag ʼn groot skok op die dorp se mense.
Katbosbult – Episode 59 31.08.2023 11:25
Reggie kry hulp waarvoor sy baie dankbaar is. Die dorp is opgewonde want môre is dit uiteindelik die lankverwagte tussentydse verkiesing vir ʼn pos op die dorpsraad tussen Chrissie en Shirley. Monique is erg bekommerd. Ná hul gesprek is Reggie net so bekommerd.
Katbosbult – Episode 58 30.08.2023 11:28
Reggie en Jasper geniet ʼn heerlike naweek wat Reggie hierdie keer aanvoor. Dis spesiaal só beplan dat ʼn adrenalienjunkie soos hy hom gate uit kan geniet. Maar ongelukkig is alles nie rosegeur en maanskyn nie.
Katbosbult – Episode 57 29.08.2023 11:31
Chrissie se verkiesingsveldtog verloop kookwater. Soveel so, dat Monique bekommerd raak. Brian Barkley maak ʼn interessante skuif. ʼn Blou koevert word opgetel wat vrae in die Shirley Sinfieldkamp laat ontstaan.
Katbosbult – Episode 56 28.08.2023 10:33
Monique is op ʼn nuwe missie. Jasper kry onverwags ʼn aanbod wat hy ernstig moet oorweeg. Die Katbosbult Restaurant beleef drama soos nog nooit tevore nie. En soos gewoonlik verskyn die joernalis met haar ekstra kort rokkie weer op die toneel.
Katbosbult – Episode 55 25.08.2023 10:50
Jasper en Reggie ry deur Oudtshoorn toe vir ʼn uitstappie, maar dit verloop nie heeltemal soos Jasper dit – met al sy goeie bedoelings – beplan het nie. Daar’s ʼn lastige vlieg in die salf.
Katbosbult – Episode 54 24.08.2023 11:46
Waarheen het Shirley verdwyn en hoekom? Die gebeure wat rondom ʼn bakkie op Halfmens afgespeel het, se nadraai is nog lank nie verby nie. Trouens, dit lyk of dit kleintjies kry. Wat is die jongste terugslag wat Chrissie tref?
Katbosbult – Episode 53 23.08.2023 10:06
Reggie beleef ʼn dol dag. Sy kry meer as een uitnodiging. Die eerste uitnodiging loop uit op ʼn katastrofe. Dan ontvang sy boonop besoek van iemand en die daaropvolgende gesprek gooi haar lelik.
Katbosbult – Episode 52 22.08.2023 10:45
Die dag toe sersant Johnson se bakkie by Halfmens se groothek uitry, bly Chrissie helder voor die gees. Sy onthou duidelik ʼn man met ʼn meswond oor sy regterwang agter die stuurwiel. Iewers is ʼn bedrogspul en dit vreet aan Chrissie. Is dit waarom sy skielik op ʼn missie is?
Katbosbult – Episode 51 21.08.2023 11:40
Daar is ʼn rits gebeure op Halfmens met belangrike gevolge. Sersant Johnson se bakkie is nie meer op Chrissie se plaas nie – wat die dorpenaars aan die raai het. Dié chaos draai later in die polisie se aanklagkantoor.
Katbosbult – Episode 50 18.08.2023 10:55
Shirley neem ʼn belangrike besluit waarna daar nie meer omdraaikans is vir haar nie. Haar drome oor haar aalwynboerdery kry gestalte. Wat beplan sy alles en wie help haar fluks daarmee? Daar is ʼn belangrike wending in die saak teen sersant Johnson.
Katbosbult – Episode 49 17.08.2023 11:19
ʼn Staalkas in ʼn skuur op Halfmens het Chrissie skielik aan die skarrel. Gelukkig staan Simon Slotmaker se hande vir niks verkeerd nie. In sersant Johnson se afwesigheid tree ʼn nuwe kampvegter vir hom na vore wat goed na sy belange omsien.
Katbosbult – Episode 48 16.08.2023 11:10
Jasper se paaie kruis met dié van Reggie en Monique. Reggie is sag op sy oog. Dis of Monique skoon uit karakter optree net om naby die nuwe held van Katbosbult te kom. En dan is daar natuurlik die alomteenwoordige joernalis met die ekstra kort rokkie wat altyd nóg ʼn vraag het om vir Jasper te vra.
Katbosbult – Episode 47 15.08.2023 11:00
Jasper Jonker maak sy opwagting in Katbosbult op ‘Katbosnuus’ se voorblad. Hy is die aantreklike nuwe, jong assistent-bestuurder van die Katbosbult Restaurant. Leonardo betoon geen genade nie; hy gooi Jasper in die diep kant in en werk sy gal vir hom. En toe lees Leonardo sommer vir Jasper se ma ook die leviete voor.
Katbosbult – Episode 46 14.08.2023 10:18
Dokter Pieterse maak amok met sy Cessna. Dit lyk of hy tot groot ontsteltenis van die dorp se inwoners, oral in ʼn huis of gebou gaan vasvlieg. Leonardo en Shirley agtervolg hom so goed, hulle kan kaptein Nkosi op hoogte van die chaos hou. Een drama loop uit op ʼn tweede, erger as die eerste. Dan snak Leonardo en Shirley na hulle asems…
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.