Maroela Media
Katbosbult
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 24, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katbosbult – Episode 45 11.08.2023 10:57
Nog ʼn persoon word in die dorp vermis. Sersant Johnson word van Rolbos na die Katbosbult Hospitaal oorgeplaas. Shirley doen moeite om uit te vind wat met hom gebeur het, met ʼn rede. ʼn Ligte Cessna-vliegtuig maak amok in die dorp.
Katbosbult – Episode 44 10.08.2023 10:26
Shirley is intens betrokke by die soektog na die vermiste Sersant Johnson. Dinge is aan die gebeur in Katbosbult: ʼn Bekende dorpswinkel se naam word verander … en hoekom eet ʼn bekende dorpenaar vanaand alleen in die Katbosbult Restaurant?
Katbosbult – Episode 43 09.08.2023 9:50
Katbosbult is in rep en roer. Almal help soek na die vermiste Sersant Johnson. Chrissie maak vuur onder almal sover sy gaan. Sy is nie die enigste een nie. Terwyl Reggie saam met Eppo die aand braai, lui haar foon … en skokkende nuus volg.
Katbosbult – Episode 42 08.08.2023 10:54
Sersant Johnson se groot avontuur in Rolbos het ernstige gevolge. Die vraag is of die Sersant ʼn les geleer het, of spoor die insident hom juis aan tot groter aksie? ʼn Pannekoekstalletjie voor die winkelkompleks maak opslae. Dis nie ʼn gewone pannekoekstalletjie nie.
Katbosbult – Episode 41 07.08.2023 11:06
Shirley word weer gevat om ʼn plaas te besigtig. Daar’s ʼn wending in haar soeke na geskikte grond vir haar aalwynboerdery. Die dorpsplein beleef ʼn vuurwarm woordewisseling. Sersant Johnson se aand word die ene avontuur wanneer ʼn verdagte persoon verby hom jaag.
Katbosbult – Episode 40 04.08.2023 10:32
Reggie kry ʼn groot verrassing in die gimnasium. Eppo besluit dis tyd vir ʼn openhartige gesprek met Reggie. Hy besef maar alte goed hy moet die groot olifant in sy kantoor aanspreek. Dit help nie hy loop ompaaie om die waarheid nie.
Katbosbult – Episode 39 03.08.2023 10:14
Iemand kom skinder lekker by Eppo terwyl hy ʼn vleisie staan en braai. Shirley word met ʼn lêer verras … veral die inhoud daarvan. Sy is ernstig op soek na grond waarop sy haar aalwynboerdery kan begin, en gaan kyk na nog ʼn plaas. Maar, wie is die eienaar daarvan …?
Katbosbult – Episode 38 02.08.2023 10:42
Vandag word Reggie se dag op sy kop gekeer. Sy kry die een uitnodiging na die ander en dis almal interessante afsprake en ongewone uitnodigings. Daar’s egter ʼn gesegde: “There’s no such thing as a free lunch.”
Katbosbult – Episode 37 01.08.2023 10:34
Reggie word met ʼn skaapboud verras … en iemand bel haar knaend. Shirley word uit die bloute op toer geneem. Sy kry ook ʼn fyn berekende aanbod. Daar is iemand wat haar beïnvloed om ʼn teenaanbod te maak …
Katbosbult – Episode 36 31.07.2023 10:01
Chrissie is op die oorlogspad en iemand moet dit ontgeld. Eppo eindig onverwags in die polisiestasie op. Chrissie kry ʼn aanbod wat sy kwalik kan weier. Daar word met moeite gedraf, maar ʼn nuwe span sing lekker op Katbosbult!
Katbosbult – Episode 35 28.07.2023 10:28
Twee inwoners in die dorp besluit om saam te werk om na Reggie se belange om te sien. Hulle neem belangrike besluite oor haar. Monique tel spoed op om Chrissie in haar spore te stuit.
Katbosbult – Episode 34 27.07.2023 10:19
Die werk op Halfmens vorder goed. Chrissie kry ʼn besoeker op die plaas met ʼn versoek wat sy nie voorsien het nie. Monique kry ʼn tas voor Hekelhoek, en daar word ingetrek in oorlede Barbara Barkley se spoghuis.
Katbosbult – Episode 33 26.07.2023 10:59
Kyk wie erf Barbara Barkley se spoghuis! Chrissie se nuwe voorneme ontlok glad nie die reaksie waarop sy gehoop het nie. Dis duidelik dat Katbosbult in is vir konflik en hope daarvan … en daar’s ʼn verdere belangrike twispunt.
Katbosbult – Episode 32 25.07.2023 12:04
Shirley en Reggie se reis na Mosselbaai verloop nie sonder voorval nie. Shirley se besoek aan die aalwynfabriek in Albertinia gooi koue water op haar planne en dwing haar om te besin. Daar wag ʼn onverwagse besoeker op hulle by hulle gastehuis in Mosselbaai.
Katbosbult – Episode 31 24.07.2023 11:06
Brian Barkley bly aan in Katbosbult ná Barbara Barkley se begrafnis. Dit laat Eppo soos ʼn kat op ʼn warm plaat optree. Hy daag skielik oral op met sy verkyker en maak die slimste planne. En net toe hy ontspan, kry hy die skok van sy lewe.
Katbosbult – Episode 30 21.07.2023 10:36
Katbosbult is in rou gedompel. Dis die grootste begrafnis in die dorp se geskiedenis. Eppo besluit om ʼn nuwe blaadjie om te slaan en sit planne in werking. Iets jaag hom egter en hy besluit om op te tree.
Katbosbult – Episode 29 20.07.2023 10:06
Daar is net een mens se naam vandag op almal se lippe. Katbosbult is hartseer. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense. Waarom sou Monique so ingenome wees? Reggie word verras met nuus en ʼn versoekskrif wat haar onkant vang.
Katbosbult – Episode 28 19.07.2023 11:05
Daar is pandemonium op Katbosbult se dorpsplein. Shirley het nie in haar wildste drome gedink dit sal ooit vir haar nodig wees om verpleegster te speel nie. Chrissie is erg ontsteld … en met rede. Die spook oor Reggie se gewerkery oorsee loop steeds. Dan tref nog ʼn drama die dorp.
Katbosbult – Episode 27 18.07.2023 11:29
Chrissie se verbeelding gaan op hol die oomblik toe sy uitvind Eppo is vir ʼn paar dae na ʼn onbekende bestemming. Sersant Johnson is vasberade om sy dae van sukkel agter hom te sit. Hy pak die bul by die horings, maar almal is nie gelukkig oor sy planne nie.
Katbosbult – Episode 26 17.07.2023 10:32
Eppo beleef ʼn onverwagse terugslag wat hom ruk. Die skandes van die motel buite die dorp kry nog ʼn stertjie by met meer gevolge. Shirley is vol planne, maar besef toenemend hoe groot die gaping is tussen die teorie en die praktyk … en sy neem ʼn besluit.
Katbosbult – Episode 25 14.07.2023 11:03
Chrissie besluit dis tyd dat haar uitvoerplanne begin vlerke kry, maar dis nie al wat sy in die mou voer nie. Monique is buite haarself van woede. Die aaklige insident by haar skoenwinkel is vir haar ʼn oorlogsverklaring.
Katbosbult – Episode 24 13.07.2023 9:59
Chrissie is lelik vies en Leonardo moet dit ontgeld. Hy doen fyn voetwerk om al die kartetse (kanonskote) te ontduik. Die skandes in die goedkoop motel buite die dorp wil maar net nie verdwyn nie.
Katbosbult – Episode 23 12.07.2023 10:31
Eppo glo vas Reggie soek werk oorsee en dit dryf hom teen die mure uit dat sy nie oop kaarte met hom daaroor speel nie. Iemand dra ontstellende stories by Reggie se baas aan.
Katbosbult – Episode 22 11.07.2023 10:18
Dis Monique se dag en sy blom: Eers is sy die ster by Laerskool Katbosbult en toe is dit die opening van haar Hekelhoek-projek. Dis net Sersant Johnson wat so ongevraagd lastig is en bly … maar hy’t ʼn rede daarvoor.
Katbosbult – Episode 21 10.07.2023 10:06
Monique is omgekrap … en iemand moet dit ontgeld. Die dorp gons oor skandes wat in die goedkoop motel buite die dorp gemaak is. Sersant Johnson is op ʼn missie … of twee.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.