Maroela Media

Inkommers

Fiction AF ↓ 20 episodes

Die boek, Inkommers, deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Feb 1, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

[SLOTHOOFSTUK] Kom nou: Hoofstuk 19 01.02.2024

“Bewaring is tog ook maar net liefde, glo my Bennie deesdae, en die liefde, het ek en hy ooreengekom, word in die hemel gemaak maar moet op aarde in stand gehou word.”

Kom nou: Hoofstuk 18 30.01.2024

“Doen ek ooit die regte ding, Mara? Trou is nie perdekoop nie.”

Kom nou: Hoofstuk 17 25.01.2024

“Ons wag net vir Mara, dan vertel ek vir julle die tragiese komedie van swaer Grootpiet se testament waaruit my arme sus Nonnie nie ʼn duit kry nie.”

Kom nou: Hoofstuk 16 23.01.2024

“Die stilte val soos ʼn onverwagte wolk voor die son oor die vergadering. Martjie gee vermakerig die stilte kans om in ʼn asemteug van ongeloof te verander voordat sy selfvoldaan voortgaan.”

Kom nou: Hoofstuk 15 18.01.2024

“Iewers in matriek rond het Mara se droom vir haar ʼn boodskap geword dat net syself haar terugkeer Kom toe sou bepaal.”

Kom nou: Hoofstuk 14 16.01.2024

“Ek verlang na my ma. Hoe sou sy dié stukkie rus, wat haar nooit beskore was nie, kon geniet.”

Kom weg: Hoofstuk 13 11.01.2024

“Vir die hoeveelste keer sit ek my só en verwonder aan die onverwagte hemelse holte in die vaal palm van die Hoëveld dat ek nie regtig hoor wat Bennie hier langs my sê nie.”

Kom weg: Hoofstuk 12 09.01.2024

“As dit is hoe ʼn pa is, wil ek nie ʼn pa hê nie.”

Kom weg: Hoofstuk 11 04.01.2024

“‘Moenie vir jou kom stuitig hou nie.’ Tannie Genade begin uitklim. Mara kyk by die venster uit en sy wonder of Melt ook bloos. Glipsie proes.”

Kom weg: Hoofstuk 10 02.01.2024

“Sal jý wil huis toe gaan as jou huis vier sinkplate in ʼn plakkerskamp is?”

Kom weg: Hoofstuk 9 28.12.2023

“Asof plakkers nie kan voel nie … Natuurlik het Mara se afjak my seergemaak, maar dit sou nie help om net ná die afskryfgemors verder te karring nie.”

Kom weg: Hoofstuk 8 26.12.2023

“Die lummel grom binnensmonds en hou die slimfoon in sy regterhand bokant sy kop soos hy lomp tussen die kinders deur vir Dermpie Wilson probeer weghardloop.”

Kom weg: Hoofstuk 7 21.12.2023

“Dit is eers toe ons mekaar beter leer ken dat ek verstaan het dit is van seer wat sy nie graag oor haarself wou praat nie; ʼn ander soort seer as myne, sou ek later agterkom.”

Kom toe: Hoofstuk 6 19.12.2023

“My Bennie Afrikaner sê: ‘Hartlam, om in die Kom te kan oorleef, moet jy die Afrikaners verstaan, en dit is nie so maklik nie.”

Kom toe: Hoofstuk 5 14.12.2023

“Ek wat Plakker is, is nou nog nie seker waar Johnie aan Martjie Alsweet gekom het nie, want ek bly wonder of Bennie se relaas oor die twee die volle narratief is.”

Kom toe: Hoofstuk 4 12.12.2023

“Almal ken vandag nog dié twee se liefdesverhaal, want oorlede Soekie de Wit, gebore Smith, het hulle storie graag met gevoel vertel asof dit ʼn verhaal vir een of ander boekklub se sappige liefdesverhale is.”

Kom toe: Hoofstuk 3 07.12.2023

“Teen dié tyd ken ek die storie van die Kom, Johnie se eiesinnigheid, en Martjie se deeglike navorsing ookal asof ekself daar was.”

Kom toe: Hoofstuk 2 05.12.2023

“Bennie vertel my hy het Martjie Louw in sy jong dae, lank voordat hy van my geweet het, op ʼn aand by een of ander kerkfunksie op die dorp ontmoet.”

Kom toe: Hoofstuk 1 30.11.2023

“Ek wat Plakker Prinsloo is, besef skielik dat selfs die naam Koepel, die Wêrelderfenisgebied, vir die Kommers ʼn inkommerwoord is wat maar net nie mooi lêplek in hul kollektiewe leksikon kan kry nie.”

Kom in: Inleiding 28.11.2023

“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ʼn reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit, reis kan noem nie.”

Listen to the Inkommers podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.