Maroela Media
Katbosbult
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 24, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katbosbult – Episode 20 07.07.2023 10:24
Dis uiteindelik die groot aand: Leonardo se nuwe restaurant se inwyding. Almal wat saak maak is daar. Reggie konkel slim om seker te maak haar gunsteling daag ook op. En raai wie verdwyn laat aand eerste by die restaurant se deure uit?
Katbosbult – Episode 19 06.07.2023 10:26
Monique het ʼn nuwe teorie oor die tragiese afsterwe van haar pa. Sy stook vuur waar sy kom. Eppo besluit om gesonder te leef. Hy stel sy nuwe plan in werking met dramatiese gevolge.
Katbosbult – Episode 18 05.07.2023 10:19
Reggie hardloop die 10 km-padwedloop. Sy is verras om te sien wie agter die mikrofoon is, en wie die prysuitdeling behartig. Sy vind egter gou uit waarom individue soms padwedlope borg. ʼn Onverwagse selfoonoproep sorg vir groot drama.
Katbosbult – Episode 17 04.07.2023 9:11
Sersant Johnson lees ʼn artikel oor wat dit beteken as ʼn prokureur pro bono werk. Daar gaan vir hom ʼn lig op, maar hy is ook die draer van slegte nuus wat mense skok.
Katbosbult – Episode 16 03.07.2023 11:16
Chrissie is behoorlik aan’t stoomroller. Dis of sy alles oor uitvoere op haar vingerpunte ken. Wie katrol sy in om haar te help? Iets knaag aan haar gewete en sy maak werk daarvan.
Katbosbult – Episode 15 30.06.2023 9:37
Daar is ʼn onbekende vrou in Eppo Engelbrecht se huis en dit dryf Chrissie Celliers teen die mure uit. Die arme Reggie Roberts moet weer die kastaiings uit die vuur krap. Skielik pla Reggie se gewete haar en sy besluit dis tyd om haar sondes te bely.
Katbosbult – Episode 14 29.06.2023 10:10
Monique Maritz se beker loop oor. Haar sakeplanne val in plek. Daar’s nuwe dinge in die dorp waaroor daar op sosiale media gegons word. Iemand vra onverwags om weer vir Eppo Engelbrecht op kantoor te kom spreek.
Katbosbult – Episode 13 28.06.2023 10:20
Wie is so gemeen om Reggie Roberts by te kom met ʼn vuil plan wat haar teen die mure uitdryf. Het Eppo Engelbrecht toe by Reggie se dokter uitgekom en weet iemand hoe siek hy regtig is?
Katbosbult – Episode 12 27.06.2023 10:54
Chrissie Celliers sukkel om die nuus oor Eppo Engelbrecht se siektes te verwerk, en dat hy nie oop kaarte met haar daaroor speel nie. Iemand beur haar egter op en maak interessante voorstelle. Wie het Faan Meyer se plaas gekoop en hoekom?
Katbosbult – Episode 11 26.06.2023 10:12
Kaptein Nkosi maak die lewe omtrent moeilik vir Sersant Jakes Johnson. Soms weet Johnson nie herwaarts of derwaarts nie, maar vanaand is hy opgewonde. Sy informant het belangrike inligting deurgegee en die klein taakspan slaan toe … vir ʼn opspraakwekkende inhegtenisname.
Katbosbult – Episode 10 23.06.2023 10:41
Chrissie Celliers sloof haar opnuut voor die stoof af, maak die kosbakke vol en sit die stuk in na Eppo Engelbrecht se kantoor. Maar dis ʼn dag wat heeltemal anders uitdraai as wat sy gehoop het. Shirley Sinfield kry ontstellende nuus.
Katbosbult – Episode 9 22.06.2023 10:27
Dis duidelik dat Shirley Sinfield en Leonardo le Roux mekaar nie van gister af ken nie … daar is ʼn geskiedenis tussen die twee. Shirley en Reggie Roberts voel hulle moet belangrike inligting met mekaar deel.
Katbosbult – Episode 8 21.06.2023 9:58
Eppo Engelbrecht trek sy sekretaresse, Reggie Roberts, nader vir ʼn ernstige gesprek. Leonardo le Roux borrel behoorlik oor al die planne wat hy vir Katbosbult het. Reggie Roberts stap by hulle kantore uit en steek vas. Haar hart spring in haar keel. Sy is hoogs ontsteld.
Katbosbult – Episode 7 20.06.2023 10:11
Die polisiestasie in Katbosbult is bedrywig vanoggend. Kyk wie is almal op Sersant Jakes Johnson se spoor ... Shirley Sinfield kry ʼn voorstel om te oorweeg. Skielik is Eppo Engelbrecht se siektes weer ter sprake… en met rede.
Katbosbult – Episode 6 19.06.2023 10:10
Dat een skoenboks nou soveel drama kan veroorsaak ... Sersant Jakes Johnson kry ʼn onverwagse besoek en hy kry dit hotagter. Daar is ʼn verdagte nommer een vir die diefstal in Sersant Jakes Johnson se swart notaboekie.
Katbosbult – Episode 5 16.06.2023 10:33
Leonardo le Roux, die kunstenaar met die poniesterthare, oorbel en hande vol nuwe planne vir Katbosbult tref die dorp. Hy is nie op sy mond geval nie. Eppo Engelbrecht kry die wind van voor met iemand wat hom opdraande gee. Daar is skielik heelwat skoenbokse wat moet Sjina toe.
Katbosbult – Episode 4 15.06.2023 10:16
Chrissie Celliers is op ʼn missie en ʼn geroosterde skaapnek is ʼn belangrike deel daarvan. Sy is soos ʼn orkaan, stuit vir niks en niemand nie. Shirley Sinfield leer dis wys om op Katbosbult jou woorde sorgvuldig te tel, maar sy trap nogtans ʼn liederlike stel af.
Katbosbult – Episode 3 14.06.2023 10:08
Sersant Jakes Johnson se vrou Maggie het hom gelos. Sy maak die lewe vir hom moeilik … en dis nie net vir skei nie. Monique Maritz is vol planne en sy misbruik graag mense om haar daarmee te help.
Katbosbult – Episode 2 13.06.2023 10:26
Shirley Sinfield keer met ʼn indrukwekkende CV en ʼn sakeplan uit die buiteland na Katbosbult terug … om terug te ploeg in die gemeenskap waaruit sy gebore en getoë is. Iets dryf haar. Chrissie Celliers het ʼn geroosterde skaapnek in die oond en dis vir ʼn baie spesiale persoon … met ʼn baie spesiale plan daaragter.
Katbosbult – Episode 1 12.06.2023 10:01
Dis die soveelste diefstal op Chrissie Celliers se plaas en sy is radeloos. Sersant Jakes Johnson moet dit ontgeld. Hoe moeilik kan dit nou wees om die skurke vas te trap wat haar dwergvetplante steel?! Dis nie al doring in haar vlees nie: Monique Maritz is ook.
Aangrypende Karoodrama beloof om luisteraars te boei 25.05.2023 2:01
Bettie Kemp gesels oor Maroela Media se splinternuwe radiodrama, “Katbosbult”.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.