Maroela Media
Strandloper – ’n vervolgverhaal
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeu...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 25, 2024
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Strandloper – Episode 45 12.07.2024 10:29
Bobbi deel haar diepste geheim met Tannie Ouvrou, en saam besluit hulle op ʼn plan vorentoe. Die situasie neem Tannie Ouvrou terug na ʼn tyd in haar lewe wat sy liewer wil vergeet. Oom Fred neem ʼn besluit oor sy terugkeer na die losieshuis, en dinge voel weer soos van ouds.
Strandloper – Episode 44 11.07.2024 10:17
Tannie Ouvrou is geskok toe sy die agterdeur vroegoggend oopmaak en ʼn beseerde Boesman daar sien. Dit word ʼn saak van lewe en dood. Oom Fred kry nuus oor Dylan, en ʼn nuwe soektog na hom begin met ʼn storieboek-einde wat almal laat glimlag.
Strandloper – Episode 43 10.07.2024 9:45
Engela deel haar spesiale mosselsopresep met Nicolien, maar voor sy opskep kom die ongemaklike Valentynsroos-geskenk ter sprake. Mauritz het nuus oor hoekom die strand gesluit is. Engela bieg by Mauritz oor iets wat sy voel sy liewer nie moes gedoen het nie.
Strandloper – Episode 42 09.07.2024 10:21
Dylan kry ʼn goeie verrassing toe Oom Fred met verfblikke vir die kiosk opdaag, maar dit is ʼn ontnugtering toe oom Fred vir hom die verfkwaste aangee. Daar is ʼn groot aankondiging oor ʼn Boeresportdag. Dylan sien net dollars. Bobbi bly naar en maak ʼn bekentenis.
Strandloper – Episode 41 08.07.2024 10:28
Nicolien en Mauritz se duikplanne loop skeef, en dít nadat albei so uitgesien het na die dag. Nicolien soek na redes hiervoor by Engela, maar die gesprek bring net verdere skok en teleurstelling. Die “hoekom”-vraag bly onbeantwoord.
Strandloper – Episode 40 05.07.2024 10:51
Boesman kom onverwags alleen by die losieshuis aan en sonder Oom Fred is dit nie ʼn goeie teken nie. Engela en Nicolien ontdek foto’s in ʼn ou plakboek in die losieshuis waaroor Tannie Ouvrou haar skaam. Mauritz verras almal weer eens met sy dapperheid.
Strandloper – Episode 39 04.07.2024 10:28
Engela raak opgewonde oor haar nuwe werkplek, maar daar ontstaan gou ʼn krisis, en Mauritz probeer raad gee. Engela is in twee geskeur oor ʼn geheim wat sy met Mauritz deel. Willie kry laataand ʼn WhatsApp van Engela oor nuwe verwikkelinge in Bloubaai.
Strandloper – Episode 38 03.07.2024 10:57
Oom Fred vertel Dylan van die planne wat hy en Willie het om die kiosk op te kikker. Dylan het inligting oor die helikopter wat bedags oor Bloubaai vlieg. Bobbi kry weer met die spookkaptein van kamer 9 te doen, en oom Fred dik die storie verder aan met feite en foto’s.
Strandloper – Episode 37 02.07.2024 10:51
Mauritz en Nicolien se fietsrit na Dassiepunt eindig met ʼn besering, maar dit bring ook goeie dinge mee. Deel Nicolien Mauritz se passie vir die see en sy stories, of is dit net om nader aan die Strandloper te kom? Bobbi skok Nicolien toe sy die naam van die man verklap wat die Valentynsroos gegee het.
Strandloper – Episode 36 01.07.2024 9:25
Oom Fred doen herstelwerk by die losieshuis. Hy en Tannie Ouvrou het baie om uit te pluis oor die personeelskuiwe tussen Die Seekat en die losieshuis – daar moet geen misverstande wees nie, veral nie as Jack betrokke is nie. Bobbi verklap dinge oor Dylan wat oom Fred as “waardevolle inligting” bestempel.
Strandloper – Episode 35 28.06.2024 9:13
Oom Fred kom met ʼn werksaanbod na Tannie Ouvrou wat ʼn omwenteling onder die personeel sal meebring. Daar’s ʼn arrestasie wat die dorpenaars verwelkom en ʼn helikopter in die lug wat hulle aan die raai het. Hoekom loop Dylan deesdae mank? En hoe sal hy op oom Fred se nuwe aanbod reageer?
Strandloper – Episode 34 27.06.2024 10:10
Nicolien en Engela se vriendskap versterk. Hulle gesels oor ma-wees, en Engela hoor van Nicolien se hartseer verlede. Mauritz laat Nicolien en Engela bont staan by Seeredding … En daar is ʼn nuwe kodetaal tussen hom en Nicolien.
Strandloper – Episode 33 26.06.2024 9:29
Oom Fred verras Tannie Ouvrou en Bobbi by die losieshuis. Hy moet vure doodslaan oor die spook van kamer 9 wat Bobbi terroriseer. Daar’s ʼn aankondiging wat almal en veral Tannie Ouvrou tot stilstand ruk. Bobbi kry ʼn werksaanbod van Oom Fred wat eers deur meneer Jack goedgekeur moet word.
Strandloper – Episode 32 25.06.2024 10:39
Engela en Nicolien sien hoe Mauritz soos ʼn sirkusarties ʼn heldedaad verrig by die hawe. Mauritz se aansien styg verder by Nicolien toe hy haar bekendstel aan een van die kusbesoekers wat hy teen vakansiegangers moet beskerm. Engela stuur ʼn WhatsApp vir Willie in die hospitaal … dis meer as goeie wense.
Strandloper – Episode 31 24.06.2024 9:27
Bobbi is besig om die losieshuis vir die Blombos-span skoon te maak toe sy ʼn ontstellende ervaring in kamer 9, die spookkamer, het. Tannie Ouvrou dink Bobbi se naarheid is as gevolg van die groot skrik. Bobbi doen navraag by Dylan oor die skietery by sy koffieplek, en hy kry ʼn skrobbering oor ʼn ou saak.
Strandloper – Episode 30 21.06.2024 13:16
Mauritz nooi Nicolien vir aandete, iets wat sy nie in haar wildste drome voorsien het nie. Die vraag verdiep rondom die rooi Valentynsroos wat sy gekry het, want sy is nou seker dit was nie hý wat dit gestuur het nie. Wie was dit dan?
Strandloper – Episode 29 20.06.2024 10:38
Dylan is raadop met die Swartrugmeeue wat sy kiosk bemors, maar Willie het raad en ʼn ernstige waarskuwing oor jong manne wat weer daar opgedaag het. Skote klap op die hawe. Tannie Ouvrou probeer laataand vir Dylan troos met stories van die Blombos-grot, maar dit is tevergeefs.
Strandloper – Episode 28 19.06.2024 9:44
Mauritz word laataand in stormweer uitgeroep deur Seeredding. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ongerus en hou tuis wag met ware stories van oorlewing en verdrinking om hulle wakker te hou. Onbekende besoekers hang weer rond by Dylan se koffiekiosk.
Strandloper – Episode 27 18.06.2024 9:57
Dylan daag op by die Toeristekantoor in gietende reën met stories oor vloede-van-vroeër wat Engela skaars kan glo, maar eintlik wil hy met Gladys gesels. Willie daag ook daar op, en Engela hoor Seeredding is op bystand vir mense op see. In dié weer? Dinge is op ʼn mespunt en op ʼn seer plek vir Engela en Willie.
Strandloper – Episode 26 17.06.2024 12:10
Mauritz nooi Nicolien om die duikgoed in sy kamer te kom aanpas, en dit word amper meer as ʼn aanpassessie. Oom Fred vertel hulle ʼn paar dinge oor skubaduik in Bloubaai wat vir hulle nuus is.
Strandloper – Episode 25 14.06.2024 9:25
Dis Markdag op Bloubaai, en Tannie Ouvrou en Mauritz is ook daar. Sy gebruik die kans om Mauritz ʼn belangrike lewensles te gee. Willie dink hy het Tannie Ouvrou in ʼn hoek oor Jack de Wet se omspring met die casinovoorstel, maar sy het hom gou op die agtervoet met slim voetwerk. Dis haar beurt om vir Willie skoknuus te gee.
Strandloper – Episode 24 13.06.2024 10:25
Dylan kry ʼn groot verrassing by die koffiekiosk wat sy bemarkingsplanne ʼn hupstoot gee. Nicolien en Oom Fred maak op hulle beurt ook nuwe ontdekkings daar, soos memorabilia en ou foto’s wat stories van Bloubaai en Dylan se mense op see vertel.
Strandloper – Episode 23 12.06.2024 9:45
Engela ruim Die Seekat se stoorkamer op en kry allerhande verrassings, onder andere ʼn ou bliktrommel wat aan Jack de Wet behoort het. Hoekom is Tannie Ouvrou geskok toe sy dit sien, en hoekom neem sy dit dadelik weg? Is daar geraamtes van die verlede daarin soos die een waarvoor Engela haar byna doodgeskrik het by die Toeristekantoor?
Strandloper – Episode 22 11.06.2024 10:05
Mauritz ruim sy Surf Shack op ná die brand en deel sy groot planne vorentoe met Willie. By die koffiekiosk het Dylan ook nuwe sakeplanne, met Die Seekat wat gesluit word vir opgradering. Dis nie aldag dat Jack de Wet hom ʼn gaping gee nie, en hy gaan dit vat. Nicolien kom een stap nader aan haar duiklesse by Mauritz.
Strandloper – Episode 21 10.06.2024 9:58
Oom Fred stel Nicolien by die Toeristekantoor bekend aan die unieke varswaterpalings van Palinggat. Engela en Jack de Wet daag ook daar op, en Oom Fred noem hom “so glad soos ʼn paling”. Engela doen aansoek vir ʼn nuwe werk, en Nicolien trek ʼn geheim van Tannie Ouvrou uit ʼn onwillige Oom Fred.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.