Maroela Media

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 120 episodes

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeu...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Oct 25, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Strandloper – Episode 95 20.09.2024

Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.

Strandloper – Episode 94 19.09.2024

Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.

Strandloper – Episode 93 18.09.2024

Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!

Strandloper – Episode 92 17.09.2024

Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.

Strandloper – Episode 91 16.09.2024

Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.

Strandloper – Episode 90 13.09.2024

Dis die mieliebôl! – ʼn vrolike mielietradisie wat gevier word, en die Bloubaaiers kap dit uit. Engela kry ʼn skok, Visstok sorg vir ʼn heerlike verrassing op die dansbaan, en die grootste verrassing van die aand kom van Dylan.

Strandloper – Episode 89 12.09.2024

Willie waarsku Mauritz weer om versigtig te wees na die jongste nuus oor die perlemoenstropers en die baasbrein wat steeds op vrye voet is. Wat sit agter Dylan se jongste vreemde optrede? Dit is presies wat Willie probeer uitvind.

Strandloper – Episode 88 11.09.2024

Nicolien deel haar kommer met Willie oor Mauritz se duikery en sy veiligheid. Sy probeer meer by hom uitvind oor Mauritz se pa se skielike dood. Was dit regtig ʼn hartaanval, of het sy duikery iets daarmee te doen gehad? Nicolien kry ʼn yslike opdrag ná haar besoek aan die dokter.

Strandloper – Episode 87 10.09.2024

Tant Betta se haan is besig om die loseerders die josie in te maak. Tannie Ouvrou vertel Engela van haar ontstellende besoek met die trommeltjie aan Jack de Wet en ook hoekom sy lojaal teenoor hom sal bly. Oom Fred gaan hom nie deur Dylan en sy vloermoer laat afpers nie.

Strandloper – Episode 86 09.09.2024

Dylan kry teleurstellende nuus oor sy planne om Gladys by sy koffiekiosk aan te stel, en hy gooi ʼn vloermoer soos ʼn prima donna. Engela maak nuwe planne vir haar en haar dogtertjie, Aliyah, se toekoms, wat Nicolien ontstel.

Strandloper – Episode 85 06.09.2024

Oesters word by die streepsakke vol afgekap in Bloubaai, en Willie moet bontstaan om orde te handhaaf. Dylan het almal verras met sy optrede by die Vonk-toekennings – selfs Tannie Ouvrou dink hy was ʼn ster, tot Willie se verdriet.

Strandloper – Episode 84 05.09.2024

Visstok waarsku Mauritz oor die onbekende mense wat aan sy Jeep gepeuter het, met byna katastrofiese gevolge. Hy vermaak Mauritz en Nicolien met sy vertelling van ʼn uitsonderlike verjaarsdaggeskenk wat hom doodsangs gegee het.

Strandloper – Episode 83 04.09.2024

Dylan neem sake in eie hande om nog hulp by sy koffiekiosk te kry, en hy nader Engela vir hulp. ʼn Eerste tekenopdrag vir Dylan kom uit ʼn onverwagte oord. Wat beplan Dylan vir sy toespraak by die Vonk-toekenningsaand vir uitsonderlike dapperheid?

Strandloper – Episode 82 03.09.2024

Jack de Wet se vergete trommeltjie maak opslae, en Oom Fred vra lastige vrae daaroor. Tannie Ouvrou ontdek ʼn ontstellende foto daarin … en sy besluit om die raaisel in die trommeltjie eens en vir altyd op te klaar met ʼn aankondiging.

Strandloper – Episode 81 02.09.2024

ʼn Seeotter sorg vir groot konsternasie by Seeredding. Visstok verduidelik waar sy naam vandaan kom en nooi vir Nicolien en Mauritz uit na ʼn baie spesiale geleentheid op Bloubaai. Daar is vreemde mense doenig by Mauritz se Jeep, blykbaar sonder dat hy weet.

Strandloper – Episode 80 30.08.2024

Dis ʼn blye maar gespanne ontmoeting tussen Engela en Willie nadat sy Pretoria toe was. Willie verras Engela met ʼn uitnodiging na een van Bloubaai se tradisionele feestelikhede. Tannie Ouvrou blyk ʼn baie skerper waarnemer te wees as wat mense dink.

Strandloper – Episode 79 29.08.2024

Dylan en Boesman gaan vir hulle heldedade vereer word. Oom Fred probeer om vir Dylan voor te berei vir die toespraak wat hy moet lewer … maar Dylan verstaan verkeerd. Daar kom nuus van iemand wat Oom Fred en Dylan albei verras.

Strandloper – Episode 78 28.08.2024

Met Engela se terugkeer uit Pretoria kry sy ʼn kil ontvangs van Nicolien. Daar is baie dinge wat tussen hulle twee uitgeklaar moet word. Tannie Ouvrou raai Nicolien aan om dringend ʼn afspraak by die dokter te maak, en Nicolien se dag eindig op ʼn verrassende noot.

Strandloper – Episode 77 27.08.2024

ʼn Misverstand sorg vir ʼn vreeslike omwenteling toe Willie vir Dylan besoek. Oom Fred se nuus boul Dylan uit. Willie en Oom Fred sit opgeskeep met ʼn probleem wat hulle maar net nie kan oplos nie.

Strandloper – Episode 76 26.08.2024

Tant Betta kry raad by Tannie Ouvrou oor die ontstellende Facebook-plasing van Jack de Wet. Hoekom wil Tannie Ouvrou met alle mag Jack se vergete trommeltjie oopmaak? Wat kry sy in die proses?

Strandloper – Episode 75 23.08.2024

Mauritz kry ʼn verrassingsbesoek tydens die noodsituasie in die dorp, ná die storm. Ná Nicolien hoor van die noodoproep wat Seeredding gekry het, weier sy om te gaan duik of te snorkel. Sy en Mauritz het ʼn nuwe afspraak.

Strandloper – Episode 74 22.08.2024

Visstok en Oom Fred spring in om die dorp uit ʼn krisis te help, en in die proses tel hulle self teëspoed op. Engela hoor van Boesman se heldedaad, en Tant Betta is erg ontsteld oor nuus op Facebook van niemand anders nie as Jack de Wet.

Strandloper – Episode 73 21.08.2024

Nicolien hoor van Dylan se verskriklike ervaring met die boeresportdag, iets wat nog gevolge vir hom op Bloubaai gaan hê. Die nuus wat Tant Betta bring, raak al die dorpenaars se lewens vir die volgende paar weke.

Strandloper – Episode 72 20.08.2024

Die boeresportdag breek eindelik aan met ʼn streep verrassings, onder andere vir Nicolien en Mauritz. Dylan moet skielik vir Mauritz instaan. Ná al die reëlings kon niemand voorsien die dag sou op so ʼn noot eindig nie. Dis naelbyttyd op Bloubaai.

Strandloper – Episode 71 19.08.2024

Willie kry onverwags stempos van Engela uit Pretoria. Dylan se nuwe assistent, Ricu, sorg dat die dorp gons. Die boeresportdag waarna almal uitsien word skielik bedreig en dis hierdie keer nie Jack de Wet nie.

Listen to the Strandloper – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.