Maroela Media
Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deu...
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Strandloper 2 – Episode 45 18.04.2025 11:40
Nicolien sien baie uit na Mauritz se eerste kuier. Dylan klop nauurs aan Nicolien se deur met ʼn ongewone versoek. Nicolien kan die nuus wat Jack haar vertel nie langer geheim hou nie.
Strandloper 2 – Episode 44 17.04.2025 10:18
Jack nader Engela met ʼn versoek wat haar laat afsien van haar plan om ʼn sopkombuis te begin. Engela begin al hoe meer van Jack hou. Jack vertel vir Nicolien wie haar pa is.
Strandloper 2 – Episode 43 16.04.2025 9:59
Oom Fred vertel nie vir Tannie Ouvrou van sy gesprek met Dylan nie. Wanneer sy egter onraad bemerk, besluit hy om die saak te ontlont en haar liewer te sê wie elke jaar vir hom blomme stuur op sy verjaarsdag. Nicolien soek Jack op om ʼn guns te vra.
Strandloper 2 – Episode 42 15.04.2025 10:38
Oom Fred is in ʼn toestand met die herinnering aan die nag op see wat ʼn einde gemaak het aan sy seeloopbaan. Dylan besef hy staan met sy rug teen die muur wat sy toekoms betref.
Strandloper 2 – Episode 41 14.04.2025 10:24
Oom Fred se plan om met Willie oor Dylan te gaan praat word deur Betta onderskep. Nicolien ontvang ʼn onverwagse besoek.
Strandloper 2 – Episode 40 11.04.2025 10:43
Die onlangse gebeure op Bloubaai spook by Engela, en sy wend haar tot Jack met ʼn plan om ʼn einde te maak aan die misdaad. Tannie Ouvrou besluit om met iemand te praat oor die aanbod wat Willie aan Dylan gemaak het.
Strandloper 2 – Episode 39 10.04.2025 10:41
Engela en Nicolien se oggenddraffie word onderbreek deur ʼn grusame vonds. Tannie Ouvrou probeer Dylan ompraat om nie Willie se aanbod te aanvaar nie.
Strandloper 2 – Episode 38 09.04.2025 9:44
Willie probeer vrede maak tussen Tannie Ouvrou en Dylan toe sy met ʼn sweep by Dylans opdaag. Sal Dylan die kans kry om sy leuens reg te stel?
Strandloper 2 – Episode 37 08.04.2025 9:45
Tannie Ouvrou probeer vergeefs dat die onlangse gebeure op Bloubaai haar nie swartgallig maak nie. Betta bel met nuus wat Tannie Ouvrou op die oorlogspad sit.
Strandloper 2 – Episode 36 07.04.2025 10:19
Visstok het ʼn droom van Ma Hannie gehad wat hom bekommer. Willie probeer sy bes om Visstok te help met goeie finansiële raad. Engela sien uit na die fotosessie van haar nuwe kookboek – tót die fotograaf opdaag.
Strandloper 2 – Episode 35 04.04.2025 10:00
Visstok en Willie besef hulle het vergeet om Engela na die bring-en-braai-kompetisie te nooi. Sal die twee oop kaarte speel met haar oor die wedywering om haar hand?
Strandloper 2 – Episode 34 03.04.2025 10:05
Oom Fred probeer om Tannie Ouvrou se hart te versag deur haar kombuisdeur reg te maak. Dylan spog met sy sosiale media wat van hom ʼn sensasie gaan maak. Maar dan kry hy ʼn foto wat hom en Oom Fred skok.
Strandloper 2 – Episode 33 02.04.2025 9:59
Willie en Visstok loop mekaar raak en gesels tussen die lyne oor die vrou wat albei se hartsnare roer. Ongelukkig vir hulle is dit dieselfde vrou. Willie probeer stilweg raad gee, maar Visstok glo hy ken die pad na Engela se hart.
Strandloper 2 – Episode 32 01.04.2025 10:38
Sal Tannie Ouvrou Dylan nog ʼn maal vergewe? Hy is opgewonde oor die openbare reaksie op die tweede artikel oor die Afrikaans 100-fees. Sy aanhang groei, en hy hoop om ʼn internetsensasie te word. Sy ma bel, en Dylan dreig om flou te word.
Strandloper 2 – Episode 31 31.03.2025 12:19
Nicolien stort haar hart in haar dagboek uit oor die nuwe verwikkelinge tussen haar en Stefan. Moet sy Mauritz hiervan vertel of nie? Willie deel belangrike inligting oor die stropers met Engela. Is die ou vonk tussen hulle terug?
Strandloper 2 – Episode 30 28.03.2025 11:50
Die artikel wat Jack de Wet laat skryf het vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog haal die nuus. Stefan word ore aangesit deur Jack de Wet, terwyl Tannie Ouvrou uiteindelik hoor aan wie die vingerafdrukke behoort wat in die parkeerarea gevind is die dag toe Dylan geskiet is.
Strandloper 2 – Episode 29 27.03.2025 11:01
Dylan is terug op sy pos en word verras deur Nicolien wat per toeval iemand op die strand sien wie se optrede verdag en gevaarlik lyk. Sy besluit om dit op te volg, en Stefan beland letterlik in haar pad.
Strandloper 2 – Episode 28 26.03.2025 10:53
Tannie Ouvrou het haar hande vol met Dylan en die spook van kamer 9. Hoekom reageer Dylan so heftig op die nuus dat vyf stropers gevang is? Jack de Wet gee Dylan ʼn spesiale opdrag.
Strandloper 2 – Episode 27 25.03.2025 11:46
Nicolien se soektog na haar pa word belemmer, terwyl sy Engela stof tot nadenke gee met haar voorneme om nie vir Jack de Wet te werk nie. Engela neem ʼn drastiese besluit.
Strandloper 2 – Episode 25 21.03.2025 11:45
Nicolien mis Mauritz terwyl Stefan tot haar redding snel. Stefan wonder of Nicolien hom sal help met ʼn gevaarlike ondersoek, maar Nicolien besef dat sy haar eie missie het om na te streef en dit het niks met Mauritz te doen nie.
Strandloper 2 – Episode 24 20.03.2025 10:29
Bloubaai rou ná die uitslag van die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie. Tannie Ouvrou weier om Jack met ʼn versoek te nader. Sy is nog steeds kwaad vir Oom Fred wat haar nie in sy vertroue geneem het nie. Is dit die einde van hulle jare lange vriendskap?
Strandloper 2 – Episode 23 19.03.2025 10:49
Die groot aand breek aan vir die aankondiging van die wendorp van die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie. Daar’s groot verwagtinge waar almal voor die televisie by Die Seekat bymekaar is. Maar iemand saboteer die verrigtinge.
Strandloper 2 – Episode 22 18.03.2025 11:07
Die strand van Bloubaai begin die littekens van die slegte weer toon. Nicolien sit met Stefan vas toe hy nie na haar wil luister nie. Stefan wonder hoekom Nicolien destyds nie saam met hom wou gaan duik het nie.
Strandloper 2 – Episode 21 17.03.2025 11:00
Engela probeer om fondse vir die toerismekantoor te werf, toe Jack de Wet haar nader met ʼn aanbod wat sy van die hand wys. Sal Jack daarin slaag om Engela terug te lok na Die Seekat toe? Of wil hy haar vernietig omdat sy vir hom nee gesê het?
Strandloper 2 – Episode 20 14.03.2025 10:22
Stefan sit Jack de Wet op sy plek, terwyl Tannie Ouvrou vir Jack nader oor die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie en die bekendstelling van die wendorp. Is Stefan besig om ʼn lokval vir Jack te stel, of gaan Jack vir Stefan as ʼn handlanger werf?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.