Maroela Media
Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deu...
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Strandloper 2 – Episode 70 23.05.2025 12:00
Die fliek Fiddler on the Roof gee vir Betta ʼn uitstekende plan om die liefdesvonk tussen Nicolien en Mauritz aan te blaas. Sy en Tannie Ouvrou klink selfs ʼn glasie op die liefde, maar is dit voortydig, of gaan die plan werk?
Strandloper 2 – Episode 69 22.05.2025 13:53
Willie en Stefan deel belangrike inligting met mekaar oor tergende geheime in Bloubaai. Nicolien en Mauritz se dag eindig met ʼn ete by kerslig en ʼn vraag wat albei diep laat dink.
Strandloper 2 – Episode 68 21.05.2025 12:25
Mauritz sien met Stefan se feesvideo wat hy als misgeloop het in Bloubaai en watter goeie akteurs Oom Fred en Engela was. Hy kry raad oor langafstandverhoudings by die ervare Oom Fred.
Strandloper 2 – Episode 67 20.05.2025 10:37
Tannie Ouvrou ontdek ʼn skokkende ding op die Skuitpad wat in haar afwesigheid gebeur het. Tye is aan die verander, ook by Dylans wat in die mark is. Bobbi en Tannie Ouvrou skinder oor Dylan se skreeusnaakse TV-ervarings.
Strandloper 2 – Episode 66 19.05.2025 12:59
Mauritz se kuier in Bloubaai laat die kollig weer val op verhoudings: Hy en Stefan sorteer “beste vriend”-dinge uit, en dit lyk of die liefde tussen hom en Nicolien tog nie so erg geroes het nie.
Strandloper 2 – Episode 65 16.05.2025 13:28
Oom Fred word verras met ʼn partytjie – al is sy verjaarsdag verby. Sy grootste geskenk kom van Betta, en dit laat Tannie Ouvrou flou val van ontsteltenis. Nicolien en Mauritz se verhouding hervat op ʼn onseker noot.
Strandloper 2 – Episode 64 15.05.2025 11:25
Engela leer Willie suurvytjiekonfyt kook, maar sake vlot nie heeltemal nie, want Jack en sy planne met haar nuwe resepteboek se bekendstelling ontstel hom. Die kookles het tog ʼn verrassende einde vir Willie.
Strandloper 2 – Episode 63 14.05.2025 10:44
Stefan se nieamptelike feesvideo oorrompel Engela. Sy kry boonop ʼn gratis les oor bloublasies van hom en Willie. Om dankie te sê nooi sy hulle uit na ʼn unieke kosdemonstrasie, maar net een van die manne sien hiervoor kans.
Strandloper 2 – Episode 62 13.05.2025 10:35
Bobbi sien hoe die verhouding tussen Nicolien en Stefan by die hawe blom. Willie deel die toekomsplanne wat hy en Oom Fred vir Dylans het met Bobbi en sy is geskok. Dylan se televisieloopbaan skop af.
Strandloper 2 – Episode 61 12.05.2025 10:39
Tannie Ouvrou se terugkeer na Bloubaai vang Oom Fred heeltemal onkant, maar Nicolien is buite haarself van blydskap en baie dorpsnuus word uitgeruil. In die proses maak sy ʼn ontstellende ontdekking oor Oom Fred.
Strandloper 2 – Episode 60 09.05.2025 11:59
Dis die dag van die groot feesoptog in Bloubaai. Tussen die pret en plesier is daar ʼn yslike verrassing vir Oom Fred. Dylan veroorsaak konsternasie … en dinge is aan die gebeur tussen Stefan en Nicolien.
Strandloper 2 – Episode 59 08.05.2025 11:02
Fred se nagmerrie oor Boesman is ontstellend, en hy nader Willie om hulp. Dylan en Stefan stel ondersoek in by die huis van ʼn stroper … met ʼn verrassende resultaat.
Strandloper 2 – Episode 58 07.05.2025 11:34
Eindelik breek die groot dag aan: Die feesvieringe begin vir die Afrikaans Amptelik 100-verjaarsdag. Dit skop af met Jack se groot pretwedloop, maar dinge loop skeef toe Dylan nie by die wedloop opdaag nie.
Strandloper 2 – Episode 57 06.05.2025 11:06
Jack is opgewonde oor sy idee om ʼn tydelike restaurant op die strand oop te maak vir die Afrikaans 100-feesgangers. Willie begin sy instink vertrou en vra Jack ongemaklike vrae. Die vriendskap tussen Willie en Visstok kry ʼn nuwe dimensie.
Strandloper 2 – Episode 56 05.05.2025 11:44
Nicolien en Engela se opgewondenheid vir die fees neem toe soos hulle aan die kostuums vir die optog werk. Willie twyfel al hoe meer in homself, en sy depressie neem toe.
Strandloper 2 – Episode 55 02.05.2025 11:29
Willie vrees dat Dylan nie besef hoe gevaarlik die opdrag is wat Kaptein Van Niekerk hom gegee het nie. Dylan se fokus is al hoe meer op sy aanhangers op sosiale media. Gaan hy sy rieme styfloop met die stropers?
Strandloper 2 – Episode 54 01.05.2025 13:35
Stefan bied aan om Nicolien te help met die verfilming van ʼn TikTok-video van Visstok wat die dorp se walvisvlot vir die fees maak. Daar is besliste verskille in die twee se artistieke benadering, en hulle sit gou-gou vas.
Strandloper 2 – Episode 53 30.04.2025 10:55
Oom Fred is bekommerd oor Boesman wat soek geraak het – met rede. Jack moedig Stefan aan om die fees te gebruik om nader aan Nicolien te kom. Sal Stefan in sy goeie vriend, Mauritz, se slaai krap?
Strandloper 2 – Episode 52 29.04.2025 11:50
Die Bloubaaiers is onder groot druk met voorbereidings vir die Afrikaans 100-feesprogram. Nicolien sukkel om haar teleurstelling oor Mauritz te verwerk. Hoekom het Jack ʼn sagte plek vir Nicolien ontwikkel?
Strandloper 2 – Episode 51 28.04.2025 11:02
Die nadraai van Jack en Engela se jaagtog na die hospitaal lei tot ʼn verrassende insig in wie en wat Jack de Wet is. Hy moet sy toevlug neem tot pille vir ʼn ou siekte wat weer kop uitsteek.
Strandloper 2 – Episode 50 25.04.2025 10:58
Jack hoop om munt te slaan uit die Afrikaans 100-feesvieringe en sit buitengewone druk op Engela. Sy besef daar’s meer maatskaplike probleme in Bloubaai as net die perlemoenstropery.
Strandloper 2 – Episode 49 24.04.2025 10:40
Stefan spot Nicolien met haar voorbereiding vir Mauritz se volgende kuier op Bloubaai. Voorbereidings vir die Afrikaans 100-feesprogram kry momentum … Dis ʼn wedloop teen tyd, vol uitdagings.
Strandloper 2 – Episode 48 23.04.2025 11:56
Willie raak bekommerd oor dinge wat die perlemoen bedreig – en dit is nie net die stropers nie. Engela probeer hom opbeur. Sal Willie die moed bymekaarskraap om vir Engela se liefde te veg?
Strandloper 2 – Episode 47 22.04.2025 10:26
Tannie Ouvrou vertrek op kort kennisgewing uit Bloubaai en vra vir Betta om vir haar by Son en See in te staan. Betta sien dit as haar geleentheid om die losieshuis reg te ruk, en dit lei tot moleste met Oom Fred.
Strandloper 2 – Episode 46 21.04.2025 12:00
Groot opgewondenheid heers op Bloubaai met nuus oor die Afrikaans 100-fees. Visstok kry ʼn spesiale opdrag, en Engela doen iets wat hom hoop gee om haar guns te wen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.