Maroela Media

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 120 episodes

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deu...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Aug 1, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Strandloper 2 – Episode 95 27.06.2025

Dis begrafnistyd op Melkhoutfontein, en die inwoners en Bloubaaiers bring hulde aan ʼn geliefde karakter in ʼn roerende seremonie. Buite die kerk gee Willie vir Engela nuus oor sy planne vorentoe wat haar skok en teleurstel.

Strandloper 2 – Episode 94 26.06.2025

Visstok ondergaan ʼn gedaanteverwisseling. Hy wil Engela ʼn groot vraag vra en maak ʼn spesiale afspraak daarvoor, maar daar is ʼn misverstand. Die groot vraag van lank gelede bly steeds tussen hulle hang.

Strandloper 2 – Episode 93 25.06.2025

Dylan gee vir Oom Fred belangrike inligting oor Shorty en Pikkewyn ná sy besoek aan Sun City die vorige aand. Hy is uitstekend ingelig – hy weet selfs wie die nuwe eienaar van DYLANS is. Betta bel met die jongste nuus oor gebeure by die vliegveld.

Strandloper 2 – Episode 92 24.06.2025

Nicolien is nog in skok oor die nuus wat sy gekry het oor haar biologiese pa. Sy het baie vrae, maar met wie kan sy daaroor praat? Stefan verras haar met sy Harley, en dit word ʼn middag wat Nicolien lank sal onthou.

Strandloper 2 – Episode 91 23.06.2025

Die dorp gons oor wie die nuwe eienaar van DYLANS gaan wees. Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met hulle spysenieringsopdragte: twee groot funksies op een dag! Nicolien kry skokkende nuus van Tannie Ouvrou.

Strandloper 2 – Episode 90 20.06.2025

Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met die spyseniering van Engela se groot boekbekendstelling. Dylan daag op met skokkende en hartseer nuus wat hul planne heeltemal omvergooi.

Strandloper 2 – Episode 89 19.06.2025

Betta is verstom oor die dinge wat Oom Fred op die strand aan haar uitwys. Op sy beurt is Oom Fred verbaas oor die dinge wat Betta hom vertel oor die dorp se vliegveld.

Strandloper 2 – Episode 88 18.06.2025

Oom Fred hoor ontstellende nuus van Stefan ná sy jongste duik. Die geheime rondom die vonds by die wrak van die Santa Maria begin vir Stefan sin maak. Dylan gee waardevolle inligting aan Oom Fred ná sy besoek aan Sun City.

Strandloper 2 – Episode 87 17.06.2025

Jack rig laataand per telefoon ʼn vreemde en dringende versoek aan Engela. Tannie Ouvrou maak ʼn afspraak met Jack oor ʼn saak wat swaar op haar hart lê, maar dit eindig in ontnugtering en teleurstelling.

Strandloper 2 – Episode 86 16.06.2025

Engela kry ʼn onverwagse besoek van Jack by die hospitaal, en hy verras haar met ʼn spesiale geskenk én reëlings oor haar boekbekendstelling. By Jack se hotel kry Engela ʼn skok wat haar in trane laat.

Strandloper 2 – Episode 85 13.06.2025

Tannie Ouvrou waarsku Estelle oor Jack se manier van sake doen en berei haar voor op die ontmoeting met Dylan … Die onderhoud oortref albei se verwagtinge.

Strandloper 2 – Episode 84 12.06.2025

Stefan se opvolgduik na die wrak van die Santa Maria lewer nuwe inligting op. Willie besoek Engela in die hospitaal ná die ramp. Is daar meer as ʼn saketransaksie aan die gang tussen Willie en Estelle?

Strandloper 2 – Episode 83 11.06.2025

Bloubaai word getref deur een van die grootste rampe nóg met donker rookwolke wat oor die hawe hang. Die nuwe sakevrou, Estelle, skok almal met haar heldedaad.

Strandloper 2 – Episode 82 10.06.2025

Tannie Ouvrou en Betta val weg met voorbereidings vir Engela se groot boekbekendstelling. Oom Fred se ongeduld bring hom in die moeilikheid by die twee formidabele vroue.

Strandloper 2 – Episode 81 09.06.2025

Engela en Stefan troef mekaar se kennis oor jellievisse op die strand. Dylan soek dringend hulp by sy agent, Engela, vir sy onderhoud met Estelle, die nuwe sakevrou op die dorp.

Strandloper 2 – Episode 80 06.06.2025

Die nuwe loseerder, Estelle, kry waardevolle inligting by Oom Fred oor die dorp en sy mense. Estelle word nie geïntimideer deur Jack se boelietaktiek nie.

Strandloper 2 – Episode 79 05.06.2025

Engela is oorstelp van blydskap oor ʼn besonderse pakkie wat aankom … en bieg oor ʼn hartsaak teenoor Tannie Ouvrou. Jack verras Engela met sjampanje en vier ʼn besonderse geleentheid saam met haar.

Strandloper 2 – Episode 78 04.06.2025

Willie en Stefan moet planne beraam ná die skokontdekking by die wrak van die Santa Maria. Dylan is terug in Bloubaai, en die poppe dans toe hy uitvind dat die koffiekiosk, Dylans, in die mark is.

Strandloper 2 – Episode 77 03.06.2025

Stefan se ontmoeting met die nuwe loseerder van die losieshuis oortref sy stoutste verwagtinge. ʼn Diep duik van Stefan lewer ʼn vonds op wat hom en Willie onkant vang.

Strandloper 2 – Episode 76 02.06.2025

Oom Fred word verras deur die nuwe loseerder by die Son en See. Hy en Willie se geskeduleerde vergadering ontaard in verrassing op verrassing.

Strandloper 2 – Episode 75 30.05.2025

Nicolien het ʼn onwelkome, lastige gas in haar buitelugklas by die hawe, maar die leerlinge is mal oor hom. Nicolien en Mauritz se laaste kuierdag saam is soos van ouds. Sy sorg vir ʼn uitklophou met haar laaste vraag aan hom.

Strandloper 2 – Episode 74 29.05.2025

Stefan trek waardevolle inligting uit Oom Fred oor ene Lewies Deventer op wie se spoor hy is. Ook Willie se inligting oor die man interesseer hom. Engela deel iets oor Jack wat sy per toeval gehoor het, wat groot agterdog wek.

Strandloper 2 – Episode 73 28.05.2025

Bobbi se laaste kuierdag word gevier met Viskopsop en vars brood. Die kookles word ʼn groot kuier rondom die potte met Engela, Tannie Ouvrou, die befaamde Julia Child en Betta – wat skielik vertrek toe die deksel gelig word.

Strandloper 2 – Episode 72 27.05.2025

Die boeteblik wat Betta ingestel het by Son en See is ʼn groot besprekingspunt tussen Tannie Ouvrou en Oom Fred. Ná al die jare stoei Tannie Ouvrou met ʼn groot vraag wat sy destyds nooit gevra het nie.

Strandloper 2 – Episode 71 26.05.2025

Engela kom op ʼn praktiese manier agter hoe sleg oliebesoedeling op die strand is. Volgens Bobbi is Dylan ontnugter met die televisielewe. Maar sal hy kan terugkom, met Dylans in die mark en Jack wat sy oog op die plek het?

Listen to the Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.