Maroela Media

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 120 episodes

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deu...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Aug 1, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Strandloper 2 – Episode 19 13.03.2025

Oom Fred het sy hande vol terwyl hy instaan by Dylans. Dylan is kaatjie van die baan terwyl hy aansterk ná die skietvoorval wat hom amper sy lewe gekos het. Hy dink hy kan Stefan ompraat om by Dylans te begin werk. Oom Fred weet van beter. Stefan het egter belangriker sake om afgehandel te kry.

Strandloper 2 – Episode 18 12.03.2025

Dylan werk hard aan die vooruitsig om met die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie roem te verwerf. Tannie Ouvrou waarsku dat hy so gou as moontlik die waarheid aan kaptein Van Niekerk moet vertel omtrent die aanslag op sy lewe.

Strandloper 2 – Episode 17 11.03.2025

Oom Fred gee vir Engela kosbare raad. Jack de Wet versterk sy pogings om Engela terug te lok na Die Seekat-restaurant. Betta verras Oom Fred op ʼn ongemaklike plek en tyd.

Strandloper 2 – Episode 16 10.03.2025

Sedert Mauritz se vertrek na die Kaap, waai die noordwester asof die wind self omgekrap is oor die Strandloper wat weg is. Is Mauritz se vertrek die einde van die verhouding tussen hom en Nicolien, of is dit die begin van ʼn nuwe era in Bloubaai?

Strandloper 2 – Episode 15 07.03.2025

Mauritz kry ʼn e-pos wat sy lewe en Nicolien se lewens omkeer. Is dit die einde van hulle liefde? Dylan bel Tannie Ouvrou met ʼn versoek wat sy nie kan weier nie, maar dis iets wat haar vorentoe baie besig gaan hou.

Strandloper 2 – Episode 14 06.03.2025

Die Afrikaans 100-vergadering by Engela lewer interessante dinge op. Oom Fred is terug in die dorp ná sy geheime Kaapse besoek. Visstok is gespanne oor sy ma se siekte. Dan lui sy selfoon, en hy verlaat die vergadering.

Strandloper 2 – Episode 13 05.03.2025

Engela vra Willie om verskoning vir haar gedrag. Is Jack se aanbod aan haar om by Die Seekat te kom werk iets van die verlede? Tannie Ouvrou gee inligting vir Willie oor Dylan en die verdagte sigaretstompies en besoeker.

Strandloper 2 – Episode 12 04.03.2025

Dis duidelik Dylan steek dinge weg vir Bobbi toe sy hom in die hospitaal besoek. Bobbi het nuus vir Dylan oor veranderinge in haar lewe wat ook sy lewe gaan raak. Sy raas met hom oor sy vriende, en haar besoek eindig glad nie goed nie.

Strandloper 2 – Episode 11 03.03.2025

ʼn Heerlike middag op die strand vir Nicolien en Mauritz word deur ʼn onwelkome gas onderbreek. Nicolien moet haar soektog na haar biologiese pa verskerp om sy mediese rekords te kry. Visstok werf mense vir ʼn baie belangrike vergadering.

Strandloper 2 – Episode 10 28.02.2025

Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing toe Bobbi met ʼn groot rugsak by die losieshuis opdaag. Dit maak seer herinneringe wakker, maar dit troos ook. Mauritz kry kosbare raad by Tannie Ouvrou, want hy’s in ʼn moeilike situasie.

Strandloper 2 – Episode 9 27.02.2025

Visstok en Engela is besig om haar nuwe tuin reg te ruk. Hulle ontdek ʼn vergete kabouterstandbeeldjie in die motorhuis, maar hulle planne daarmee word deur Betta kortgeknip.

Strandloper 2 – Episode 8 26.02.2025

Nicolien en Mauritz se liefde blom op die strand. Mauritz vertel van sy groot planne, maar sluit dit Nicolien in? Willie praat sy mond verby, en dit bring spanning tussen die jong verliefdes.

Strandloper 2 – Episode 7 25.02.2025

Tannie Ouvrou en Nicolien besoek Dylan in die hospitaal, maar hoe is dit dan dat hy meer weet wat in Bloubaai aangaan as hulle? Die suster deel haar kommer oor ʼn onbekende geheimsinnige besoeker aan Dylan.

Strandloper 2 – Episode 26 24.02.2025

Engela sukkel om die pot aan die kook te hou, nadat die fooie van die kleuterskool skielik onverklaarbaar verhoog is. Tannie Ouvrou is steeds die josie in vir Oom Fred oor hy haar nie in sy vertroue geneem het nie. Sy voel skuldig oor sy Engela se verhouding met Willie benadeel het.

Strandloper 2 – Episode 6 24.02.2025

Engela word deur almal gelukgewens met ʼn nuwe pos by Die Seekat, maar sy weet niks daarvan nie. Sit Jack agter alles? Willie en Engela se verhouding bereik ʼn laagtepunt. En daar’s vuurwarm nuus vir Bloubaai oor die Afrikaans 100-kompetisie.

Strandloper 2 – Episode 5 21.02.2025

Oom Fred is steeds op een van sy onbekende missies in die Kaap. Tannie Ouvrou en Mauritz neem weer die gebeure van die skietery by Bobbi se troue in oënskou. Mauritz vertel haar van verdagte persone en ʼn motor wat albei onrustig maak.

Strandloper 2 – Episode 4 20.02.2025

Bobbi besoek Dylan in die hospitaal waar sy slegte nuus aan hom moet oordra. Dylan neem die hospitaal om al die verkeerde redes op horings. Bobbi is verras om Willie in die hospitaal se kafeteria te sien … Hy is inderhaas daarheen ontbied.

Strandloper 2 – Episode 3 19.02.2025

Mauritz kry ʼn groot verrassing. Willie ontbied vir Nicolien en Mauritz na die strand waar hulle iets sien wat nog nooit op Bloubaai gesien is nie en wat sosiale media aan die gons het.

Strandloper 2 – Episode 2 18.02.2025

Engela hoor skokkende nuus by Tannie Ouvrou oor Visstok se ma, en dit gaan haar besluit oor Visstok se verloofring beïnvloed. Bobbi wil nie aanvaar dat Bloubaai nie onder die wendorpe vir die Afrikaans 100-fees is nie. Hoe gaan Dylan die slegte nuus oor die fees verwerk?

Strandloper 2 – Episode 1 17.02.2025

Met Nicolien se terugkeer na Bloubaai kry sy ʼn getraumatiseerde Dylan in die hospitaal. Wie sit agter die skietvoorval waarin hy ernstig gewond is? Het dit iets met sy vriend Godfrey te doen wat ná ʼn mislukte perlemoenduik dood is? Nicolien en Willie is met rede bekommerd oor Dylan se situasie.

Listen to the Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.