RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 07.07.2016

Die SAUK-bestuur ontken dat daar 'n krisis by die openbare uitsaaier is, ná die skorsing van drie joernaliste en die bedanking van sy waarnemende groepshoof. Die bestuur beskryf die ANC se uitlatings oor die openbare uitsaaier as misleidend. Die voorsitter van die ANC se subkommittee oor kommunikasie, Jackson Mthembu, het vroeër gesê swak bestuur op die hoogste vlak by die SAUK is verantwoordelik...

Spektrum 08.06.2016

Die polisie in Diepkloof in Johannesburg waarsku teen 'n nuwe kapingstegniek wat die afgelope twee weke begin kop uitsteek het. Adjudant-offisier Daniel Mavimbela waarsku motoriste om versigtig te wees indien hulle iemand wat glo in nood verkeer wil help...

Spektrum 07.06.2016

Daar is 'n hewige debat op Facebook oor 'n kapings-video wat onlangs op sosiale media gedeel is. Dit speel glo af in Suid-Afrika. In die video spring drie gewapende mans voor 'n motor in, glo met die doel om dit te kaap. Die bestuurder van die motor hou doodeenvoudig aan ry en tref een van die mans. Dit is nie bekend of hy oorlede is of nie. Die kommentaar op die video weerspieel die denke van bai...

Spektrum 07.06.2016

Elf mense is dood en minstens 36 beseer in 'n motorbomaanval in sentrale Istanbul in Turkye. Busse met polisiebeamptes is glo geteiken. Die aanval het naby die sentrale toeristedistrik plaasgevind, binne loopafstand van 'n universiteit en die burgmeester se kantore. Dit is die vierde bomaanval vanjaar in Turkye. 'n Suid-Afrikaanse student met vakansie in die stad, Dalaine Krige sê inwoners is nie...

Spektrum 06.06.2016

Die bekende akteur en regisseur Schalk Jacobsz is vanoggend vroeg in sy huis in Westdene Johannesburg oorlede, weens 'n hartkwaal. Hy was 80 jaar oud. Sy vrou, Elma Potgieter, het aan Izak du Plessis gesê dat sy haar beste vriend verloor het.

Spektrum 06.06.2016

Die wêreld swaargewigbokskampioen, Muhammed Ali, wat algemeen beskou word as een van die grootste sportfigure van die 20ste eeu, is Vrydag-aand in die deelstaat Arizona in Amerika oorlede. Die 74-jarige bokser het aan 'n respiratoriese siekte gely, 'n toestand wat deur Parkinson se siekte bemoeilik word. Die veteraan boksafrigter Harold Volbrecht het aan Vincent Mofokeng gesê dat boksers soos Ali...

Spektrum 17.05.2016

Volgens berigte lyk dit of heelwat ekonome saamstem dat president Jacob Zuma enigiets sal doen om van finansminister Pravin Gordhan ontslae te raak. Daar is selfs ekonome wat meen dat Zuma 'n kredietafgradering sal verwelkom om dit reg te kry. Izak du Plessis het professor Jannie Rossouw aan die Universiteit van die Witwatersrand gevra hoekom Zuma na bewering so desperaat sou wees.

Spektrum 17.05.2016

Studente aan die Universiteit van Johannesburg is woedend nadat die auditorium op die Aucklandpark-kampus afgebrand is. Verskeie studente het aan Marlinee Fouche gesê hulle beskou die daad as selfsugtig.

Spektrum 12.05.2016

Die sosioloog en musikant Andries Bezuidenhout sê die SABC se besluit om 90% plaaslike musiek te speel, is baie goeie nuus. Bezuidenhout wat voorheen deel was van die Brixton Moord en Rooforkes, sê die besluit kan 'n bloeitydperk vir plaaslike musiek inlui.

Spektrum 12.05.2016

Die tonge is los oor die SABC se besluit dat 90% van sy musiekuitsendings plaaslike musiek moet wees. Izak du Plessis het aan die stasiebestuurder van RSG, Magdaleen Krüger, gevra hoe die stasie die beleid gaan implementeer.

Spektrum 26.04.2016

Veediefstal in Suid-Afrika is veel meer georganiseerd as in vroeër jare. Potslagters het grootliks verdwyn en groot sindikate het hulle plek ingeneem. Die voorsitter van die nasionale veediefstal-voorkomingsforum, Willie Clack, sê dit raak nie net boere nie, maar die verbruiker ook.

Spektrum 26.04.2016

Belastingbetalers het sedert 2009 R600-miljoen rand betaal om soldate wat op verpligte verlof geplaas is, te onderhou. Die Suid-Afrikaanse Weermag Unie (SANWU) sê die Weermag kon dit verhoed het as hulle die regte prosedures gevolg het, om die soldate wat voor die Uniegebou gestaak het, reg te vervolg. Die sekretaris-generaal van SANWU, advokaat Pikkie Greeff, sê die appèlhof het bevind dat die we...

Spektrum 26.04.2016

Beaufort-Wes sal binnekort 'n groter toerisme- en sake-middelpunt in die Sentrale Karoo wees, ná die stigting van 'n vliegskool by die plaaslike vliegveld. Die Avic Internasionale Vliegakademie (AIFA) lei hoofsaaklik Sjinese kadette op, deur kontrakte met die land se kommersiële lugrederye. AIFA het ook basisse in George en Oudtshoorn, maar Beaufort-Wes sal hulle grootste operasionele sentrum word...

Spektrum 20.04.2016

Sosiale media word op die oomblik aangegryp deur honderde eende. 'n Video van die eende, wat in gelid, elke dag na die wingerd op die Vergenoeg-wynplaas marsjeer, word tans op sosiale media platvorms versprei. Die wynmaker en wingerdkundige van Vergenoegd, Marlise Jacobs, sê die eende vervul 'n baie spesiale doel op die plaas.

Spektrum 11.03.2016

Duisende Georgiane het in die hoofstad Tbilisi betoog teen die regering se onderhandelinge met die Russiese Maatskappy Gazprom. Die inwoners het 'n sewe kilometer lange menslike ketting gevorm met plakkate orals wat gelees het NO to Gazprom. Die protesgangers sê hulle is bang dat die Russiese maatskappy wat deels deur die Russiese regering besit word weer 'n voet in die deur gaan kry om hulle te k...

Spektrum 03.03.2016

Vandag is Wêreld-Oorsorgdag. Die tema die jaar is gehoorverlies onder kinders. Ouers word aangeraai om vroeg reeds op gevaartekens te let - en daar is heelwat raad beskikbaar oor wat om te doen. Minstens twintig persent van die bevolking lei aan gehoorverlies. Tiaan Boshoff is die pa van 'n seun wat met 'n gehoorgestremheid gebore is. Boshoff sê al is daar wetgewing wat voorsiening maak vir mense...

Spektrum 22.02.2016

Die Universiteit van Pretoria is tydelik gesluit weens 'n betoging. Studente wat teen die gebruik van Afrikaans as die universiteit se administrasietaal betoog, het lesings by die Hatfield- en Groenkloofkampusse ontwrig. Intussen het 27 studente in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle aansoek om borgtog is tot 7 April uitgestel. Volgens die universiteit se woordvoerder, Anna-Retha Bouwer, is a...

Spektrum 22.02.2016

'n Video van twee mans wat 'n olifantkalf uit 'n hou-dam by die Phalaborwa Kopermyn red, het sosiale media aan die gons. Die kalf, Amanzi, het vermoedelik in die dam geval, terwyl sy trop daar water gedrink het. Johan Bezuidenhout en Quinton du Plessis van elektriese dienste by die myn het die olifant uit die dam gered. Amanzi is nou by die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies. Die assistentku...

Spektrum 22.02.2016

Die saak teen die vrou wat Zephany Nurse ontvoer het, is tot more uitgestel. Intussen is daar kommer oor die moontlike emosionele impak wat die saak op die meisie kan hê, sê Heindrich Wyngaard, die skrywer van die boek, A Home for Zephany. Izak du Plessis het aan Wyngaard gevra in wie se sorg Zephany op die oomblik is.

Spektrum 08.02.2016

Die SA Pluimvee-vereniging sê dit hang van verbruikers af of eiers van vrylopende hoenders in die mark sal seëvier. Die direkteur van die vereniging, Kevin Lovell...

Spektrum 03.02.2016

Dit gaan moeilik vir die EFF en die DA wees om níe president Jacob Zuma se skikkingsvoorstel oor die Nkandla-besteding te aanvaar nie. Dit is die mening van die direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika, adv. Paul Hoffman.

Spektrum 03.02.2016

'n Suid-Afrikaanse sjef in Frankryk het 'n gesogte Michelin-ster ontvang. Jan Hendrik van der Westhuizen vertel hoe hy van Middelburg tot Nice in die suide van Frankryk in sy kosverhaal gereis het. Hy het vanuit Nice met Melissa Tighy oor sy restaurant, Jan - wat melkterk en bobotie aan Franse klante bedien, gepraat. Die restaurant het in 2013 geopen.

Spektrum 03.02.2016

Daar is uiteenlopende reaksie op president Jacob Zuma se skikkingsvoorstel oor Nkandla. In politieke kringe gons dit behoorlik. Hanri Wondergem het by 'n paar politieke ontleders gaan aanklop vir kommentaar oor die jongste wending in die sage.

Spektrum 03.02.2016

President Jacob Zuma se ommekeer oor sy Nkandla-huis is die jongste in 'n skandaalketting wat die Suid-Afrikaanse parlement al sedert 2014 telkemale ontwrig het. Dit het alles begin toe die EFF op 21 Augustus 2014 aangedring het op 'n antwoord oor wanneer die president geld gaan opdok vir Nkandla.

Spektrum 03.02.2016

Die DA hou voet by stuk dat hy nie sal instem tot 'n skikking wat die gesag van die Obenbare Beskermer ondermyn nie. Die EFF en ander politieke partye het ook gereageer op president Jacob Zuma se skikkingsvoorstel dat hy van die miljoene wat aan sy Nkandla-woning bestee is, sal terugbetaal. Hanri Wondergem doen verslag.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.