RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 14.08.2018

Die OppiKoppi feesorganiseerder, Misha Loots sê hulle is bewus van die misdaad-probleem en doen alles moontlik om misdaad by die fees te bekamp.

Spektrum 14.08.2018

OppiKoppie-feesgangers hulle frustrasie oor misdaad by die ikoniese musiekfees uitgespreek. OppiKoppi het die afgelope naweek naby Northam in Limpopo plaasgevind. Hanri Wondergem het na feesgangers se ervarings geluister van tente wat oopgesny en leeggedra is, selfone, kampstoele, kos en klere wat gesteel is.

Spektrum 10.08.2018

Die bevolking van leeus wat nie in aanhouding is nie, het oor die afgelope dekade met negentig persent gedaal. 'n Kommerwekkende syfer waarop leeuliefhebbers en natuurbewaardes vandag, op internasionale leeu dag, die kollig wil skyn. Hanri Wondergem berig dat kenners van mening is dat daar gans te veel leeus in aanhouding is.

Spektrum 03.08.2018

Die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei van die Oos-Rand af, is so besoedel dat geen lewe meer daarin kan voortbestaan nie. Willem Snyman van die Fountain Rivier Environmental Sanctuary Hennops of FRESH sê daar is bitter min lewe oor in die omgewing en in die rivier.

Spektrum 03.08.2018

Die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei was op 'n stadium so besoedel dat restaurante in 'n nabygelee winkelsentrum hulle deure moes sluit. Peet Du Preez die eienaar van Leriba Lodge wat op die wal van die Hennopsrivier gelee is sê hulle het alles probeer om die rivier skoon te kry. Hy sê daar word soveel gemors in die rivier gestort dat die watervlak begin styg sonder dat dit gereen het

Spektrum 03.08.2018

Intussen sê Peter Sutton van die Tswane Metro dat hulle reeds begin het met projekte om die Hennops rivier in die Tswane Metro skoon te maak.

Spektrum 30.07.2018

Omgewingsbewaringsgroepe eis dat Cites moet ontbind, omdat die organisasie nie die natuur wil beskerm nie, maar eerder handel met plante en diere wil versterk. Sowat 200 omgewingsbewaringsgroepe gaan binnekort 'n memorandum aan CITES oorhandig oor die kwessie. Dit volg na navorsing deur die organisasie EMF en Ban Animal Trading getoon het dat CITES nie omgewingsbewaring wil bevorder nie. Michelle...

Spektrum 30.07.2018

Die organisasie SAVE the VAAL dreig om regsaksie te neem teen die Departement van Water en Sanitasie, indien hy nie die besoedeling in die Vaalrivier stop-sit nie. Dit volg na verskeie videos op sosiale media wys hoe besoedeling in die Parys-omgewing in die Vaalrivier plaasvind. In die videos word gewys hoe visse en ander diere in die rivier vrek, hou rou riool in die water dryf, en selfs hoe bloe...

Spektrum 25.07.2018

Die toekoms van nege en sestig perde lyk aansienlik beter sedert hulle in besit van die dierebeskermingsvereniging, eerder as die weermag is. Die weermag-perde het in April vanjaar opslae gemaak met die haglike omstandighede waarin hulle op 'n weermagbasis in Potchefstroom verkeer het. Drie maande van onderhandelinge en kommunikasie het verbygegaan, maar Hanri Wondergem berig die perde is nou op '...

Spektrum 24.07.2018

Dit kos ongeveer twintig duisend rand om een olifant van die Venetia Limpopo Natuurreservaat in Suid-Afrika na die Zinave Nasionale Park in Mosambiek te verskuif... En daar word 200 grootvoete geskuif. Werner Myburgh, die uitvoerende hoof van die vredesparkstigting het aan Hanri Wondergem verduidelik hoe die grootste olifantverskuiwingsprojek nog in Afrika gedoen word.

Spektrum 18.07.2018

Lede van die Khoi en San gemeenskappe in die Oos-Kaap het hulle identiteitsdokumente op Mandela-Dag verbrand, omdat die laaste syfers op die dokumente ras klassifiseer. Die Khoisan aktivis en lid van die Oos-Kaapse wetgewer, Christian Martin, sê hulle stem nie saam met die ras-klassifikasie van "kleurling" op identiteitsdokumente en amptelike regeringsdokumente nie.

Spektrum 18.07.2018

In die laaste 60 maande het meer as 20 duisend Transnet pensioenarisse en hulle lewensmaats gesterf. Dit is volgens 'n antwoord van die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, op 'n Parlementêre vraag. Die Vryheidsfront Plus se voorsitter, Advokaat Anton Alberts, sê die klas-aksie wat Transnet-pensioenarisse teen Transnet en die regering ingestel het, word elke jaar weens regsprosesse...

Spektrum 11.07.2018

Medikasie wat gebruik word om bloeddruk mee te behandel, is in twee en twintig lande van die rakke afgehaal. Die farmaseutiese maatskappy, Novartis, het sy produk Valsartan, herroep.

Spektrum 10.07.2018

Die reddingspoging om 'n groep seuns en hul sokkerafrigter uit 'n grot in Thailand te red is nog aan die gang. Al twaalf seuns en hul afrigter is kort gelede deur grotduikers en Seals uit die grot gered. Dit is 'n operasie wat geweldige risiko's inhou. Izak du Plessis het met 'n groep grotduikers gepraat om uit te vind watter risiko's ter sprake is.

Spektrum 09.07.2018

Twaalf seuns en hulle sokkersfrigter is al 'n geruime tyd vasgekeer in 'n oorstroomde grot in Thailand. Reddingsduikers meen dit kan tot vier maande neem vir die seuns om gered te word. Joan-Marie Verhoef het met die internasioanle woordvoerder van die Nasionale Vereniging van Duikinstrukteurs gepraat om meer uit te vind oor hoe die reddingsoperasie moontlik uitgevoer sal word.

Spektrum 02.07.2018

Soos talle kleiner dorpe in die land, word Coligny in Noordwes ook gekenmerk deur vervalle infrastruktuur en 'n onnet voorkoms. Maar inwoners woel en spook deesdae om hul dorp se eertydse glorie te herstel. Izak du Plessis berig.

Spektrum 26.06.2018

'n Potchefstroomse egpaar is ses-en-twintig duisend rand kwyt, nadat 'n kuberkraker toegang tot hulle bankrekeningnommers en wagwoorde verkry het. Verder het hulle die man se selfoon van sy rekening ontkoppel sodat hy nie kon sien dat geld uit sy rekening onttrek is nie. Kennisgewings is na die kuberkraker se selfoon gestuur. Intussen waarsku die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum, verbru...

Spektrum 26.06.2018

Ses Suid-Afrikaanse studente is die week in Duitsland waar hulle deelneem aan 'n super-rekenaar kompetisie. Daar word van hulle verwag om innoverende rekenaarstelsels te ontwerp met verskeie beperkings. Die groep, wie se stelsel en inligting prosseseringstelsels die beste presteer, kan met die prys wegloop. Annelu le Roux het meer...

Spektrum 22.06.2018

Die ekonomiese raadgewer van die Optimum-beleggingsgroep, Dr Roelof Botha, sê die nuwe voorgestelde nasionale wetgewing vir gesondheidsorg gaan die bedryf oor-reguleer en tot sy ineenstorting lei. Hy meen Suid-Afrika kan nie die stelsel bekostig nie. Suzanne Paxton het met hom gepraat.

Spektrum 18.06.2018

Die versekerings- en finansiële dienstegroep Liberty, ondersoek steeds presies hoe kuberkrakers by hulle stelsels ingebreek het. Die krakers eis 'n losprys vir die inligting van kliënte in hulle besit. Liberty het gesê dat hulle nie die losprys sal betaal nie. Intussen sê 'n rekenaar veiligheid spesialis van die maatskappy GTSP, Jacques van Heerden, dat die soort aanvalle nie nuut is nie...boonop...

Spektrum 18.06.2018

Is dit moontlik vir 'n nasie om so fees te vier, dat hulle 'n kunsmatige aardbewing veroorsaak? Dit is die vraag op talle se lippe nadat daar gister 'n klein aardbewing veroorsaak is in Meksiko, nadat die Meksikane die Duitsers in 'n sokker wêreldbeker-wedstryd verslaan het. Hanri Wondergem het by 'n kenner gehoor wat presies 'n kunsmatige aardbewing is, en hoe dit veroorsaak word.

Spektrum 12.06.2018

Vyf-en-vyftig miljoen rand wat deur 'n Amerikaanse hof in New York aan die Suid-Afrikaanse regering as deel van 'n hofsaak betaal is, het spoorloos by die department van Landbou, Bosbou en Visserye verdwyn. Die geld hou verband met 'n saak teen 'n voormalige vismagnaat van Kaapstad, Arnold Bengis, wat deur die Suid-Afrikaanse regering aangekeer is vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene...

Spektrum 08.06.2018

Dit is nie net mense wat aan die kus bly, wat moet help om oseane te bewaar nie. Mense in die binneland moet ook hand by sit. Vandag is Internasionale Oseane Dag om bewusmaking te kweek oor die bewaring van seelewe. Die bemarkingsbestuurder van Corona , Yithi Zulu sê deur hulle "Clean Waves" ten toonstelling by die Mall of Africa, wil hulle hê die publiek moet besef dat wat jy in die binneland in...

Spektrum 06.06.2018

Die Wes- Kaapse Departement van Landbou het te same met die bye -sektor 'n strategie bekendgestel om bye te bewaar. Besoedeling en die droogte is besig om bye populasies in die Oos- en Wes-Kaap tot op die rand van uitsterwing te dwing. Eve Puttergill, die stigter van die BEE Effect, sê as almal nie vir die bye begin sorg nie, sal die wêreld vergaan....

Spektrum 01.06.2018

Die Internasionale Kinder Palliatiewesorg Netwerk, sê meer as 21 miljoen kinders wêreldwyd, benodig hulpverlening tydens sterfte. Die organisasie hou tans sy derde byeenkoms vir van die wêreld se top palliatiewe dokters, verpleegsters en versorgers in Durban. Die Wêreld Gesondheid Organisasie, definieer palliatiewe sorg as 'n "benadering wat fokus op die verbetering van pasiënte met lewensbedreige...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.