RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 10.05.2018 3:20
Die Departement van Basiese Onderwys beoog om teen 2030, 300 000 leerlinge as ambagsmanne op te lei. Dit vorm deel van 'n projek wat verlede jaar by 58 skole landwyd bekendgestel is. Joan-Marie Verhoef berig dat, benewens tradisionele akademiese opleiding, sal leerders opgelei kan word as onder meer haarkappers en houtwerkers.
Spektrum 04.05.2018 3:36
'n Internasionale studie het bevind dat daar 44 genetiese variante is wat risiko faktore vir depressie is. Die navorsing is deur die meer as twee honderd wetenskaplikse van die Psigiatriese Genomika Konsortium en die King's College in Londen gedoen. Dis die grootste studie wat die genetiese faktore vir depressie ondersoek het.
Spektrum 04.05.2018 3:36
'n Internasionale studie het bevind dat daar 44 genetiese variante is wat risiko faktore vir depressie is. Die navorsing is deur die meer as twee honderd wetenskaplikse van die Psigiatriese Genomika Konsortium en die King's College in Londen gedoen. Dis die grootste studie wat die genetiese faktore vir depressie ondersoek het.
Spektrum 23.04.2018 3:23
In Kaapstad versier jong mense nuwe behuisingseenhede met hulle mosaïek kunswerk. Kapenaars wat verby Govan Mbeki rylaan in die Manenberg omgewing ry, kan die kunswerke aanskou. Die projek van die Kaapstad Metro en Mosaic Works skep werksgeleenthede vir jong kunstenaars.
Spektrum 16.04.2018 4:22
Die eienaars van Tala-Manzi in Groot Marico in Noordwes sit met die hande in die hare weens die polisie en Departement Omgewingsake se klaarblyke onvermoë om hulle by te staan in die stryd teen renosterstropery. Die vyfde renoster is die afgelope 5 jaar op die wildsplaas gestroop. Dit nadat drie stropers in 2016 op heterdaad op die plaas vasgetrek is. Die drie vermeende stropers het in Januarie in...
Spektrum 13.04.2018 2:52
RSG se fliekresensent, Leon van Nierop word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n spesiale erepenning vir die bevordering van rolprentkuns. Hanri Wondergem het by Prof. Hennie van Coller, die voorsitter van die Letterkunde kommissie van die akademie, gaan uitvind waarom die eer vir Van Nierop te beurt val.
Spektrum 12.04.2018 3:58
Dit gons behoorlik in wetenskapkringe oor 'n ontdekking van 'n reusagtige kakebeen aan die kus van Brittanje. 'n Paleontoloog het aan Hanri Wondergem verduidelik dat dit die kakebeen van 'n reptiel is wat meer as 200 miljoen jaar gelede in die see geswem het. Dit beteken dat alle dinosourusse nie landdiere was nie....
Spektrum 11.04.2018 3:24
Ten spyte van beter ekonomiese en selfs politieke vooruitsigte in die land na President Cyril Ramaphosa as president verkies is, bly die emigrasie koers van Suid-Afrikaners steeds dieselfde as verlede jaar. Dit is volgens die jongste FNB Eiendomsagent opname vir die eerste kwartaal van 2018. Die eiendomstrateeg van Eerste Nasionale Bank, John Loos sê oor die algemeen is die huismark baie stil.
Spektrum 11.04.2018 3:28
Die DA-lid van die Gautengse wetgewer, Makashule Gana sê hy is beskikbaar om Gauteng se eerste DA-premier te word. Gana het homself gister as kandidaat in die party beskikbaar gestel. Hy is die DA in Gauteng se woordvoerder vir samewerkende regering en tradisionele sake. Izak du Plessis berig.
Spektrum 09.04.2018 3:37
Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, sê 'n gedeelte van die DA is besig met 'n heksejag teen haar. Dit volg na die DA by sy federale kongres besluit het om leiers binne 48 uur na 'n mosie van wantroue te skors. De Lille sê dit is duidelik dat die party so graag van haar ontslae wil raak dat hulle bereid is om hulle eie reëls en regulasies na goeddunke aan te pas. Suzanne Paxton praat...
Spektrum 06.04.2018 4:06
Volwassenes en kinders, wat op tabakplase in Zimbabwe werk, staar ernstige gesondheidsrisiko's in die gesig. Dit is een van die bevindinge van 'n verslag deur die organisasie, Human Rights Watch. Die verslag fokus op verskeie kwessies, wat kinderarbeid en menseregte-vergrype insluit. 'n Navorser by die kinderregte afdeling van Human Rights Watch, Margaret Wurth het die verslag met Hanri Wondergem...
Spektrum 04.04.2018 3:03
Verskeie weermag en ander veiligheids-hoofde van DIE SAOG en ander lande op die kontinent, vergader naby die Nasionale Kruger Wildtuin oor wetgewing rakende stropery. Die hoof van die gesamentlike operasionele eenheid van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag, Luitenant Generaal Barney Hlatshwayo sê dit is reeds die vierde vergadering wat die groep oor die kwessie hou.
Spektrum 03.04.2018 4:59
Die afsterwe van Winnie Madikizela Mandela het die land aan die gons. Hanri Wondergem het by 'n paar burgers gaan hoor wat hulle van haar sal onthou. Baie onthou haar as 'n stylvolle, sterk vrou wat met passie geveg het teen die apartheidsregering, maar wat ook 'n ander kant gehad het waarmee baie mense nie saamstem nie.
Spektrum 03.04.2018 3:27
Pasiënte in Noordwes, wat op anti retrovirale behandeling vir MIV en VIGS is, gaan glo met leë hande huis toe. Hanri Wondergem berig dat daar 'n tekort aan sekere middels is weens 'n loongeskil en staking in die gesondheidsektor.
Spektrum 15.03.2018 3:38
Waar kom die seekos op jou bord vandag? Dit is vanjaar die groot vraag tydens die Internasionale Volhoubare Seekosweek veldtog wat tans aan die gang is. 'n Derde van alle vis en ander seekos wat gevang word, word op 'n onwettige manier gedoen, en dit vind sy weg tot op jou bord. Pavitray Pillay die bestuurder van die Wêreld Natuurlewe Fonds se Suidelike Afrika Volhoubare Seekos Inisiatief of Sassi...
Spektrum 13.03.2018 1:48
Klein leerrug en karet-seeskilpadjies spoel oral op Wes-Kaapse strande uit. Die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad sê as mense op die seeskilpaaie afkom, moet hulle eerder na die akwarium geneem word en NIE in die see gegooi word nie. Die jong seeskilpaaie is afkomstig van die KwaZulu-Natalse Noordkus waar hulle uitbroei tussen Januarie en einde April. Peter Jacobs van Ufudu Seeskilpadbewaring sê di...
Spektrum 01.03.2018 3:55
Op een van Suid-Afrika se besigste strande, vind een van die wêreld se natuurlike wonders daaglik plaas, sonder dat mense daarvan bewus is. Tussen Oktober en April lê duisende leerrûg- en karetskilpaaie hulle eiers in die sand by Sodwana aan die KwaZulu Natalse kus. Vanaf einde Januarie broei die neste uit en duisende seeskilpadjies skarrel oor die sand om in die see te kom voordat roofdiere hulle...
Spektrum 01.03.2018 6:14
Al die navorsing wat op die strande gedoen word oor Seeskilpaaie, beland uiteindelik by Suid-Afrika se voorste marine- navorser wat spesialiseer in seeskilpaaie, Prof Ronel Nel . Nel is verbonde aan die Nelson Mandela universiteit. Sy het ook pas 'n navorsingsbeurs van Pew Marine Navorsing instituut ontvang om die seeskilpaaie wat aan ons kus, nes maak, te bestudeer. Suid-Afrika is tans die leier...
Spektrum 28.02.2018 1:08
Die selfoon reuse Nokia en Vodafone, het planne voorgelê om 'n 4-G mobiele netwerk op die maan te loods teen 2019. Die doel hiermee is om inligting wat deur satelliete versamel word, vinniger op die aarde te kry.
Spektrum 22.02.2018 2:38
Die begrotingsrede het geen langtermyn ekonomiese groei oplossings gebied nie. Leonard Willemse, Senior belastings konsultant van Mazars sê, langtermyn ekonomiese groei planne sal daartoe lei dat die belastingbasis vergroot en dat werkskepping kan plaasvind.
Spektrum 19.02.2018 2:34
Die Itermago is die dier waarmee daar die meeste op die swartmark handel gedryf word. Al ses Itermago spesies is tans gelys op die Cites hoogsbedreigde spesielys....
Spektrum 14.02.2018 2:41
Die lang verwagte rolprent Black Panther wys binnekort in teaters. Dit is die rolprent maatskappy Marvel Studios se eerste film oor 'n held wat uit Afrika kom, en daar is 'n hele paar Suid-Afrikaanse akteurs ook ingespan. Die rolprent speel af in die denkbeeldige Afrika-land Wakanda, en in die rolprent is die gevorderde gemeenskap se amptelike taal isiXhosa. Marlinee Fouche berig.
Spektrum 12.02.2018 3:34
Plaas die soeklig op selfdood onder tieners en jong kinders. Dit is die pleidooI van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep, bekend as SADAG. Sadag sien die week as 'n tyd vir bewusmaking oor die groeiende neiging onder kinders om hulle eie lewens te neem. Hanri Wondergem berig.
Spektrum 12.02.2018 3:37
Kan ligging die hoof dryfveer van haat wees? Dit is die vraag wat navorsing, wat deur die Universiteit van Utah in die VSA gedoen is, bekyk. En die antwoord op die vraag blyk "ja" te wees. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, het aan Hanri Wondergem verduidelik dat geografie, en ander dryfvere soos geloofs- en politieke oortuigings, haat aanblaas.
Spektrum 08.02.2018 2:56
Die gemeenskap van Bethuli in die Vrystaat is baie opgewonde oor 'n geskiedkundige fonds op die dorp. Tydens die opknapping van 'n gedenk standbeeld oor die 1938 simboliese Groot Trek, het die restoureerder Quandeen Grindling afgekom op 'n glasbottel met briewe in. Die bottel was versteek agter 'n metaal plaat. Trudie Venter, 'n inwoner van Bethulie en plaaslike geskiedenis kenner sê almal brand v...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.