Eduan Kruger
Spaarwiel die Podcast
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: spaarwiel.com
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
042. Beleggings mini-series: (5) Belê vir jou kinders met Christiaan Wessels van FFG 25.08.2023 23:06
Skakel in en luister lekker saam na die episode waar ek met Christiaan Wessels van FFG gesels oor die moontlikhede en oorwegings om vir die volgede generasie (jou kinders of kleinkinders) te belê. Neem kontak op met Christiaan op een van die volgende maniers: email: christiaan@ffg.co.za of via LinkedIn
041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings! 21.08.2023 16:07
In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê: Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer. Begin Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap' Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die langtermyn nodig het. Moenie met geleende geld belê nie Bele slegs in individuele aandele...
040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTF 18.08.2023 35:53
In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan. Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie. Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom: Uniekheid, "Longevity" en volhoubaarheid, Onafhanklikheid Asook passie vir wat jy doen en aanpak, Tot eienaarskap nee...
039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn! 16.08.2023 9:05
Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg: Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs), asook, Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs SARS inkomste belastingskale 2023-2024 27.5% reel rondom RA's / Pensioen beleggings TFIAs/TFSAs/BVFe
038. Korttermynversekering met Yolana Kinghorn van FFG 11.08.2023 39:21
Saam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG. Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam. Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek: yolana@ffg.co.za www.ffg.co.za
037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy? 10.08.2023 10:34
In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê: 1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings. 2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of 3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities) 4. Belê j...
036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin? 09.08.2023 13:38
Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes: In die episode bespreek ons: 1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid) 2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant! 3. 'n Paar van die g...
035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee! 03.08.2023 6:50
Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is. Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie. Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens. Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en t...
034. Mediese versekering - met Ina Fourie van FFG 21.07.2023 29:28
In die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG. Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering. Ons gesels onder andere oor: FFG se rol en hoe FFG werklik waarde toe te voeg vir die klient as dit kom by medies en mediese versekering Mediese verskeraars Jou mediese premies GAP cover Hospitaal planne en Omvattende mediese versekering ens. Ina deel 'n paar waardevolle tips oor hoe on...
033. 53 jaar oud en byna geen pensioen opgebou... Wat nou? 23.06.2023 22:22
Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag. Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel. Die kort en die lank van die verhaal kom neer op: - Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link in die shownotes nat CJ Smit van FFG se epos toe) - Wees realisties! - Neem onmidd...
032. Langtermynversekering - met CJ Smit van FFG 16.06.2023 38:50
Ek kuier saam met CJ Smit in die episode en ons gesels oor risikobestuur en langtermynversekering. CJ is die besturende direkteur van FFG Garden Route. FFG is 'n onafhanklike finansiële diensverskaffer. CJ verduidelik langtermynversekering gebaseer op 4 pilare. - Lewensversekering - Gevreesde siekte - Ongeskiktheidsversekering - Inkomstedekking Luister saam om meer oor die onderwerp te hoor en...
031. Hoë Rentekoerse - So beskerm ons onsself! 02.06.2023 15:07
Einde Mei is die repokoers weer verhoog en staan tans op 8.25% (25 Mei 2023) Wat beteken dat die "prime lending rate" op 11.75% staan. Dit is 4.75% hoër as wat dit was tydens Covid en 1.75% hoër as voor Covid. Indirek beteken dit dat elke persoon in SA wat uitstaande skuld het (teen 'n veranderlike rentekoers) elke maand meer geld vir sy of haar skuld moet betaal. En dit bring my by...
030. Is jou huis 'n goeie finansiële belegging? - met Teo en Jac 12.05.2023 31:41
In die episode kuier Teo en Jac (twee baie goeie vriende van my) saam om die mikrofoon. Ons duik in 'n "hot topic" in: 'Is jou huis (jou primêre woning) 'n goeie finansiële belegging?" Ons raak aan 'n klomp voor-en nadele van huis eienaarskap. Ons bespreek verder ook 'n klomp aspekte wat mens in ag sal moet neem wanneer jy besluit om of te koop of te huur. Dit sl...
029. Hoe lyk jou ryk lewe? 28.04.2023 11:03
Wat is vir jou belangrik in die lewe? Hoe lyk jou ideale lewe? Dus jou 'ryk lewe'. Is dit die vryheid om te kan reis waar en wanneer jy wil? Of, is dit vrou/man, kinders, huisdiere en 'n lekker huis. 'n Lewe waar jou kinders by 'n goeie skool kan skoolgaan? Is dit 'n lewe met minder finansiële en/of ander stres?... Wat ook al jou ideale ryk lewe is, maak seker dat jou tydsb...
028. Die waarde van 'n nuwe 'R10 per dag gewoonte' 24.04.2023 13:22
Gewoontes is soos bome. 'n Klein boom wat jy gister geplant het kan jy sonder teveel moeite vandag uit die grond pluk. Maar 'n wilger wat al jare langs die water staan sal geen man op die aarde sommer net kan uitpluk nie. "We overestimate what we can do in a day, but underestimate what we can do in a year".. wat nog van 20 jaar?! In die episode staan ek nie te lank stil by negati...
027. Psychology of Money: "Vandag is die jongste wat jy ooit sal wees" ... Begin! 17.03.2023 27:12
In die episode praat Wayne en Eduan verder oor die boek "Psychology of Money" Daar word deur hoofstuk 4 en 5 geblaai. Hoofstuk 4 se tema is Saamgestelde groei / rente. Die krag eb impak wat 'tyd' op jou beleggings, jou kennis, jou "skills" en/of enigiets wat jy konstant aanpak op 'n volhoubare lang termyn is onsettend baie. Hoofstuk 5 behandel weer die verskil tussen: 1. Welvaart bou (...
026. So betaal jy duisende Rande minder belasting! 19.02.2023 14:19
Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei. Belastingbetalers kan tot 27.5% van hul vergoeding of belasbare inkomste, welke ookal die grootste is, bydra tot `n UA/RA....
025. Psychology of Money - "Genoeg is nie te min nie" 10.02.2023 33:30
In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel. Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale. Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk! Hoofstuk 1 skop af met 'n stelling wat voorstel dat niemand gek is nie. Wat vir een ou na 'n gek idee lyk is vi...
024. Wingman Brand - 'n Side Hustle met 'n awesome doel! 22.12.2022 25:09
Tydens die tweede gedeelte van die gesprek oor side hustles het ons met Johnru gepraat oor Wingman Brand Johnru se eie suksesvolle side hustle met 'n great storie en 'n awesome doel! Besoek gerus www.wingmanbrand.co.za en volg hul op instagram @wingman_original
023. Side Hustles 22.12.2022 47:56
In die episode verwelkom Wayne en Eduan 'n spesiale vriend en gas - Johnru Rossouw. Die gesprek in die episode gaan oor side hustles. Wat verstaan ons as ons die term "side hustle" hoor? Waarom sal ons 'n side hustle wil begin? Is dit om meer geld te maak? Dalk om meer tyd vir jouself te skep weg van jou voltydse werk af? Miskien neem die side hustle juis meer van jou tyd op...? Maar,...
022. Groot uitgawes (Gesprek met Regardt 'Hopie' van Rooy) 14.12.2022 33:04
"Kom ons maak gesonde spaargewoontes 'n leefstyl en so word ons - met die nodige gemoedsrus- voorberei op groot uitgawes wat oor ons pad mag kom" Hopie streef daarna om meer en meer dinge in sy lewe in balans te doen en ook belangrike aspekte deel van sy leefstyl te maak sodat dit nie baie moeite of breinkrag verg wanneer dit by sekere besluite of keuses kom nie. Dit is iets mooi waarna ons almal...
021. FinGobal: Finansiële emigrasiespesialiste (Gesprek met Pieter Muller) 09.12.2022 33:55
Ek is baie bevoorreg gewees om onlangs met Pieter Muller van FinGlobal n gesprek te kon voer. Nota: Die gesprek is in Engels - so sit jou Engelse ore in ;-) Of dit nou 'n hartseer waarheid is of nie, maar daar is baie Suid Afrikaners in die buiteland en nog baie wat op die uitkyk is vir geleenthede buite die Suid Afrikaanse grense. Finglobal is Finansiele emigrasie spesialiste! D...
020. Skuld ... keuses, strategieë en gemoedsrus! 21.11.2022 34:09
Skuld is iets wat niemand noodwendig op ons naam wil hê nie. Tog is dit amper onvermydelik op een of ander stadium in ons lewens. In die episode kyk Wayne en Eduan weer na hul persoonlike situasies en besluite. Maak jy skuld om onvoorsiene uitgawes te dek? Of finansier jy dit uit jou bufferfonds? Soos altyd is elke situasie uniek, maar deur na ander mense se situasies en perspektief te luister, ka...
019. Inflasie ... #inflasieisijoubaasie 20.10.2022 52:18
Die koopkrag van ons geld kry die laaste aantal maande van alle kante af 'n paar klappe. In die episode praat ek en Wayne oor inflasie, rentekoerse en veel meer. Ons loer veral na 'n paar opsies wat ons in ons eie persoonlike finansies en "spending habits" kan inkorporeer om die impak van inflasie net 'n bietjie te demp. #inflasieisijoubaasie
018. Stap 3: Jou Noodfonds lei tot intelligente finansiële besluite 12.10.2022 11:14
‘n Noodfonds kan jou beste vriend wees. Dit laat jou toe om jou slaaplose nagte a.g.v. al die onverwagte kostes en dingetjies in die allerdaagse lewe te verminder. ‘n Noodfonds is ‘n som geld wat jy kan aanwend om die onverwagde kostes te dek terwyl jy steeds fokus op jou groter finansiële doelwitte. Stel jou visier in en probeer jou bes om so gou moontlik tussen R10,000 en R20,000 in ‘n afsonderl...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.