Eduan Kruger
Spaarwiel die Podcast
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: spaarwiel.com
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
017. Stap 2: Neem beheer van jou uitgawes -> Die sleutel tot finansiële vryheid 07.10.2022 14:06
Hoe goedkoper jou lewe, hoe vinniger bereik jy finansiële onafhanklikheid! Gaan doen indringend ondersoek en bepaal waaraan jy werklik geld spandeer en hoeveel... (Wees eerlik met jouself ;-) ) Maak dit ‘n speletjie en loer na jou laaste (of volgende) 60 - 90 dae se uitgawes en kategoriseer die uitgawes. Fokus dan eerstens om jou vier of vyf grootste uitgawe kategorieë. Sny oortollige kostes op di...
016. Stap 1: 'n Finansiële Plan (snapshot van jou huidige situasie) 01.10.2022 15:05
Om te bepaal wat jou einddoel is, moet jy eers jou huidige situasie beter verstaan. Begin deur 'n 'n finansiële plan op te stel Sodra jy perspektief oor jou huidige situasie het, kan jy beplan hoe om jou finansiële einddoel te bereik. Hier lees jy meer oor wat 'n finansiële plan behels.
015. Eerste 3 volhoubare stappe tot Finansiële Onafhanklikheid 28.09.2022 35:40
Wayne en Eduan bespreek die eerste 3 volhoubare stappe wat ons almal tot 'n mate kan begin neem om daarvoor te sorg dat ons eendag finansieël onafhanklik kan word. Die stappe, gekombineer met ons nodige langtermyn dissipline behoort wonders te verrig vir ons finansiële situasie. Stap1: 'n Finansiële plan. 'n Snapshot van jou huidige lewens en finansiële situasie Stap 2: Uitgawes -> Kategoriseer...
014. Ons praat oor iets van alles! 27.08.2022 34:52
Wayne en Eduan praat oor iets van alles in hul onderskeie persoonlike finansiële lewens. Onder andere: - Met wie en waar ons oor finansies kan praat (of nie) - Die %-split tussen Beleggings-Needs-Wants - Die onderskeie persoonlike finansiële gesprekke in die huis met ons beter helftes - Inkomste bronne (en die afwesigheid van alternatiewe inkomste bronne) - Grootste uitgawes tan...
013. Geld is miskien irrelevant, maar wat van jou tyd... 19.08.2022 21:40
Die podcast kry 'n 'co-host'... Wayne Rolfe Eduan en Wayne gaan vir 'n klompie episodes saam journey deur die basiese en meer ingewikkelde onderwerpe, vrae en konsepte van persoonlike finansies. Wie weet, dalk word die 'n langtermyn co-hosting vennootskap :-) One can only hope! Episode 13 dien groot en deels as 'n inleiding vir wat ons vorentoe wil bespreek, maar tydens die episo...
012. Belê R1.8miljoen, Ontvang R17.1miljoen+ (Gereelde beleggings + Saamgestelde opbrengs + Tyd) 03.03.2022 14:39
Saamgestelde groei! Saamgestelde rente! Saamgestelde opbrengs! Dit is werklik die 8ste wonder van die wêreld! Veral as tyd ook nog aan jou kant is! 1. Begin vroeg met beleggings, 2. Belê met die nodige dissipline op 'n gereelde basis, 3. Hou 'n langtermynfokus Voorbeeld van wat moontlik is: Begin vroeg (bv. op 25jaar oud) Belê elke maand 'n ' klein ' bedrag oor 'n tydperk van 40jaar (dus tot...
011. Betaal jouself eerste! 20.02.2022 5:02
Hou 'n stukkie van jou inkomste vir jou toekomstige self! Voor jy die res van jou geld (waarvoor jy so hard werk) uitgee aan die wêreld! Betaal jouself eerste! 1. Belê eers (Pensioen / belasting vrye beleggings / ander medium-termyn beleggings / betaal selfs n bietjie meer van jou huislening af... of of of) 2. Daarna betaal jy al jou noodsaaklike kostes (kos, medies, verblyf, vervoer, skoolf...
010. Boedelbeplanning, Testamente en Trusts (met Tamara Wallis van Trustees For The Future) 26.01.2022 48:18
Vandag het ek die voorreg gehad om met Tamara Wallis van Trustees For The Future (TFTF) te praat oor boedels, boedelbeplanning, testamente, trusts, "generational Wealth protection" ens. Skakel in en luister lekker! " We care about you and your family's Financial- and Estate Planning needs and objectives and we will design and structure the appropriate and suitable plan to support that. We are comm...
009. Sorg 'belasting slim' vir jou toekoms (in gesprek met Paul Kempff van FFG) 20.01.2022 34:58
Minder belasting betaal! Meer geld toewy aan jou toekoms! Meer geld oor hou en belê vir jou pensioen! Luister nou na episode 9. Ons verwelkom vandag vir Paul Kempff op Spaarwiel die podcast. In die episode verduidelik Paul kortliks, maar baie omvattend in dieselfde asem, watter ' belastingslim ' beleggingsgeleenthede daar bestaan vir die Suid Afrikaanse belastingbetaler om effektief te sorg vir ‘n...
008. Oorsig vir die jaar: Maak van jou "budget" 'n "cash flow" 14.01.2022 10:51
Maak van jou "budget" 'n "cash flow" Deur 'n "cash flow" op te trek vir die twaalf maande van die jaar skep jy dalk net die nodige insig en oorsig wat jy nodig het om jou persoonlike finansies gesond te bestuur. Ons weet nie presies wat ons elke maand gaan inkry, of uitgee nie, maar jy kan 'n vooruitskatting maak. Deur so vooruitskatting te maak dwing dit jou ook om bietjie na te dink...
007. Bereik jou finansiële doelwitte in 2022 07.01.2022 13:11
Ek het vroeg in 2022 op twee baie goeie boeke afgekom: Boek #1. "Your best year ever" deur Michael Hyatt ( Productivity Game video oor die boek) Die boek verduidelik hoe ons die akroniem "SMARTER" kan toepas om ons doelwitte suksesvol na te jaag. - S- Specific. - M- Measurable. - A- Actionable. - R- Risky. - T- Time-Triggered. - E- Exciting. - R- Relevancy/Reality Check). Boek #2. "Chas...
006. Geld uitgee aan dinge wat vir jou energie gee in die lewe (met SB Botha) 03.12.2021 18:27
SB is 23 jaar oud, maar hy het die dissipline van 'n 60 jarige as dit kom by sy finansies. Hy allokeer sy geld hoofsaaklik aan dinge waarvoor hy 'n passie het in die lewe. Of dit nou oefening is en/of buitemuurse aktiwiteite of selfs toekomstige travel planne, SB het 'n duidelike plan hoe en aan wat hy sy geld uitgee. Luister na meer episodes op spaarwiel.com of Spotify, Anchor, ApplePodcasts, Goo...
005. Finansiële vangnette vir ons gemoedsrus (Gesprek met CJ Smit van FFG) 19.11.2021 33:45
Wat 'n voorreg om vir CJ Smit in die "virtual studio" vandag te kon hê! CJ is 'n finansiële adviseur en die nuwe Managing Director van FFG Garden Route Ons praat vandag oor finansiële vangnette! (... die vangnette waarna ons hier na verwys is vangnette wat vir ons finansiële gemoedsrus gee. Gemoedsrus wat ons toelaat om ons loopbaan na te jaag en die lewe te geniet terwyl ons weet die nodige beske...
004. "Budget" - Meet is weet! (in gesprek met Lourie van Pletzen) 12.11.2021 28:48
Meet is weet! Kennis is Krag! Knowledge is Power! 'n Begroting (*budget* van hier af vorentoe) is die spesiale hulpbron of geheime wapen in ons persoonlike finansies wat verseker dat ons elke maand weet hoeveel geld en aan wat ons die geld kan spandeer. 'n Budget is daar as 'n riglyn sodat ons maand na maand ons finansies goed bestuur. Wanneer ons fokus om ons finansies van maand na maand go...
003. 'n Finansiële plan 05.11.2021 11:04
"I am honest with myself about where I am financially. This allows me to find contentment with my progress, growth and any pivots that I need to make" @thefinancebar 'n Finansiële plan! Gebruik pen en papier, Excel of selfs 'n "whiteboard". Solank jy tyd maak en vir jouself 'n eerlike finansiële plan optrek waar jy vasvang waar jy tans met jou finansiële sake staan. Vang die volgende i...
002. Gesonde persoonlike finansies in perspektief - (gesprek met Jac de Wet) 27.10.2021 29:46
Familieman, beleggingskundige en besigheidseienaar. Jac het ‘n realistiese uitkyk op die lewe en persoonlike finansies en alles daar rondom. In die gesprek raak ons vinnig aan van die volgende aspekte: - Die ‘Betaal jouself eerste’ beginsel – “Save first then spend” - Minder uitgee as wat inkom. - “Keeping up with the Joneses” - Bederf jouself van tyd tot tyd! Dit is ook belangrik! - Spandeer geld...
001. Finansiële Onafhanklikheid (FO) 23.10.2021 13:35
Finansiële Onafhanklikheid (FO) is wanneer die 'moet' verdwyn! Die 'moet' waarna ons hier verwys is die 'MOET' om geld aanhoudend en aktief te verdien om jou en jou gesin se lewe te kan bekostig (heelmoontlik in 'n werk wat jy net doen vir die salaris en nie vir die liefde van die werk self nie). FO is wanneer jy genoeg bates en/of fondse het om jou lopende laste te dek. FO skep dus vi...
000. Spaarwiel die Podcast - Trailer episode 04.10.2021 1:39
Welkom by Spaarwiel die Podcast! 'n Interaktiewe platform waar ons idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons gaan praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente, spaarplanne, jou nood- en bufferfonds, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.