RSG
RSG Sport
'n Opsomming van die dag se sportgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Peter de Villiers oor sy nuwe rol 10.12.2022 30:13
Die voormalige Springbokafrigter Peter De Villiers vertel vir Jody Hendricks van sy nuwe uitdaging as afrigter van die SA Dowe-span.
Raakrugby op die Kaapse strande 26.11.2022 6:10
Raakrugby is baie gewild onder die jeug op die Kaapse Vlakte. Vanjaar word daar ‘n toernooi op verskeie strande in die Wes-Kaap beplan. Jody Hendricks het met een van die organiseerders, Gerome Vermeulen, gepraat.
Boland Klubrugby Top 12 26.11.2022 10:12
Die Boland Top 12 Klubrugby-toernooi kom die naweek tot ‘n einde. Spanne van regoor die Boland het sake uitgespook vir ‘n plek in die finaal. Jody Hendricks gesels met die Uitvoerende Hoof van Bolandrugby, Quinton van Rooyen, oor die die sukses van die toernooi.
Midstream Kollege kraai koning 08.10.2022 7:08
Die Midstream Kollege in die suide van Centurion vier vanjaar hulle 15de verjaardag. Die skool se eerste rugbyspan het aan almal ’n ekstra rede gegee om dié besondere jaar nog lank te onthou. Carla Mackenzie gesels met eerste rugbyspan-afrigter, Henry Verster, oor sy span se oorwinning.
Lyndans is baie gewild in SA 08.10.2022 13:58
In Suid-Afrika is daar ‘n menigte klubs, informele groepe en demonstrasie-ateljees wat lyndans daagliks beoefen, en duisende mense betrek. Dit is moontlik om in gereelde plaaslike, nasionale en internasionale kompetisies mee te ding. Anne-Marie Botha van Lyndans Suid-Afrika vertel meer.
Hengel as 'n sport 08.10.2022 14:15
Het jy al gewonder oor visvang as ‘n sport of stokperdjie. Jaco Lombard van Bayeca Fishing vertel meer.
Binnenshuise Krieketwêreldbeker 2022 08.10.2022 12:21
Carla Mackenzie gesels met Michael Wenk, die spanbestuurder van die vroue wat tans in die Binnenshuise Krieketwêreldbeker speel. Ons hoor ook van Kay-Leigh Tapp en Dorothy Tapp vanuit Australië.
Vroue Springbokke in Nieu-Seeland vir Wêreldbeker 01.10.2022 29:57
Die Vroue Springbokspan is in Nieu-Seeland om aan die Vroue Rugbywêreldbeker deel te neem. Stanley Raubenheimer se span kom op Saterdag 8 Oktober in die openingswedstryd teen Frankryk te staan. Jody Hendricks het met die afrigter en van die spanlede oor die toernooi gepraat.
Tinus van Staden oor Elton Jantjies-sage 17.09.2022 13:40
Die Elton Jantjies-sage het vandeesweek die sportnuus oorheers. Jody Hendricks gesels met Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, oor hulle storie oor Jantjies, en die impak wat dit op die Bokke se voorbereiding kan hê.
Die toekoms van Sewesrugby 17.09.2022 9:22
Jody Hendricks het die Sewes Rugby Wêreldbeker toernooi in Kaapstad bygewoon. Hy het met spelers, afrigters en administrateurs oor die toekoms van Sewesrugby gepraat.
Frankie Horne oor Jamaika se Sewes-span 17.09.2022 13:53
Die voormalige Blitsbokspeler en deesdae afrigter van Jamaika se Sewes-span, Frankie Horne, praat oor sy span se vertoning verelde naweek by die Wêreldbekertoernooi in Kaapstad, en oor sy betrokkenheid by die kommende Tien-kampioenskap in Pretoria en Stellenbosch.
Sportfotograaf Christiaan Kotze neem 150ste toets af 20.08.2022 24:26
Sportfotograaf Christiaan Kotze het verlede week op Ellispark sy 150ste toets afgeneem. Jody Hendricks praat met hom oor sy liefde vir fotografie en loopbaan as fotograaf.
Veldtog om top 30 Bokke aan te wys 20.08.2022 16:03
Die Top-30 Bokke-veldtog is tans aan die gang, waar die beste 30 Springbokspelers van die afgelope 30 jaar gekies word. Die kiespaneel is Jake White, Peter de Villiers, Nick Mallett, Carel du Plessis, Mzwandile Stick, Deon Davids, Peet Kleynhans, Wynand Claassen, Errol Tobias, Theuns Stofberg, Vata Ngobeni, Simnikiwe Xabanisa, Brenden Nel, Hendrik Cronje, Leighton Koopman, Bokkie Gerber, Albert He...
Goud en silwer vir SA in swembad! 03.08.2022 1:13
Lara van Niekerk het haar tweede goue medalje by die Statebondspele gekry in die eindronde van die 10 meter borsslag. Tatjana Schoenmaker was tweede. Pieter van den Berg is die kommentator
Lara van Niekerk wen by Statebondspele 31.07.2022 1:42
Lara van Niekerk wen goud in die 50 m borsslag by die 2022 Statebondspele. Pieter van den Berg is die kommentator.
Desiree Ellis gesels oor Banyana Banyana se prestasies 30.07.2022 13:38
Daar is al hoe meer oproepe dat Banyana Banyana dieselfde beloning kry as hulle manlike eweknieë, nadat die span die afgelope naweek die Vroue Afrika Nasiesbeker in Morokko gewen het. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê die Banyana Banyana spelers verdien minstens ‘n miljoen rand elk vir hulle prestasie. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het elke speler R400 000 beloof as hulle die beker huis...
Griekwas in Curriebeker finaal 18.06.2022 16:14
Die Griekwas het die Bulle Vrydag 30 - 19 geklop om hulle plek in die Curriebekereindstryd te bespreek. Hulle sal in die finaal teen die Pumas in Kimberly te staan kom. Jody Hendricks het met die span se afrigter, Pieter Bergh, gepraat.
Vrouerugby in SA 28.05.2022 5:20
Springbokafrigter Jacques Nienaber praat oor die bevordering van vrouerugby in Suid-Afrika, en die komende reeks teen Wallis.
Plaas ouers te veel druk op kinders om in sport te presteer? 07.05.2022 30:36
Dit gons op sosiale media nadat 'n ouer by 'n onder-16 skolerugbywedstryd in Durban, waarin sy seun gespeel het, eers die skeidsregter wou aanval en toe 'n speler in die opponerende span te lyf gegaan het. Sit ouers te veel druk op hulle kinders om in skolesport te presteer? Jody Hendricks bespreek dit met Jannie Putter en Hannes Nienaber.
Mignon du Preez gaan nou fokus op T20 09.04.2022 19:41
Die voormalige kaptein van die Protea Vrouespan, Mignon du Preez, het aangekondig dat sy uit eendag- en toetskrieket tree, en voortaan slegs T20 sal speel. Die 32-jarige wil nou meer tyd saam met haar familie deurbring. Sy het in 2007 haar internasionale debuut gemaak. Sedertdien het sy in 154 eendagwedstryde gespeel, waarvan 46 as kaptein. Sy was ook deel van die span wat die halfeindronde van di...
Michael Abrahamson, sportkommentator en geheuedeskundige 09.04.2022 24:36
Die sportkommentator en geheuedeskundige Michael Abrahamson gesels oor sy uitsaailoopbaan.
Sewes Akademie sorg vir sukses 12.03.2022 16:23
Die Blitsbokke sal in April aan die Singapore Sewes deelneem. Die span doen vanjaar baie goed, en is tans bo-aan die Wêreld Sewes-punteleer. Agter die span se sukses, is die Sewes Akademie. Jody Hendricks het met die afrigter, Marius Schoeman, gepraat.
Boeta Dippernaar kyk terug na die 438-wedstryd 12.03.2022 11:11
Vandag, 16 jaar gelede het die nou bekende 438-wedstryd tussen die Proteas en Australië op die Wanderers in Johannesburg plaasgevind. Dit was die eerste wedstryd ter wêreld waar beide spanne meer as 400 lopies kon aanteken. Jody Hendricks het met Boeta Dippenaar, wat in die wedstryd gespeel het, gepraat.
SA aflosspan goue medalje kwyt ná toets vir verbode middels 12.03.2022 16:15
Die Suid-Afrikaanse naelloper, Thando Dlodlo, is vir twee en ‘n half jaar uit atletiek geskors nadat hy positief vir oormatige testosteroon getoets het. Dlodlo se aflosspan is nou die goue medalje kwyt wat die span in Mei 2021 by die Wêreldatletiek Afloskampioenskap in Pole gewen het. Die monster wat die gebruik van verbode middels toon, is geneem by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskap in A...
John-Lafnie de Jager oor Australiese Ope 29.01.2022 16:32
Die Australiese Ope het vanjaar vir baie drama gesorg, maar Ashley Barty het geskiedenis gemaak deur die eerste Australieser vrou in meer as 40 jaar te word om die toernooi te wen. Jody Hendricks het met John-Lafnie de Jager oor die toernooi gepraat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.