RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 405 episodes

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Sports

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 17, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

V8-enjins in 2030 terug by F1 17.10.2026

Formule 1 is weer in die nuus, en hierdie keer is dit nie oor ’n naweek se drama nie, maar oor ’n dramatiese kentering in die sport se tegniese toekoms. Die FIA-president, Mohammed Ben Sulayem, het onverwags aangekondig dat F1 reeds in 2030 terugkeer na V8 enjins – ‘n jaar vroeër as die vorige teiken. Die manier waarop hierdie nuus bekendgemaak is, laat meer vrae as antwoorde, en die aankondiging...

Rwanda kry F1-ren 17.10.2026

Die voorlopige toekenning van die Afrika-Formule 1 Grand Prix aan Rwanda, het merkbare teenreaksie ontketen – nie net uit die motorsportgemeenskap nie, maar uit ‘n reeks internasionale instansies, wat die besluit as riskant en potensieel onregverdig beskryf.

Besige tyd vir Gimnastiek SA 17.10.2026

Gimnastiek is in een van sy besigste internasionale periodes. Die Artistieke Wêreldkampioenskappe in Rotterdam, waar die wêreld se topgimnaste vir ranglyste en kwalifisering meeding, is aan die gang. Intussen is die trampolien en tuimelgreekse reeds afgehandel, met die jongste FIG Wêreldbeker geleentheid wat vroeër vandeesmaand in Italië plaasgevind het. Dit plaas Suid Afrika se gimnastiekprogram...

Einde van fietsry by Bellville Velodrome 17.10.2026

Chris Willemse is ‘n bekende in Suid Afrikaanse fietsry. Hy is ’n voormalige Springbok en nasionale kampioen wat in 1977 sy eie fietswinkel begin het en dit oor dekades tot ’n markleier opgebou het. Hy is diep verweef in die geskiedenis van die Bellville Velodrome, waar hy die eerste internasionale baanfietswedren ooit daar gereël het. Willemse is steeds ’n sleutelrolspeler in die bevordering van...

SA Mans Netbal op ongekende hoogtepunt van dominansie 17.10.2026

Lana Krige, ‘n nasionale keurder, is een van die dryfkragte agter die SA Mans Netbalspan se ontwikkeling, talentidentifisering en internasionale voorbereiding. Sy werk daagliks met spelers, afrigters en strukture om die sport se profiel te verbreed, en Suid Afrika mededingend te hou op die wêreldverhoog. Ons praat met haar oor die span, die seisoen en die pad vorentoe.

Tussen die Sportblaaie: Being Carlos Alcaraz 17.10.2026

Heinrich Schulze blaai deur Mark Hodgkinson se boek, BEING CARLOS ALCARAZ: THE MAN BEHIND THE SMILE.

Koffiesport 17 Oktober 2026 17.10.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Krieket in Suid-Afrika 10.10.2026

Krieket in Suid Afrika is tans baie gesond. Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, deel sy indrukke van krieket op alle vlakke. Waar staan ons tans? Hoe lyk die toekoms vir Suid-Afrikaanse krieket?

Dwelms in sport (Deel 3) 10.10.2026

Phil Loots gesels met dr. Louwrens Erasmus, ‘n provinsiale atleet, bekroonde sportadministrateur en spandokter van skool- tot internasionale vlak, oor dwelms in sport. Juice, sap, steroïede, sportdwelms, wat jy dit ookal noem, is 'n wesenlike probleem. Daar word selfs gesê dat skoolkinders meer skuldig is aan "juice"-gebruik. Hoe kan dit beheer word? Hierdie gesprek en strek oor paar episodes. Dis...

Koffiesport 10 Oktober 2026 10.10.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Sporttrivia: Die Geyser-familie (Deel 1) 10.10.2026

Heinrich Schulze kyk na die sportpretasies van die Geyser-familie.

Gholf vir siggestremdes 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Ernst Conradie oor gholf vir siggestremdes. Die gesprek kyk na wat die sport behels, hoe dit gespeel word deur iemand wat nie kan sien nie, die status van die sport in Suid-Afrika en die komende wêreldkampioenskap.

Branderski in SA 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Dawid Mocke oor die stand van die sport in Suid-Afrika en wêreldwyd. Hy is ‘n viermalige wêreldkampioen, en sy seun Samuel is die verdedigende junior wêreldkampioen. Dawid verduidelik ook wat banderski alles behels en die tegniese aard daarvan.

Tatjana swem weer kompeterend 03.10.2026

Viermalige Olympiese-medaljewenner Tatjana Smith het teruggekeer na kompeterende swem, twee jaar nadat sy die swempet opgehang het ná die Olimpiese Spele in Parys. Sy woon nou in die Kaap, en kon maar net nie van die swemgogga ontslae raak nie. Fritz Klaaste het met haar gesels.

Boogskiet in SA 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Wilhelm Greeff, die bestuurshoof Boogskiet Suid-Afrika, oor die stand van die sport in Suid-Afrika ná 'n baie suksesvolle nasionale kampioenskap in Jeffreysbaai. Die gesprek raak aan die tegniese deel van die sport, klubs, ontwikkeling en die bevordering van boogskiet.

Tussen die sportblaaie: KITSIE: MEMOIR OF A BOMB-SQUAD BOK 03.10.2026

Heinrich Schulze blaai deur Michael Vlismas se boek, KITSIE: MEMOIR OF A BOMB-SQUAD BOK.

Koffiesport 3 Oktober 2026 03.10.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Sporttrivia: Verre Noord Rugby 26.09.2026

Heinrich Schulze kyk na die geskiedenis en bydrae van die Verre Noord-streek (Limpopo) tot Suid-Afrikaanse rugby.

Dwelms in sport (Deel 2) 26.09.2026

Phil Loots gesels met dr. Louwrens Erasmus, ‘n provinsiale atleet, bekroonde sportadministrateur en spandokter van skool- tot internasionale vlak, oor dwelms in sport. Juice, sap, steroïede, sportdwelms, wat jy dit ookal noem, is 'n wesenlike probleem. Daar word selfs gesê dat skoolkinders meer skuldig is aan "juice"-gebruik. Hoe kan dit beheer word? Hierdie gesprek en strek oor paar episodes. Dis...

Koffiesport 26 September 2026 26.09.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Kittie is ’n voorste toutrekker 26.09.2026

Kittie Terblanche is Tug of War International Federation se Vroue Toutrekker van die Jaar vir 2026. Phil Loots gesels met haar om agter die kap van die byl te kom van toutrek in Suid-Afrika en wêreldwyd.

Marnus van Huyssteen oor e-sport 19.09.2026

Marnus van Huyssteen, hoof van ASEM Corporate, gesels oor Varsity Esports, die toename van mededingende e-sport onder studente en die geleenthede wat dié vinnig groeiende bedryf vir jong Suid-Afrikaners skep.

Op die pedale: RSG spanlede voltooi die 35km MTB Classic 2026 19.09.2026

RSG se Carla Mackenzie en Anmané Eckhard het aan die MTB Classic 2026 deelgeneem. Hulle vertel van hulle ervaring van die roete, die uitdagings en die lekkerte van bergfietsry.

Breyton oor Bokke, All Blacks 19.09.2026

Breyton Paulse gesels oor die eeuoue Springbok-All Black-wedywering, die passie van twee rugbylande en die rol van rugby in Suid-Afrika se identiteit. Hy deel ook sy perspektief op speelstyle, die belang van spanidentiteit en Rassie Erasmus se invloed op die Springbokke se sukses.

Tussen die sportblaaie: THE BOK WAY 19.09.2026

Heinrich Schulze blaai deur PJ Claasen se boek, THE BOK WAY: UNLOCKING THE SPRINGBOKS’ SECRET TO PERFORMANCE, CULTURE AND SUCCESS IN BUSINESS.

Listen to the RSG Sport podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.