Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Die Rally-Raid Dagboek

Sports AF ↓ 9 episodes

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stori...

Author

Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Category

Sports

Podcast website

rss.com

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Episode 8 - Kassie Coetzee (Deel 2 van 2) 09.07.2026

In hierdie episode gesels ons verder met die legendariese Kassie Coetzee — een van Suid-Afrika se motorsport legendes. Oom Kassie deel openhartig oor: ’n Koppie tee op ‘n skinkbord in die middel van nêrens Die ongeluk wat hom ’n nasionale kampioenskap gekos het Die goue era van Suid-Afrikaanse motorsport en die blywende vriendskappe Sy uittrede uit motorsport Sy dogter, Elvéne Coetzee-Vonk se fant...

Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2) 02.07.2026

In hierdie episode gesels ons met die legendariese Kassie Coetzee – een van Suid-Afrika se grootste motorsport-ikone. Oom Kassie deel openhartig en met baie humor sy merkwaardige loopbaan, van sy vroegste dae tot die hoogtepunte agter die stuur. In hierdie episode hoor jy onder meer: Sy avontuurlike beginjare in tydrenne saam met lewenslange vriende Hoe Hannes Grobler hom genooi het om in ’n proto...

Episode 6 - Richard Schilling (Deel 2 van 2) 25.06.2026

In hierdie episode gesels ons verder met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsportfigure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport. Richard was onder andere: Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA) President en later Ere-President van MSA Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid...

Episode 5 - Richard Schilling (Deel 1 van 2) 18.06.2026

In hierdie episode gesels ons met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsport figure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport. Richard was onder andere: Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA) President en later Ere-President van MSA Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Champi...

Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2) 11.06.2026

Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends. In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid wêreld: Die groot teleurstelling om nie in ’n Nissan bakkie aan Dakar te kon deelneem nie, maar die troos om wel in die Nissan-ondersteuningstrok te kon jaag. Die onvergeetlike avonture tydens daardie D...

Episode 3 - Hannes Grobler (Deel 1 van 2) 04.06.2026

In hierdie episode gesels ons met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends. Hannes vertel openhartig oor: Sy grootwordjare in Rustenburg, waar rugby sy eerste liefde was, totdat ’n besering hom na die motorsportwêreld gedryf het. Die legendariese jakkalsjag in plakkies en ’n T-hemp met ’n gewone straatmotor – die wedren wat die ouens se oë...

Episode 2 - Buks Carolin (Deel 2 van 2) 28.05.2026

In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin . Hy deel onder meer: Die “oorlog” tussen die spesiale voertuie en die fabriekspanne. Die uitdagings van navigasie in die era voor GPS. Sy gunsteling wedrenne en die “Groot Een” wat hy nooit kon wen nie. Sy oorgang as navigator en...

Episode 1 - Buks Carolin (Deel 1 van 2) 18.05.2026

In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin , 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika. Begin sy loopbaan in 1983 as navigator saam met Kenny Skjoldhammer. 3 Nasionale kampioenskappe as bestuurder (1989, 1990, 1991). 3 Nasionale kampioenskappe as navigator (1994, 2000, 2004). Wedren oorwinnings in beide enkel sitplek en...

Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek 17.05.2026

Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator. Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid...

Listen to the Die Rally-Raid Dagboek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.