Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
Die Rally-Raid Dagboek
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stori...
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: rss.com
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Episode 21 - Richard Leeke (Deel 2 van 3) 08.10.2026 30:00
In Episode 21 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met Richard Leeke, ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen en een van die top-navigators van sy era. Hy het vir verskeie van die top-renjaers genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Richard het met die jare ’n fyn aanv...
Episode 20 - Richard Leeke (Deel 1 van 3) 01.10.2026 28:25
🎙 Episode 20 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Richard Leeke – sesmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top-navigators van sy era en ’n ware legende van die sport. Gedurende sy loopbaan het hy vir verskeie van die top-renjaers van verskillende fabriekspanne genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Drive...
Episode 19 - Franz Czepek (Deel 2 van 2) 24.09.2026 29:37
In hierdie episode gesels ons verder met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid-kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle ook vereer met Protea-kleure vir motorsport. Franz was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie, wat tientalle b...
Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2) 17.09.2026 30:26
🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle vereer met Protea-kleure vir motorsport. Franz se loopbaan het van die 1970’s tot...
Episode 17 - Philip Malan (Deel 2 van 2) 10.09.2026 28:39
In hierdie episode gesels ons verder met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Toyota Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies. Name wat in die gesprek genoem wo...
Episode 16 - Philip Malan (Deel 1 van 2) 03.09.2026 35:16
In hierdie episode sit ons om die tafel met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou, en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies. Name wat in die gesprek ter sprake k...
Episode 15 - Francois Jordaan (Deel 3 van 3) 27.08.2026 27:31
In hierdie finale episode van ons gesprek met die legendariese rally-raid navigator, Francois Jordaan, deel hy meer van sy ervaringe, insluitende: · Die veelsydige rol van ’n navigator in rally-raid, die belangrikheid van wedersydse vertroue, en die invloed en impak van tegnologie · Die voorsprong wat ’n diep kennis van die reëls jou bied · Die genot én uitdagings van verskillende wedrenne · Goeie...
Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3) 20.08.2026 27:09
In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer: · Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het · Die teleurstelling van...
Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3) 13.08.2026 25:35
In hierdie episode gesels ons met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en 'n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel openhartig sy ryk ervaringe en stories, onder meer: - Hoe die legendariese motorfiets-renjaer Jim Redman petrol in die are van ’n 2-jarige Francois laat beland het - Sy aanvankike deelname aan tydrenne, die oorskakeling na navigatorska...
Episode 12 - Bodo Bertholdt (Deel 2 van 2) 06.08.2026 23:50
In hierdie episode gaan ons verder met een van die ware pioniers en legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid – Bodo Bertholdt. Bodo deel meer onvergeetlike stories oor: Die kuns van verbetering op die ou Volkswagen Kewers, die oorskakeling na Sandmasters, en die stryd teen modder, skokbrekers en outydse “boer-maak-’n-plan” boswerktuigkunde Sy liefde vir die Barberspan 500, die mense en hulle ongelo...
Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2) 30.07.2026 24:02
In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof...
Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2) 23.07.2026 28:01
🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en een van die ware steunpilare van rally-raid in Suid-Afrika, Jannie Visser van die Barberspan Motor Klub. Jannie kyk terug op sy indrukwekkende loopbaan – van sy heel eerste wedren in 1989 tot sy Nasionale Kampioenskap in...
Episode 9 - Jannie Visser (Deel 1 van 2) 16.07.2026 28:25
In hierdie episode gesels ons met een van die legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid: Jannie Visser – voormalige nasionale kampioen en steunpilaar van die Barberspan Motor Klub. Jannie neem ons saam op 'n nostalgiese reis deur die sport se geskiedenis en deel fassinerende stories oor hoe dit alles begin het: Die ontwikkeling van baan-modderwedrenne by Syringa Park tot by Barberspan, en die oorgan...
Episode 8 - Kassie Coetzee (Deel 2 van 2) 09.07.2026 21:31
In hierdie episode gesels ons verder met die legendariese Kassie Coetzee — een van Suid-Afrika se motorsport legendes. Oom Kassie deel openhartig oor: ’n Koppie tee op ‘n skinkbord in die middel van nêrens Die ongeluk wat hom ’n nasionale kampioenskap gekos het Die goue era van Suid-Afrikaanse motorsport en die blywende vriendskappe Sy uittrede uit motorsport Sy dogter, Elvéne Coetzee-Vonk se fant...
Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2) 02.07.2026 25:53
In hierdie episode gesels ons met die legendariese Kassie Coetzee – een van Suid-Afrika se grootste motorsport-ikone. Oom Kassie deel openhartig en met baie humor sy merkwaardige loopbaan, van sy vroegste dae tot die hoogtepunte agter die stuur. In hierdie episode hoor jy onder meer: Sy avontuurlike beginjare in tydrenne saam met lewenslange vriende Hoe Hannes Grobler hom genooi het om in ’n proto...
Episode 6 - Richard Schilling (Deel 2 van 2) 25.06.2026 24:25
In hierdie episode gesels ons verder met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsportfigure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport. Richard was onder andere: Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA) President en later Ere-President van MSA Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid...
Episode 5 - Richard Schilling (Deel 1 van 2) 18.06.2026 27:02
In hierdie episode gesels ons met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsport figure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport. Richard was onder andere: Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA) President en later Ere-President van MSA Stigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Champi...
Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2) 11.06.2026 33:32
Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends. In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid wêreld: Die groot teleurstelling om nie in ’n Nissan bakkie aan Dakar te kon deelneem nie, maar die troos om wel in die Nissan-ondersteuningstrok te kon jaag. Die onvergeetlike avonture tydens daardie D...
Episode 3 - Hannes Grobler (Deel 1 van 2) 04.06.2026 32:01
In hierdie episode gesels ons met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends. Hannes vertel openhartig oor: Sy grootwordjare in Rustenburg, waar rugby sy eerste liefde was, totdat ’n besering hom na die motorsportwêreld gedryf het. Die legendariese jakkalsjag in plakkies en ’n T-hemp met ’n gewone straatmotor – die wedren wat die ouens se oë...
Episode 2 - Buks Carolin (Deel 2 van 2) 28.05.2026 35:59
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin . Hy deel onder meer: Die “oorlog” tussen die spesiale voertuie en die fabriekspanne. Die uitdagings van navigasie in die era voor GPS. Sy gunsteling wedrenne en die “Groot Een” wat hy nooit kon wen nie. Sy oorgang as navigator en...
Episode 1 - Buks Carolin (Deel 1 van 2) 18.05.2026 34:45
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin , 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika. Begin sy loopbaan in 1983 as navigator saam met Kenny Skjoldhammer. 3 Nasionale kampioenskappe as bestuurder (1989, 1990, 1991). 3 Nasionale kampioenskappe as navigator (1994, 2000, 2004). Wedren oorwinnings in beide enkel sitplek en...
Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek 17.05.2026 4:23
Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator. Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS