Megafoon Sport!
Raakvat Rugby!
By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in. At Raakvat Rugby! we chat about rugby, and nothing other than rugby! We regularly discuss the latest news and developments in the world of rugby, from international to schools rugby and everything inbetween!
Author
Megafoon Sport!
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 23, 2024
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 1: Hendrik Cronjé vertel ons meer oor SA Rugby se ACKERLEY transaksie, die Springbokke en VRK nuus! 23.10.2024 56:48
Ons wil almal graag meer weet oor SA Rugby se beoogde transaksie met die Ackerley Sport Group! Ons het gesels met Hendrik Cronjé van Rapport en hy vertel ons wat die huidige stand van sake met die transaksie is! Ons gesels ook oor die Springbokgroep vir die November toetse en oor 'n paar spelerskuiwe wat in die nabye toekoms in die URC kan gebeur!
Episode 10: Is die kies van Sacha die begin van die einde vir die ouer Springbokke? Wat is Rassie se planne? 08.08.2024 42:52
Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoewel Handré Pollard op die bank ingesluit is, kan mens nie help om te wonder hoe die pad vorentoe vir die ouer Springbokke lyk nie, MW en Simon gesels ook oor die nuwe reëls en of die Springbokke hierdie Kampioenska ten alle koste moet w...
Episode 9: Rassie se nuutste eksperiment om Duane te vervang. Is Elrigh Louw 'n beter opsies as Evan Roos? 05.08.2024 43:13
MW en Simon gesels oor net mooi alles - van skolerugby tot Curriebeker tot sewes tot die Springbokke!
Episode 8: Rassie, kry tog nou net vir Manie Libbok 'n skopafrigter asseblief! Vir die Springbokke se onthalwe! 05.08.2024 36:05
'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse. MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep w...
Episode 7: Waar het dinge skeefgeloop vir die Springbokke? PLUS: Is die nuwe geslag spelers die antwoord? 24.07.2024 1:07:40
En daar gaan staan verloor ons toe teen Ierland in die tweede toets! Wat het verkeerd geloop? Wat kan ons anders doen? Is dit tyd vir nuwe bloed? MW en Simon gesels oor die toetsreeks teen die Iere en kyk ook na die span wat vir die wedstryd teen Portugal gekies!
Episode 6: Verwag Rassie en Tony Brown te vinnig te veel van die Springbokke? PLUS: Al die naweek se aksie! 13.07.2024 1:08:18
Die Springbokke het nou wel vir Ierland geklop met hulle nuwe Tony Brown-wedstrydplan, maar daar is nog baie vrae om te beantwoord. Is die Springbokke fiks genoeg? Wat van die afbreekpunte? Is Kwagga die regte nommer 8? Pas Handré en Faf rerig in die spelpatroon in? Ons bespreek al hierdie en meer in hierdie week se Raakvat Rugby Podcast met Simon Riekert. Ons kyk ook na al die ander internasional...
Episode 5: Rassie gaan groot met Sacha! Wat is die Springbokplan teen die Iere? PLUS: Al die naweek se aksie! 08.07.2024 1:00:38
Springbok afrigter Rassie Erasmus het ‘n paar wenkbroue laat lig, maar niemand kan rerig foutvind met sy span teen Ierland vir die naweek nie. Die beginspan wemel van Wêreldbeker wenners, terwyl die groot verrassing (as mens dit so kan noem) die keuse van Sacha Feinberg Mngomezulu in ‘n 6-2 bank is. Die keuse van twee slotte gee die opsie van ‘n vars vaste vyf en alles dui daarop dat die uitgeslap...
Episode 4: Wat het gebeur met Jake White se mediakonferensie? PLUS: Wat ons dink van die Springbokgroep! 08.07.2024 28:52
Ons is nou al oor die skok van die Bulls wat op Loftus teen Franco Smith se Glasgow Warriors verloor het, maar die tonge klap nog steeds oor Jake White se perskonferensie na die tyd. Ons het bietjie gesels oor wat alles daar aangegaan het. Verder kyk ons ook na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings!
Episode 3: Gaan die Vodacom Bulls Glasgow kan gaffel? En ons gesels oor Rassie se eerste Bokspan van die jaar! 20.06.2024 56:25
Episode 3: Nou ja toe, die Bulls het almal verras en Leinster in 'n spannende wedstryd geklop, en hierdie naweek moet hulle die uitgeslape Franco Smith se Glasgow Warriors aandurf. MW en Simon kyk na laas naweek se halfeindwedstryde, en gesels oor wat ons hierdie naweek op Loftus kan verwag. Laastens kyk ons na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is d...
Episode 2: Gaan die Bulls Leinster looi op Loftus? En ons kies ook ons eerste eie Springbokspan van die jaar! 17.06.2024 52:41
Die Bulls het maar swaar geleef teen Benetton en die naweek kom Leinster met al hulle sterre Pretoria toe! Kan die Vodacom Bulls amper die hele Ierse nasionale span die loef afsteek? MW en Simon bespreek die Bulls en Leinster se kanse in hierdie spannende uitklopwedstryd. MW en Simon kyk ook na Munster teen Glasgow in die ander halfeindstryd in Ierland. Kan Franco Smith se manne almal verras en di...
Episode 1: Wat ons verwag van die Bulls en die Stormers in die URC Kwarteindes 17.06.2024 44:16
Die Bulls het alle verwagtinge oortref en tweede op die VRK punteleer geëindig, terwyl die Stormers bietjie teleurgestel het en in die vyfde plek beland het. Dit beteke die Bulls speel die naweek tuis teen Benetton terwyl die Stormers Glasgow moet reis om Franco Smith se manne daar te gaan aanpak. MW en Simon het gesels oor die VRK toernooi se sukses, gekyk na die Stormers se vertonings en kanse d...
Raakvat Rugby Omnibus: Episode 1 21.05.2024 1:20:01
ns doen dinge ‘n bietjie anders van nou af! In plaas van verskillende videos vir elke span, het ons al die gesprekke in een video gekombineer, en jy kan nou na die Bulls, die Lions en die Stormers se besprekings kyk in een video, en dan gesels ons ook sommer oor die SA Cup ook! Jy kan ook vooruit spring en na jou gunsteling span se bespreking gaan kyk – jy hoef nie na alles te kyk nie! Binnekort g...
S2E1: Het skeidsregterblapse die Lions 'n oorwinning gekos? 30.01.2024 32:23
Die Lions het so byna-byna laasjaar se oorwinning teen die Bulls op Loftus herhaal, maar 'n paar foute deur die skeidsregter het Lions-ondersteuners na hul vlugsout laat gryp. Ons het die wedstryd bespreek met Simon Riekert en Toeks Kotzé, en 'n paar interessante dinge wysgeword. Ons kyk ook na die res van die URC seisoen, wat nou presies halfpad is en bespreek oor die probleme rondom Emir...
S1E22: Rugby: Hoe ons dink die Wêreldbeker gaan uitspeel! 06.09.2023 20:40
Die Wêreldbeker begin hierdie week en die opgewondenheid neem toe! Ons gesels bietjie oor die vier groepe en wie ons dink kan elkeen wen. Ons voorspel dan ook die vier kwarteindrondtes, die halfeindrondtes en waag natuurlik ons groot voorspelling: Wie in die eindstryd gaan speel! Luister saam en laat weet wat jy dink!
S1E21: Kan die Bokke sonder die Jacques en Rassie breintrust? 03.09.2023 24:04
Ons almal weet Jacques Nienaber is is pad Ierland toe na die Wêreldbeker, en almal verwag dat Rassie nog 'n paar jaar gaan bly en oorneem as afrigter. Maar die twee was nog altyd 'n gedugte kombinasie, en ons vra die vraag of die verlies van hierdie saamspan, die Bokke negatief gaan beïnvloed. Ons wonder ook oor wat kan gebeur as Rassie besluit om die pad te vat Ierland toe, en kyk na die...
S1E20: Dis net suur druiwe, Jeff Wilson! 03.09.2023 17:48
Die All Blacks weet nie hom om te verloor nie! Dis baie duidelik gemaak nadat die Bokke hulle met 'n rekordtelling twee weke voor die Wêreldbeker afgeransel het, en Nieu-Seelandse kommentators na enige strooihalmpie begin gryp het om dit te verklaar. Rassie en Jacques het met innoverende denke ook al weer die rugbywêreld aan die gons, net soos in 2019. Daar is ook groot gewag gemaak van die Bo...
S1E19: Wat op aarde het met die All Blacks gebeur?! 03.09.2023 33:34
Ons kyk terug na die laaste opwarmingswedstryde vir die Wêreldbeker wat die naweek plaasgevind het. Natuurlik was die groot storie die Bokke wat die All Blacks op verrassende wyse van die veld af gespeel het, maar daar was onmiddelik 'n hele paar stemme wat opgegaan het dat die All Blacks nie hulle bes probeer het nie, en dat die Bokke nie rerig so goed was as wat ons gemeen het nie. Ons gesel...
S1E18: Hierdie is geen vriendskaplike wedstryd nie! 03.09.2023 31:33
In ons naweek voorskou, gesels oor die wedstryd teen die All Blacks, en vra die vraag hoekom ons nou juis 'n opwarmingswedstryd moet speel teen ons aartsvyande twee weke voor die Wêreldbeker. Ons bespreek die belangrikste rolspelers en gee soos gewoonlik ons voorspelling van die telling. Ons kyk ook vlugtig na die ander wedstryde wat die naweek gespeel gaan word. Onthou ons gaan die wedstryd t...
S1E17 Kan ons die Wêreldbeker aanpak sonder 'n betroubare skopper? 21.08.2023 31:01
Ons kyk soos gewoonlik terug na die naweek se wedstryde en bespreek veral die Springbokke se vertoning. 'n Paar spelers het hulle hande hoog in die lug opgesteek, maar Manie Libbok het nog steeds 'n klomp vraagtekens rondom sy skopwerk. Is hy die antwoord vir die Bokke, of is dit tyd om Pollard op 'n manier in die groep te kry? Ons kyk ook na die Iere teen die Engelse, asook hoe Frankr...
S1E16 Druk ons Siya te gou? 21.08.2023 30:15
Die tyd vir eksperimente is amper verby, en die naweek se wedstryd teen Wallis is een van die heel laaste kanse om 'n paar dinge te probeer. Siya Kolisi het wonderbaarlik binne 109 dae herstel van 'n besering wat tipies tussen 6 en 9 maande vat, en hy kry Saterdag kans om sy staal te wys. Is dit te gou, of is dit deel van Jacques Nienaber se plan om sy spelers "battle-hardened" t...
S1E15 Die Owen Farrell klug is 'n skreiende skande! Hier is wat ons dink daaroor 17.08.2023 18:12
Owen Farrell het dit alweer reggekry. Die Houdini van rugby het weereens daarin geslaag om weg te kom van 'n blatante oortreding met niks meer as 'n raps oor die kneukels nie. Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie! Luister gerus en laat hoor van jou!
S1E14 Was Farrell 'n Springbok, was sy Wêreldbeker verby! 16.08.2023 17:02
Die groot gegons die naweek was nie oor die rugby nie, maar oor Owen Farrell wat kort voor die Wêreldbeker 'n rooi kaart gekry het. Hy het reeds jare 'n reputasie vir sy skouerlope (ons onthou nog die Andre Esterhuizen sage) en hy behoort na regte 'n groot gedeelte van die Wêreldbeker te mis. Die vraag is egter nou of Wêreldrugby konsekwent gaan wees en hom skors soos dit hoort, en of...
S1E13 Wat is die storie met die weglatings?! 13.08.2023 27:13
Ons het 'n dag of twee gewag vir die stof om te gaan lê voor ons die Bokgroep bespreek het. Ons gesels lekker oor die groot geleentheid toe die groep aangekondig is, oor Lood se skielike siekte en dan gee ons ons menings oor die groep en wat ons dink agter die skerms aan die gang is. Luister gerus en laat hoor van jou!
S1E12 Ons het 'n paar onkonvensionele voorspelerkeuses gemaak! 13.08.2023 11:11
Ons voorspelerkeuses is effens kontroversieël, maar ons glo ons keuses sal die Bokke kan help om die beker suksesvol te verdedig. Die groot vraag na ons mening is wie van Franco Mostert of Jean-Luc du Preez die jawoord moet kry. Kyk wat ons dink hieroor en watter ander idees ons het. Ons hoor graag wat julle dink van ons keuses, waar ons raakvat en waar ons mistas, maar ons dink hierdie is 'n...
S1E11 Hier is dit nou! Ons keuses vir die agterspelers vir die Wêreldbeker! 13.08.2023 14:23
Na baie kopkrap, debatteer, foonoproepe, gissings en raaiskote kan ons nou uiteindelik ons keuses vir die agterspelers vir die Springbokgroep wat Wêreldbeker toe gaan vir julle wys! Ons hoor graag war julle dink van ons keuses, waar ons raakvat en waar ons mistas, maar ons dink hierdie is 'n goeie, gebalanseerde span. Moenie dit misloop nie!
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.