Megafoon Sport!
Raakvat Rugby!
By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in. At Raakvat Rugby! we chat about rugby, and nothing other than rugby! We regularly discuss the latest news and developments in the world of rugby, from international to schools rugby and everything inbetween!
Author
Megafoon Sport!
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 23, 2024
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
S1E10 Kies my Coach, kies my! 13.08.2023 14:29
Die Springbokke het bo verwagting goed gevaar teen Argentinië en op die ou end 'n gemaklike oorwinning behaal. Dit nou ten spyte van die laslappie voorkoms van die span en 'n vyandige skare! 'n Hele paar spelers het hulle hande hoop in die lug opgesteek om die afrigters se aandag te trek, met Canan Moodie aan die voorpunt, wat natuurlik vir 'n paar nuwe kopsere gaan sorg! Ons bespr...
S1E9 Gaan die Pumas die Bokke opvreet en uitspoeg? 13.08.2023 28:15
Argentinië het naelskraaps verloor teen 'n baie goeie Springbokspan laas naweek, en hulle is vasbeslote om hierdie naweek in Buenos Aires die bordjies te verhang! Jacques Nienaber het 'n klomp spelers 'n laaste kans gegee om vir 'n plek in die Wêreldbekergroep te kompeteer, so die span gaan waarskynlik sukkel met kohesie. Gaan die Bokke die Pumas se verwoede aanslag kan afweer?
S1E8 Was die skeidsregter reg? (of hopeloos verkeerd?) 03.08.2023 32:00
Ons gesels oor die Bokke se kommerwekkende vertoning teen Argentinië, die hele Grant Williams sage en kyk ook na ons idee van die span hierdie komende naweek.
S1E7 Ons kyk na Jacques se keuses met die voorspelers vir die toets teen Argentinië! 29.07.2023 38:03
In die tweede deel van ons Bokspan analise vir die toets teen Argentinië, kyk ons na die voorspelers en hoekom Jacques spesifieke spelers gekies het. Die grootste verrassing was die insluiting van Trevor Nyakane, en ons bespreek dit en al die ander insluitings.
S1E6 Hoekom het Jacques hierdie Springbokspan gekies? Ons gesels eerstens oor die agterlyn. 29.07.2023 32:50
Jacques Nienaber het 'n baie sterk span gekies vir die wedstryd teen Argentinië, maar daar was nogal 'n paar verrassings in. In die eerste deel van ons Bokspan analise, kyk ons na die agterlyn en hoekom Jacques spesifieke spelers gekies het.
S1E5 Ons kies ons eie Springbokspan! Stem jy saam? 25.07.2023 28:25
Die naweek is die laaste rondte van die Rugbykampioenskap. Suid-Afrika speel teen Argentinië en het nog 'n (baie) klein kans om die kampioenskap te wen as Australië 'n haas uit die hoed trek en die All Blacks klop - maar nou ja, dis wensdenkery. Ons bespreek dit en kies 'n span wat ons dink Saterdag teen die Pumas gaan kan uitdraf. Ons kyk ook na ander internasionale wedstryde want alles maak nou...
S1E4 Hoekom Skotland ons belangrikste wedstryd gaan wees! 22.07.2023 21:37
Op die Springbokperskonferensie gister, het arigter Jacques Nienaber oop kaarte gespeel oor wat alles verleerd geloop het teen die All Blacks. Die afrigtingsspan strewe daarna om te alle tye objektief te bly en nie toe te laat dat emosies hulle denke beïnvloed nie, en voorsien dus nie enige drastiese veranderings nie. Hy bespreek die Springbokke se pad na die Wêreldbeker finaal en watter wedstryde...
S1E3 Suid-Afrika kry 'n onaangename verrassing! 22.07.2023 35:45
Die All Blacks het met windmakerspel die wind heeltemal uit 'n oorblufte Springbokspan se seile gehaal, en alhoewel ons teruggeveg het soos altyd, was dit alreeds te laat. Ons gesels met Simon Riekert oor wat nou eintlik verkeerd gegaan het, en ons stel ook 'n moontlike span voor vir die wedstryd teen Argentinië. Ons gesels ook oor skeidsregters en die belaglike straf wat Johnny Sexton, kaptein va...
S1E2 Gaan skoppe ons die wedstryd kos? 22.07.2023 36:04
Die spanning loop hoog voor die naweek se wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke. Tegnies het die Springbokke laas in 2017 in Nieu-Seeland verloor en na laas naweek se oortuigende oorwinnings wat beide die Bokke en die All Blacks behaal het, is altwee spanne vol selfvertroue. Daar kan egter net een wenner wees, en die span wat hier met die louere wegstap gaan 'n sielkundige slag slaan v...
S1E1 Die Bokke LOOI die Aussies! [en Eddie se woorde boemerang!] 22.07.2023 33:06
Die Bokke het die Wallabies afgeslag Saterdag maar Eddie Jones se manewales het gedreig om die kollig te steel. Simon gee sy mening oor Eddie se tirade by die perskonferensie, en ons gesels ook oor die wedstryd en wat alles daar gebeur het.
Dis 'n titaniese stryd wat wag op Loftus! 22.07.2023 31:01
Eddie Jones, Jacques Nienaber en Rassie Erasmus is almal bekend as uitgeslape afrigters. Elke aspek word in die fynste detail beplan en wanneer sulke rugbybreine teen mekaar getoets word, kan 'n titaniese stryd verwag word. Australië onder Eddie Jones is 'n relatief onbekende faktor, terwyl die Bokke die voordeel van kohesie het en dat hulle mekaar baie goed ken!
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.