RSG
RSG Sport
'n Opsomming van die dag se sportgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rugby Wêreldbeker 1987 tot 2023 – Deel 4 05.08.2023 4:35
Die helde van 1987.
Rugby Wêreldbeker 1987 tot 2023 – Deel 3 05.08.2023 5:24
Die eerste Wêreldbekertoernooi toernooi van 1987.
Rugby Wêreldbeker 1987 tot 2023 – Deel 2 05.08.2023 5:04
Die Web Ellis-trofee.
Rugby Wêreldbeker 1987 tot 2023 – Deel 1 05.08.2023 4:51
Waar het rugby en die Wêreldbeker hulle ontstaan gehad?
Die Springbokke se verloor en Cheslin se "drie" 15.07.2023 8:30
Die Springbokke het 35-20 teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap vasgeval. Daar is sprake dat Cheslin Kolbe 'n tweede drie moes gekry het, maar dis nie deur die TV-skeidsregter toegeken nie. Jody Hendricks het die voormalige skeidsregter, Freek Burger, gevra of dit 'n drie was of nie.
SA afrigters by Wimbledon 15.07.2023 16:47
Wimbledon kom die naweek tot ’n einde. Jody Hendricks het met tennisafrigter Stefan de Kock gesels oor die toernooi, en die Suid Afrikaanse afrigters wie se spelers vanjaar presteer het.
Junior Springbokke kry brons 15.07.2023 9:07
Die Junior Springbokke het die bronsmedalje by die onder-20 Rugbykampioenskap in Kaapstad verower. Hulle het Engeland 22-15 geklop. Jody Hendricks het met die span se kaptein, Paul de Villiers, oor die toernooi gepraat.
Saffas sonder werk toe London Irish vou 10.06.2023 9:06
Twee Suid-Afrikaanse rugbyspelers, die senter Benhard Janse van Rensburg en haker Mike Willemse, asook die hulpafrigter Corniel van Zyl soek werk nadat die Engelse Rugbyunie London Irish uit sy klubligas geskop het. Jody Hendricks het met Corniel van Zyl oor die week se gebeure in London gepraat.
Mark Williams praat oor Clive Barker 10.06.2023 10:11
Clive Barker wat afrigter van Bafana Bafana was toe die span in 1996 die Afrikanasiesbeker gewen het, is in die ouderdom van 78 oorlede. Jody Hendricks het met die voormalige Bafanaspeler Mark Williams oor Barker se loopbaan gepraat.
Erelid van Fietsry SA gesels oor die helde van weleer 29.04.2023 22:07
Fetsry SA het die tweede sportfederasie geword, naas rugby, wat sy helde van weleer vereer. Charles Beukes gesels oor hierdie plegtigheid van erkenning en versoening.
Bevin Fortuin - van die Suid-Kaap na die Vrystaat 22.04.2023 23:17
Bevin Fortuin het in Blanco in die Suid-Kaap grootgeword. Hy het sy loopbaan by die SWD Arende begin, voor hy in 2005 na die Cheetahs in Bloemfontein geskuif het. Dit is daar waar hy 'n Springbok geword het. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan en die lewe ná rugby.
Hoërskoolleerder kruip oor wenstreep en kry silwer! 08.04.2023 10:42
Carla Mackenzie gesels met Elandri Schmidt, 'n veelsydige atleet van die Hoër Meisieskool Bloemhof, oor haar deursettingsvermoë en veerkragtigheid.
Die koning van Paarlberg 01.04.2023 10:19
Carla Mackenzie gesels met oudrenjaer Hennie Mostert se seun en dogter oor hulle pa se nalatenskap, en sy motor wat uitgestal word by die Franschhoek Motormuseum.
SA Dowe Sewes by Wêreldbeker in Argentinië 18.03.2023 7:49
Die Springbok Dowe Sewesspan sal in April aan die Wêreldbeker in Argentinië deelneem. Die span se Direkteur van Rugby Peter De Villiers sal ongelukkig nie met die span reis nie. Hulle afrigter, Marilize van der Merwe, praat oor die span se voorbereiding.
Chris Jooste wen Kaapstad Fietstoer 18.03.2023 14:16
Chris Jooste her verlede week sy eerste Kaapstad Fietstoer-titel ingeplam. Hy het die wenstreep in 'n tyd van 2 uur 36 minute en 14 sekondes oorgesteek. Hy vertel vir Jody Hendricks van sy voorbereiding en loopbaan.
Benni McCarthy kry lof vir rol by Man United 18.03.2023 15:05
Manchester United is tans derde op die Engelse Premierliga se punteleer. Ons eie Benni McCarthy kry baie krediet vir hoe die span vanjaar vaar. Jody Hendricks gesels met Mccarthy se voormalige Bafana-spanmaat Tyren Arendse oor die impak wat Mccarthy by United het.
SA vonkel by Bahrain Grand Prix 04.03.2023 8:28
Het jy geweet dat die vonkelwyn vir die Bahrain F1 Grand Prix in Suid-Afrika vervaardig en gebottel word? Bernus van der Westhuizen van Wellington vertel vir Fritz Klaaste hoe dit gebeur het dat sy vonkelwyn elke jaar op die wennerspodium gebruik word.
Alliansies en samewerkingsooreenkomste 11.02.2023 4:50
Alliansies en samewerkingsooreenkomste is die jongste gonswoorde in die rugbywêreld. Jody Hendricks het gaan ondersoek instel oor 'n ooreenkoms tussen 'n span van Frankryk en die VSA wat verlede week onderteken is.
Renaldo Bothma praat rugby 04.02.2023 15:16
Jody Hendricks praat met die voormalige rugbykaptein van Namibië, Renaldo Bothma, oor die week se rugbynuus.
Rikenette Steenkamp tree uit 04.02.2023 10:55
Die Suid Afrikaanse 100 m-hekkiesatleet, Rikenette Steenkamp, het haar uittrede aangekondig. Jody Hendricks gesels met haar oor haar sportloopbaan en toekomsplanne.
Die belangrikheid van fiksheid in spansport 04.02.2023 21:55
Die rol van fiksheid het onder die loep gekom nadat Dane van Niekerk uit die vroue Proteaspan vir die T20-krieketwêreldbeker weggelaat is. Jody Hendricks bespreek hoekom fiksheid in 'n spansport belangrik is met Tinus van Staden, sportredakteur by Rapport, en prof. Wilbur Kraak, ‘n sportwetenskaplike by Maties.
2023 MotoGP-voorskou 14.01.2023 8:04
Die 2023 MotoGP-kampioenskap begin vir die eerste keer in 16 jaar in ‘n ander land, hierdie keer in Portugal op 26 Maart, met 21 Grand Prixs, wat insluit nuwe bane in Indië en Kazakhstan. Fritz Klaaste gee ‘n voorskou van die seisoen.
Atletiek-hoogtepunte van 2022 14.01.2023 19:20
2022 was 'n besige jaar vir Suid-Afrika se baan- en veldatlete. Die langafstandatlete kon ook weer aan wedlope deelneem. Jody Hendricks kyk terug na wat alles in 2022 op die atletiekbaan gebeur het, en wat ons in 2023 van ons atlete kan verwag.
Sokker Premierliga-hoogtepunte van 2022 07.01.2023 12:07
Ian Morris kyk terug na die hoogtepunte van 2022 se sokker Premierliga.
Fietsry, Roei en Kanovaart-hoogtepunte van 2022 07.01.2023 10:20
Heinrich Schulze gee 'n oorsig van die hoogtepunte van Fietsry, Roei en Kanovaart in 2022.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.