RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 359 episodes

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Author

RSG

Category

Sports

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kaapstad E-prix 10.07.2021

Suid-Afrika het ‘n ryke geskiedenis met elektriese motors sedert die Joule in 2005 bekendgestel is. Die promosie van elektriese vervoer en tegnologie kom nou weer terug in ‘n nuwe opwindende formaat, die Kaapstad E-prix op 26 Februarie 2022. Fritz Klaaste praat hieroor met Iain Banner, voorsitter van die e-Movement, die inisiatief agter die suksesvolle bod.

Suid-Afrika in die Olimpiese Spele 10.07.2021

Chris Swanepoel en Johann Russouw neem jou deur die geskiedenis van Suid-Afrika se deelname aan die Olimpiese Spele.

Schalk Burger senior 29.05.2021

Die voormalige Springbok, Schalk Burger senior, se boek JUST A MOMENT is onlangs bekendgestel. Jody Hendricks het met hom gepraat oor sy lewe as rugbyspeler, sakeman, wynboer en pa.

Boeta Dippenaar 17.04.2021

Boeta Dippenaar het Suid-Afrika in een dag-, toets- en T20-krieket verteenwoordig. Deesdae is hy ‘n vlieënier. Jody Hendricks het met hom oor sy loopbaan en lewe gepraat.

Tennis en Covid-19 10.04.2021

Vanjaar se Franse Ope tennistoernooi is met ‘n week uitgestel weens die coronaviruspandemie. Die Franse Tennisfederasie het aangekondig dat die toernooi nou op 30 Mei sal begin, en nie meer op 23 Mei nie. Die toernooi sal op 13 Junie eindig, twee weke voor Wimbledon na verwagting sal begin. Die Franse Ope is verlede jaar met vier maande uitgestel. Frankryk is tans in ‘n derde nasionale staat van i...

Aanlynplatform vir sportwerkers 10.04.2021

www.ask4online.co.za is 'n nuwe aanlynplatform wat mense wat op alle vlakke van sport werk die geleendheid gee om deel te wees van 'n gemeenskap wat sport bevorder. Jody Hendricks praat hieroor met Jacques Faul.

Jannie du Plessis 10.04.2021

Die Noord-Vrystaat is nie net bekend vir sy bydrae tot die landbousektor nie, maar ook vir die aantal profesionele rugbyspelers en spesifiek Springbokspelers wat die streek al opgelewer het. Twee van die bekendstes is sekerlik die Du Plessis-broers, Bismarck en Jannie. Jody Hendricks het met dr. Jannie du Plessis gepraat oor sy rugby- en boerderyloopbaan.

Gary Player 03.04.2021

Gary Player word deur die meeste mense gereken as Suid-Afrika se grootste sportman ooit. Hy word vanjaar 85 jaar oud. Pieter van den Berg het met Gary se 80ste verjaarsdag hierdie hoorbeeld saamgestel…

Corné Krige 13.03.2021

Min Suid-Afrikaanse rugbyspelers het soveel reaksie by ondersteuners én opponente uitgelok as Corné Krige. As rugbyspeler was hy dikwels briljant, soms omstrede, maar altyd toegewyd. Hy het elke wedstryd passievol en met moed aangepak, en die leiding geneem. In sy loopbaan as speler en spankaptein tydens Suid-Afrikaanse rugby se mees onstuimige jare, het hy oorwinnings én nederlae gesmaak. Hy vert...

Boeta Dippenaar oor dag/aand krieket 27.02.2021

Die dag/aand krieketformaat is die eerste keer in 2015 gespeel. Sedertdien was daar baie kritiek oor hierdie formaat, soos die pienk bal en die spreiligte. Jody Henndricks wou by die voormalige Proteaspeler, Boeta Dippenaar, weet wat hy van van die formaat dink.

Errol Tobias 27.02.2021

Dis vanjaar 40 jaar sedert Errol Tobias die eerste swart Springbokspeler geword het. Hy het in Mei 1981 op binnesenter sy buiging in die groen-en-goud teen Ierland gemaak. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan.

Schalk Burger 20.02.2021

Groot Schalk Burger het in ses toetse vir die Springbokke gespeel. Jody Hendricks het met hom oor sy loopbaan gepraat.

Kobus Wiese 13.02.2021

Op 125 kg was Kobus Wiese een van die staatmakers in die Bokspan wat die 1995 Rugby Wêreldbeker gewen het. Hy was nog nooit aan die verloorkant as hy in die begin vyf vir die Bokke was nie. Jody Hendricks vra hom uit oor sy lewe en loopbaan.

Sportstories van die kantlyn af - Amateursport 23.01.2021

Die beoefening van amateursport het oor baie jare heen ‘n groot onreg aan ‘n menige sportmanne en -vroue gedoen, omdat vele uitstekende sportlui verbied is om aan groot internasionale sportkompetisies deel te neem, omdat hulle geklassifiseer is as professionele sportbeoefenaars. Johann Russouw kyk na die ontstaan en dood van amateurisme in sport.

Die ABC van krieket 23.01.2021

Krieket kan 'n baie ingewikkelde sport wees vir 'n leek. Ettienne Ludick kyk kortliks na die basiese dinge wat jy moet weet van krieket as jy dit vir die eerste keer begin volg.

Sportstories van die kantlyn af - Rugby by die Olimpiese Spele 16.01.2021

Het jy geweet dat die eerste swart atleet wat ‘n goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het, ‘n rugbyspeler was en nié die atleet George Poage nie, soos deur die meeste geskiedskrywers beweer word. Johann Russouw vertel die geskiedenis van rugby by die Olimpiese Spele.

Ruben van Heerden 16.01.2021

Ruben van Heerden word as een van die land se belowendste rugbysplelers beskou, en is een van die Haaie se beste spelers in vanjaar se Curriebekertoernooi. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan, die impak wat Covid-19 op sy span gehad het, en die geleenthede vir spelers vandat ‘n Amerikaanse maatskapy die mederheidsaandeel in die Haaie-unie besit.

Sportstories van die kantlyn af - Professionele sokker in SA 09.01.2021

Sokker is sedert 1880 in die destydse Kaapkolonie en Natal gespeel, en die Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging is in 1892 gestig - 18 jaar voordat die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het. Johann Russouw vertel hoe en wanneer professionele sokker in Suid-Afrika tot stand gekom het.

Formule 1 in 2021 09.01.2021

Die 2020 F1-jaar is in die wiele gery deur die Covid-19-pandemie en het spanne, FIA én ondersteuners se sake deurmekaargekrap, veral as in gedagte gehou word dat ondersteuners jare vooruit hulle reis- en verblyfreëlings tref. Die hoop is dat die nuwe seisoen sonder enige probleme sal plaasvind. Fritz Klaaste gee 'n voorskou van die 2021-seisoen, die seisoen met die meeste wedrenne in die geskieden...

Die ABC van rugby 09.01.2021

Dramatiese beslissings deur rugbyskeidsregters oor die jare het gelei tot tot baie verskille en omstredenheid. Johan Rademan praat met Ben Theron, die bestuurder skeidsregteraangeleenthede van WP Rugby.

Die ABC van sokker 02.01.2021

Het jy geweet dat sokker net 17 reëls het, waarvan slegs nege regstreeks betrekking het op die spel en die spelers se gedrag op die veld? Johann Russouw bespreek die basiese reëls van sokker.

Dakar 2021 02.01.2021

Die 43ste Dakartydren begin op Sondag 3 Januarie in Jedda in Saoedi-Arabië en eindig op Vrydag 15 Januarie in dieselfde stad. Dit vind vir die tweede keer in daardie land plaas nadat die tydren aan Suid-Amerika onttrek is. Fritz Klaaste praat met Suid-Afrika se voorste deelnemer en een van die gunstelinge om te wen, Giniel de Villiers, oor Toyota Gazoo Hilux Suid-Afrika se kanse in dié uitmergelen...

Sportstories van die kantlyn af - Gholf by Olimpiese Spele 02.01.2021

Het jy geweet dat die eerste vrou wat ‘n medalje by die Olimpiese Spele gewen het, ‘n gholfspeler was? Johann Russouw vertel die verhaal van gholf by die Olimpiese Spele, en dat Margaret Abbott nie eens geweet het dat sy ‘n Olimpiese kampioen was nie.

Liverpool se terugkeerjaar 02.01.2021

Liverpool het sy laaste top ligatitel in Engeland in die 1989/90 seisoen gewen, en sederdien het hierdie kroon die span van Anfield verskeie kere ontwyk. Twee seisoene van só naby, maar tog so ver is opgevolg met ‘n manjefieke vertoning in ‘n seisoen wat byna deur die Covid-pandemie in die wiele gery is. Dertig jaar ná hulle laaste titel, kon Liverpool uiteindelik spog dat hulle die topspan in Eng...

Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat oorsee speel 02.01.2021

Dit is veral rugbyspelers uit die Suidelike halfrond wat jaarliks deur die sterker geldeenhede in Japan, Europa en Groot-Brittanje gelok word om hulle brood en botter daar te verdien. Suid-Afrikaanse rugby het ook nie hierdie verskynsel vrygespring nie. Heinrich Schulze kyk na die geskiedenis van Suid-Afrikaanse spelers wat oorsee speel, en die hand-oor-hand toename van hierdie verskynsel die afge...

Listen to the RSG Sport podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.