RSG
RSG Sport
'n Opsomming van die dag se sportgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Fietsry in 2020 26.12.2020 12:10
Covid-19 het sy merk deeglik op die fietsrykalender afgedruk, en talle bekende fietsrenne het óf in die slag gebly, moes ingekort word, óf moes herskeduleer word. Tussendeur al die chaos, is daar wel van die ou bekende fietswedrenne en -toere wat tog vanjaar afgehandel is. Heinrich Schulze kyk na enkele van die hoogte- en laagtepunte op die internasionale en plaaslike fietsrykalender in 2020.
Sportstories van die kantlyn af - Olimpiese marathon 26.12.2020 7:18
Volgens oorlewering sou die Griekse geskiedskrywer, Herodotus, glo vertel het dat die boodskapper, Philippides, in 490vC van die slagveld by Marathon af na Athene gehardloop het. Na bewering sou hy uitgeroep het dat die Atheners die Persiese aanval suksesvol afgeweer en die geveg gewen het, waarna hy dood neergeslaan het. Dié heldedaad sou die oorsprong wees van die marathon-wedloop. Johann Russou...
Die Lewis Hamilton-dilemma - 'n Grand Prix van rekords 26.12.2020 12:32
Daar word in sekere kringe algemeen aanvaar dat Lewis Hamilton die beste renjaer is wat Formule 1 nog opgelewer het. Dit word egter betwis deur net so ‘n groot groep kundiges, deelnemers en renjaers. Fritz Klaaste kyk na die twee kante van hierdie saak.
Hokkie 26.12.2020 7:30
Lali Stander gesels met Keegan Kruger, medestigter van die sportwebwerf, The Pundits, waar hy hoofsaaklik rugby en sokker ontleed. Sy groot liefde is egter hokkie, 'n sport waarby hy reeds 15 jaar betrokke is as speler en afrigter op nasionale en provinsiale vlak Hy is tans die hoofafrigter van die seniorseuns- en meisiespanne by die DF Malan Hoërskool in die Kaap, en is ook betrokke by die opleid...
Gholf in 2020 19.12.2020 11:43
Baie minder gholftoernooie is vanjaar gespeel weens Covid-19. Daar was egter vele besprekingspunte oor wie gewen het, wie die beste rondes gespeel het en wie die verste kan slaan… Pieter van den Berg draai die horlosie so bietjie terug en herinner ons aan ‘n paar hoogtepunte.
Sportstories van die kantlyn af - Gimnastiek 19.12.2020 8:46
Primitiewe vorms van gimnastiek is al sedert 2000vC deur die Egiptenare beoefen. Johann Russouw vertel hoe gimnastiek ontwikkel het tot een van die aanskoulikste sportkodes van die moderne tyd.
Die ABC van fietsry 19.12.2020 6:45
‘n Fiets is lankal nie sommer meer net ‘n fiets nie. Sedert die eerste proefneming in 1817 van iets wat later as die fiets bekend sou staan, het fietse se vorm en gebruike dramatiese veranderings ondergaan. Heinrich Schulze kyk na die ontwikkeling van fietsry as sport, en die talle subsporte of dissiplines wat uit fietsry ontwikkel het en wat vandag amptelik erkenning geniet
Deutsche Tourenwagen Masters (DTM) en ADAC GT Masters 19.12.2020 10:07
'n Paar Suid-Afrikaners maak groot naam in die buiteland in verskeie motorwedrenformules, veral die Duitse formules, Deutsche Tourenwagen Masters (DTM) en ADAC GT Masters. Fritz Klaaste kyk na die twee broers, Kelvin en Sheldon van der Linde, se prestasie in dié reekse, en verwys ook na die Kapenaar, Jonathan Aberdein, se deelname.
Formule 1 in 2020 19.12.2020 12:26
Die 2020 Formule 1-seisoen sal lank onthou word as 'n unieke een. Dit was die swakste seisoen in 40 jaar vir Ferrari. Die seisoen is verkort na slegs 17 Grand Prixs a.g.v. Covid-19. n sewe jaar. En Romain Grosjean het 'n gru-ongeluk oorleef. Fritz Klaaste neem de jaar in oënskou.
Heyneke Meyer 19.12.2020 57:32
Die voormalige Springbokafrigter Heyneke Meyer, wat van 2008 tot 2012 die nasionale span afgerig het, het met Jody Hendricks oor sy loopbaan en nuwe boek gepraat.
Sportstories van die kantlyn af - Atletiek 12.12.2020 8:50
Johann Russouw vertel waar en hoe atletiek as ‘n mededingende sportsoort ontstaan het. ‘n Interessante feit is dat byna alle sportkodes wat om ‘n baan plaasvind, soos motorwedrenne en perdewedrenne kloksgewys daarom plaasvind. Atletiek is egter die uitsondering. Johann verduidelik hoe dit gebeur het dat atlete antikloksgewys om ‘n baan hardloop.
Die ABC van Sport - Gholf 12.12.2020 5:58
Gholf is een van daardie sportsoorte wat baie mense eers op ‘n laat stadium begin speel, miskien omdat hulle eers aan ander sportsoorte deelgneem het, en ‘n mens gholf tot op ‘n hoë ouderdom kan speel. Wat wel waar is, is dat dit moeilik lyk en vir baie mense vreesaanjaend is dat hy of sy dalk die balletjie sal mislaan. Pieter van den Berg fokus vandag op die ABC van gholf, wat dalk net sal maak d...
Rugby in 2020 12.12.2020 12:03
Johan Rademan gesels met oud-Bokkaptein, Divan Serfontein wat 19 toetse en 100 wedstryde vir die WP gespeel het, oor die ontwikkelinge in SA Rugby, die onderbreekte rugbyseisoen en die opkomende Bulle in die Curriebeker en eerste en enigste wenners van die Superrugby Unlocked-titel.
MotoGP en Moto3 12.12.2020 9:21
MotoGP het vanjaar die verbeelding van Suid-Afrikaners aangegryp toe die twee Binder-broers, Brad en Darryn, elkeen 'n Grand Prix gewen het. Brad het die Tsjeggiese MotoGP Grand Prix gewen, en Darryn die Moto3 Katalaanse Grand Prix. Fritz Klaaste kyk na die geskiedenis van hierdie sport wat vanjaar 71 jaar oud is, die 2020 seisoen, en die Binder-broers se prestasies.
Atletiek in 2020 05.12.2020 16:09
Soos met ander sportsoorte het Covid-19 ook 'n groot impak op atletiek gehad. Jody Hendricks kyk terug na alles vanjaar op én van die baan af gebeur het. Hy praat met een van die land se top atlete wat Covid-19 opgedoen het, en hoor by Wayde van Niekerk hoe die uitstel van die Olimpiese Spele sy jaar en herstelproses beïnvloed het. Een van die land te top atletiekafrigters vertel ook hoekom hy glo...
Die ABC van Sport - Swem 05.12.2020 7:42
Johann Russouw vertel hoe swem as ‘n sport ontwikkel het. Dit is veral interessant dat die meeste diere instinktief kan swem, maar dat die mens dié vaardigheid moet aanleer.
Sportstories van die kantlyn af - Sport 05.12.2020 6:49
Johann Russouw vertel waar en hoe die mens begin het met die beoefening van sport.
Moaner van Heerden 21.11.2020 25:09
Johannes Lodewikus (Moaner) van Heerden is 'n voormalige internasionale speler van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Hy het as slot gespeel. Sy seun, Wikus van Heerden, is ook 'n Suid-Afrikaanse internasionale speler wat vir Saracens in die Guinness Premiership gespeel het voordat hy in 2012 uitgetree het. Jody Hendricks het Moaner oor sy loopbaan gepraat.
Dorette Bardenhorst 31.10.2020 31:36
Dorette Bardenhorst het verlede jaar die pos as afrigter van die nasionale netbalspan by Norma Plummer oorgeneem. Jody Hendricks gesels met haar oor die nasionale liga, die uitdagings van Covid-19 en haar planne vir die Proteas.
Superrugby 25 Jaar - Derick Hougaard 17.10.2020 33:04
Die plaaslike Superrugby-reeks is tans aan die gang, en vanjaar sal die laaste keer wees wat Suid-Afrikaanse spanne hieraan deelneem. Na 25 jaar van Superrugby sal die Bulls, Lions, Stormers en Sharks van 2021 af aan die PRO16-toernooi deelneem. In hierdie reeks kyk Jody Hendricks kyk terug na 25 jaar van Superrugby. In die eerste aflewering praat hy met Derick Hougaard oor sy superrugby-loopbaan....
Johan Kleingeld 10.10.2020 20:30
Johan Kleingeld is 'n Suid-Afrikaanse pluimbalspeler. Hy was in 1998 en 2004 die mandsdubbelspelkampioen by die Afrika-kampioenskap. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan nuwe boek.
Wat gaan aan by Krieket SA? 10.10.2020 28:48
Krieket Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en die Olimpiese Komitee het blykbaar 'n dooiepunt bereik oor KSA se forensiese ouditverslag. SASKOK is van mening dat die werk van 'n onafhanklike taakspan wat die probleme in krieket moet ondersoek, belemmer sal word as hulle nie volledige toegang tot die verslag het nie. KSA sê hy kan nie die volledige verslag beskikbaar stel nie weens...
Nuweland - einde van 'n era 03.10.2020 42:02
Die einde van 'n 130 jaar lange era het op Saterdag 3 Oktober aangebreek met die laaste rugbywedstryd wat op Nuweland in Kaapstad gespeel is. Van nou af sal al die rugbypaaie in die Kaap na die Kaapstadstadion in Groenpunt lei.
Harold Verster 19.09.2020 20:58
Harold Verster vertlaat sy pos as bestuurshoof van die Cheetahs Rugbyunie aan die einde van September. Hy was langer as 50 jaar betrokke by die unie as speler en in verskeie poste in die raadsaal. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan in sport.
Rassie Pieterse 19.09.2020 36:10
Die doelwagter van die nasionale manshokkiespan, Rassie Pieterse, praat oor die impak wat Covid-19 op die sport en sy loopbaan gehad het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.