RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 359 episodes

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Author

RSG

Category

Sports

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Caster Semenya 12.09.2020

Die Olimpiese 800-meter-kampioen, Caster Semenya, sê sy sal nie toelaat dat Wêreld Atletiek haar weerhou van wie sy is nie. Sy het toegegee dat sy teleurgesteld is nadat 'n Switserse federale tribunaal haar appèl teen 'n arbitrasiehof se beslissing verwerp het. Die saak het gehandel oor Wêreld Atletiek se bepaling dat vroue-atlete met 'n natuurlike hoë testosteroonvlak, medikasie moet neem om dit...

Namibiese rugbyspelers wat in SA naam gemaak het 05.09.2020

Heinrich Schulze vertel van Namibiese rugbyspelers wat naam in Suid-Afrika gemaak het. Een van hulle was Kobus Germishuys. Daar is 'n lang rugbygeskiedenis tussen die twee lande.

Wynand Claassen 05.09.2020

Wynand Claassen was die 37ste Springbokkaptein. Hy het eers vir Noord-Transvaal en later vir Natal gespeel. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan.

Is die Southern Kings dood? 29.08.2020

Die Southern Kings het aangekondig dat hulle nie vanjaar aan enige toernooie sal deelneem nie. Dit is 'n groot terugslag vir die unie wat al sedert 2013 veg om stabiliteit te verkry. Kenners meen dit kan die finale spyker in die doodskis vir die unie wees. Jody Hendricks praat hieroor met die sportredaktuer van die Son, Francois de Wet.

Stadions na die inperking 29.08.2020

Covid-19 het die sportlandskap verander, en daar is onsekerheid oor wanneer toeskouers weer 'n sportstadion sal kan besoek om 'n wedstryd te kyk. Wanneer die stadions oopgestel word, sal daar verekeie regsaspekte wees waaraan hulle en die toeskouers sal moet voldoen. Jody Hendricks praat hieroor met Joanie van Vuuren van Webber Wentzel.

Dannel Kruger 29.08.2020

Jody Hendricks praat met Dannel Kruger, media- en bemarkingsassistent by die Blou Bulle, oor haar lopbaan en liefde vir sport.

Stephan Cloete sterf 29.08.2020

RSG-rugbykommentator Stephan Cloete is Donderdag oorlede. Hy word beskou as een van Bloemfontein se Groot sportgeeste. Hy was nie net rugbykommentator nie, maar ook hoof van sport by die Departement Korrektiewe Dienste in die Vrystaat. Jody Hendricks praat met Johan Thormalen wat agt jaar lank rugby saam met Stefan vir RSG in Bloemfontein uitgesaai het.

Danie Gerber 08.08.2020

Springboklegende Danie Gerber en sy dogter Elanie het vandag die einde van hulle coronavirus-kwarantyntydperk by hulle huis in Bluewater Bay in Port Elizabeth gevier. Die 61-jarige Gerber, wat in sy rugbydae as die Doring van Despatch bekend gestaan het, het positief getoets nadat hy baie gereis het voordat die inperkingstyd afgekondig is. Elanie het negatief getoets, maar haar ma is nog in kwaran...

Peter de Villiers 01.08.2020

Jody Hendricks praat met die voormalige Springbokafrigter, Peter de Villiers, oor sy loopbaan en sy verhouding met spelers, rugbyowerhede en die media.

Ruan Pienaar 25.07.2020

Ruan Pienaar het 89 toetse vir die Springbokke gespeel, en speel sedert 2010 vir Ulster op skrumskakel. Hy het voorheen die Sharks in Superrugby en die Haaie in die Curriebeker verteenwoordig. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan in die Rugbywêreldbeker in 2007. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan.

Noord of Suid vir SA Rugby? 25.07.2020

Daar is onsekerheid oor Suid-Afrikaanse spanne se deelname aan SuperRugby. Volgense mediaberigte in Nieu-Seeland wil hulle nie meer spanne van Suid-Afrika in die toernooi wil hê nie. Waar lê die toekoms van SA Rugby? In Europa of in die Suidelike halfrond? Jody Hendricks bespreel dit met Eugene Ellof en Tinus van Staden.

Frans Steyn 18.07.2020

Frans Steyn is een van slegs twee Springbokke wat die Rugby Wêreldbeker tweee keer gewen het. Ná ses jaar oorsee, is hy terug in Suid-Afrika om sy loopbaan by die Cheetahs in Bloemfontein voort te sit. Jody Hendricks praat met hom oor die soet en suur van sy loopbaan.

Die stand van klubrugby 18.07.2020

SARU het die klubrugbyseisoen gekanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie. Jody Hendricks kyk na die stand van klubrugby in Suid-Afrika, en die impak wat die besluit op klubs het.

Hoërskoolrugby 11.07.2020

Jody Hendricks kyk na die stand van hoërskoolrugby, en vra of dit nie te profesioneel geword het nie.

Gio Aplon 11.07.2020

Die Bulls het aangekondig dat die voormalige Springbok, Gio Aplon, by hulle gaan aansluit. Aplon het in sy in 17 toetse vir die Bokke uitgedraf, en was bykans 'n dekade by die Stormers en WP. Hy het die afgelope paar jaar vir spanne in Frankryk en Japan gespeel.

Moet o-13 Cravenweek geskrap word? 04.07.2020

Daar is 'n gevoel onder rugbykenners dat die onder-13 Cravenweek geskrap moet word omdat baie van die spelers nie verder in hulle loopbaan presteer nie. Jody Hendricks het met `n paneel kundiges hieroor gepraat.

Hennie le Roux 04.07.2020

Hennie le Roux was onderkaptein van die Bokspan wat in 1995 die Rugby Wêreldbekertoernooi op eie bodem gewen het. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan en lewe ná rugby.

1995 Rugby Wêreldbeker - 25 jaar later 27.06.2020

Jody Hendriks praat met Francois Pienaar en Johan Rademan oor die Bokke se 1995 Rygby Wêreldbeker-oorwinning 25 jaar gelede.

Luiperds - 100 jaar 27.06.2020

Jody Hendriks praat met prof. Manie Spamer, voormalige afrigter van die Luiperds, oor die unie se honderdjarige bestaan.

Swem en Covid-19 20.06.2020

Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, sê alle sportliggame en -klubs sal 'n beampte moet aanstel wat moet toesien dat daar aan gesondheidsmaatreëls voldoen word. Mthethwa het in Pretoria aangekondig dat alle professsionele sportlui weer kan begin oefen, onder meer rugby-, krieket-, en sokkerspelers. Nie-kontaksport soos atletiek, krieket, tennis, swem en gholf kan weer meeding,...

Derick Hougaard 20.06.2020

Derick Hougaard het in sy loopbaan vir die Leicester Tigers en Saracens in Engeland asook vir die Bulls en Blou Bulle in Suid-Afrika gespeel. As internasionale speler het hy in agt toetse vir die Springbokke uitgedraf, ook tydens die Rugbywêreldbeker in 2003. Jody Hendrickd het met hom oor sy loopbaan en lewe ná rugby gepraat.

2010 - Tien jaar later 13.06.2020

Dit was vandeesweek presies tien jaar gelede wat die Sokker Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika begin het. Die eerste wedstryd is op 11 Junie 2010 by die ENB-stadion in Johannesburg gespeel. Bafana Bafana het teen Mexiko gespeel. Die speler wat die doel vir Suid-Afrika aangeteken het, Simphiwe Tshabala, sê die dag sal altyd vir hom 'n spesiale betekenis hê. Die Suid-Afrikaner, Jerome Damon, was die...

Breyton Paulse 06.06.2020

Jody Hendricks gesels met oud-Springbok Breyton Paulse oor sy loopbaan. Paulse het tussen 1999 en 2007 in 64 toetse vir die Bokke gespeel, en is in 2000 as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar aangewys.

Dr. Wilbur Kraak 06.06.2020

Jody Hendricks praat met sportwetenskaplike dr. Wilbur Kraak oor sy loopbaan en liefde vir sport. Kraak was onlangs by 'n studie betrokke oor hoe ritmiese dans 'n rugbyspleler se vaardighede kan verbeter.

Tiaan Strauss 30.05.2020

Tiaan Strauss is een van slegs 'n handjievol rugbyspelers wat internasionale rugby vir twee lande gespeel het – Suid-Afrika en Australië. Jody Hendricks praat met hom oor sy loopbaan en die besluit om Suid-Afrika te verlaat.

Listen to the RSG Sport podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.