RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 359 episodes

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Author

RSG

Category

Sports

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sport in Vlak 3 van grendeltyd 30.05.2020

Die Minister van Sport het 'n lys van sportsoorte bekendgemaak wat in Vlak 3 van die grendeltyd beoefen kan word. Jody hendricks praat met Lalie Stander oor die lys, en die bekomernisse van kleiner sportsoorte oor die besluit.

Voorgestelde reëls vir rugby in Coronaperiode 30.05.2020

Wêreldrugby het tien voorgestelde reëls bekend gemaak wat in die tyd van die Coronavirus van toepassing kan wees. Dit is egter nie afdwingbaar op lande nie. Jody Hendricks praat met oudskeidsregter Freek Burger oor die toepassing van die reëls.

Pieter Hendricks 23.05.2020

Op Maandag 25 Mei 2020 is dit 25 jaar sedert die Springbokke op die veld gedraf het in die openingswedstryd van die Rugby Wêreldbeker in Suid-Afrika. Jody Hendricks praat met Pieter Hendricks oor daardie wedtsryd en sy rugbyloopbaan.

Francois Botha weer teen Tyson? 23.05.2020

Mike Tyson en Francois Botha het op 16 Januarie 1999 in 'n professionele bokswedstryd meegeding. Tyson het die wedstryd gewen deur Botha in die vyfde ronde uit te klop. Nou byna 22 jaar later kan die twee weer teen mekaar veg. Botha het oor die moontlikhied met Jody Hendricks gepraat.

Ewie Cronjé 16.05.2020

Ewie Cronje, voormalige president van die Vrystaatse Krieketunie en die pa van die voormalige Protea-kaptein Hansie Cronje, is oorlede. Hy het kanker gehad. Sy seun, Frans, het sy afsterwe op sosiale media bevestig. Cronje was 'n gerespekteerde sportadministrateur aan die Universiteit van die Vrystaat en 'n Afrikaanse krieketkommentator. Hy word ook oorleef deur sy vrou, San-Marie, en dogter Heste...

Morné du Plessis 09.05.2020

Jody Hendricks praat met een van die mees suksesvolle Springbokkapteins, Morne du Plessis, oor sy loopbaan, sy betrokenheid by die 1995 Wêreldbeker en sy lewe ná rugby.

Impak van Covid-19 op stadions 09.05.2020

Covid-19 het die sportwêreld tot stilstand gebring, en sportstadions is nou wit olifante. Jody Hendricks praat met Bertie Grobelaar van Stadium Management SA oor hulle planne om die volhoubaarheid van stadions te verseker.

Willem Pelser 09.05.2020

Jody Hendricks praat met RSG-omroeper en -sportkommentator, Willem Pelser, oor sy loopbaan in sport,

Gholf en Covid-19 02.05.2020

Lalie Stander praat oor die impak wat Covid-19 op gholf het.

Jannie Putter 02.05.2020

Jody Hendricks praat met sportsielkundige Jannie Putter oor sy loopbaan in sport, en wat ouers kan doen om hulle kinders op, en van die sportveld af, te ondersteun.

Jannie du Plessis 02.05.2020

Die voormalige Springbok, Jannie du Plessis, is na vier jaar in Frankryk terug in Suid-Afrika, waar hy vir die Leeus speel. Hy het met Jody Hendricks oor sy loopbaan gepraat.

Elton Jantjies 19.04.2020

SANZAAR het hulle beste SA Superrugby 15 bekend gemaak, en die Lions- en Springbok-loskakel, Elton Jantjies, is as die SA-speler van die dekade aangewys. Jody Hendricks het met hom oor die toekening en sy loopbaan gepraat.

Jake White oor nuwe pos by Blou Bulle 04.04.2020

Die Blou Bulle-maatskappy het bevestig dat Jake White as direkteur van rugby aangestel is. Die voormalige Springbokafrigter, wat die afrigter van die seëvierende 2007-wêreldbekerspan was, sluit onmiddelik by die Bulls aan. Sy kontrak is tot en met die Wêreldbekertoernooi in 2023 van krag. Alan Zondgah wat die pos beklee het, het vroeër vanjaar uitgetree. White het in die jongste tyd die Toyota Ver...

Paralimpiese boogskutter Shaun Anderson oor uitstel van 2020 Spele 04.04.2020

Paralimpiese boogskutter Shaun Anderson sê die uitstel van die 2020 Olimpiese- en Paralimpiese Spele is nie 'n slegte ding nie. Jody Hendricks het het met hom hieroor gepraat.

Die impak van Covid-19 op sport 21.03.2020

Die Coronavirus het die sportwêreld in 'n krisis gedompel met byeenkomste en toernooie wat dwars oor die wêreld uitgestel of gekanselleer word. Jody Hendricks het met verskeie rolspelers gepraat oor hoe dit hulle raak.

Errol Tobias 18.03.2020

Errol Tobias het op Woensdag 18 Maart sy 70ste verjaarsdag gevier. Hy was die eerste swart speler wat vir die Springbokke gespeel het. Hy het in 6 toetse vir Suid-Afrika gespeel - waarvan hulle al 6 gewen het. Hy het met Jody Hendricks oor sy lewe en rugbyloopbaan gepraat.

LJ en Irvette van Zyl 14.02.2020

LJ en Irvette van Zyl is twee van die land se voorste sportsterre. Hulle is al agt jaar lank getroud. Jody Hendricks het met hulle gepraat oor hulle liefde vir mekaar en hulle liefde vir sport.

Nuwe waarnemende bestuurshoof vir Krieket SA 07.12.2019

Die nuutaangestelde waarnemende bestuurshoof van Krieket Suid-Afrika, Jacques Faul, sê die organisasie kán reggeruk word. Hy neem die leisels by die geskorste Thabang Moroe oor. Faul was voorheen die hoofbestuurder van die Titans, en het ook al vantevore as KSA se bestuurshoof waargeneem. Hy sal in sy pos bygestaan word deur die voormalige president van die Internasionale Krieketraad, Dave Richard...

SA atlete skitter by Wêreld Paralimpiese Atletiekkampioenskap 16.11.2019

Die Wêreld Paralimpiese Atletiekkampioenskap het Vrydag (15 November 2019) in Dubai ten einde geloop. Suid-Afrika se atlete het elf medaljes verower en verskeie rekords verbeter. Lalie Stander het die besonderhede.

Rayaan Adriaanse 16.11.2019

Jody Hendricks gesels met Rayaan Adriaanse, die mediabestuurder van die Springbokke, oor sy loopbaan, wat sy pos behels en die rol wat hy met die Bokspan in Japan gespeel het.

Andy Green probeer sy eie landspoedrekord verbeter 26.10.2019

Die bestaande landspoedrekord is in 1997 opgestel deur Andy Green teen 'n snelheid van 1 223 km/h. Green is tans in die Kalahari besig om sy eie rekord te probeer verbeter tot 1 609 km/h. Fritz Klaaste het in samewerking met die Bloodhound LSR-projeken die Noord-Kaapse regering, hierdie program saamgestel.

Zoe Kruger 05.10.2019

Die 17-jarige Zoe Kruger is een van Suid-Afrika se top jong tennissterre. Sy woon saam met haar ma en jonger sussie, wat ook tennis speel, in die V.S.A. Zoe is die gogter van die voormalige Springbokflank Ruben Kruger. Jody Hendricks het met haar oor haar loopbaan gepraat.

Sokkerafrigting 14.09.2013

Watter vereistes word aan ‘n sokkerspeler gestel? Oor watter vaardighede hy moet beskik? Hoe kan hy dit aanleer?

Karate: Correl Jacobs 11.09.2013

Jody Hendricks praat met Correl Jacobs wat deel is van die SA Karatespan wat in Japan aan 'n toernooi deelneem.

Scarra Ntubeni 24.08.2013

Scarra Ntubeni is een van die opwindenste jong hakers in Suid-Afrikaanse rugby. Jody Hendricks het met hom en sy ma gesels om te hoor hoe hy as kind was en die rol wat sy ma in sy loobaan gespeel het.

Listen to the RSG Sport podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.