RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 359 episodes

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Author

RSG

Category

Sports

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die koning van Paarlberg 01.04.2023

Carla Mackenzie gesels met oudrenjaer Hennie Mostert se seun en dogter oor hulle pa se nalatenskap, en sy motor wat uitgestal word by die Franschhoek Motormuseum.

SA Dowe Sewes by Wêreldbeker in Argentinië 18.03.2023

Die Springbok Dowe Sewesspan sal in April aan die Wêreldbeker in Argentinië deelneem. Die span se Direkteur van Rugby Peter De Villiers sal ongelukkig nie met die span reis nie. Hulle afrigter, Marilize van der Merwe, praat oor die span se voorbereiding.

Chris Jooste wen Kaapstad Fietstoer 18.03.2023

Chris Jooste her verlede week sy eerste Kaapstad Fietstoer-titel ingeplam. Hy het die wenstreep in 'n tyd van 2 uur 36 minute en 14 sekondes oorgesteek. Hy vertel vir Jody Hendricks van sy voorbereiding en loopbaan.

Benni McCarthy kry lof vir rol by Man United 18.03.2023

Manchester United is tans derde op die Engelse Premierliga se punteleer. Ons eie Benni McCarthy kry baie krediet vir hoe die span vanjaar vaar. Jody Hendricks gesels met Mccarthy se voormalige Bafana-spanmaat Tyren Arendse oor die impak wat Mccarthy by United het.

SA vonkel by Bahrain Grand Prix 04.03.2023

Het jy geweet dat die vonkelwyn vir die Bahrain F1 Grand Prix in Suid-Afrika vervaardig en gebottel word? Bernus van der Westhuizen van Wellington vertel vir Fritz Klaaste hoe dit gebeur het dat sy vonkelwyn elke jaar op die wennerspodium gebruik word.

Alliansies en samewerkingsooreenkomste 11.02.2023

Alliansies en samewerkingsooreenkomste is die jongste gonswoorde in die rugbywêreld. Jody Hendricks het gaan ondersoek instel oor 'n ooreenkoms tussen 'n span van Frankryk en die VSA wat verlede week onderteken is.

Renaldo Bothma praat rugby 04.02.2023

Jody Hendricks praat met die voormalige rugbykaptein van Namibië, Renaldo Bothma, oor die week se rugbynuus.

Rikenette Steenkamp tree uit 04.02.2023

Die Suid Afrikaanse 100 m-hekkiesatleet, Rikenette Steenkamp, het haar uittrede aangekondig. Jody Hendricks gesels met haar oor haar sportloopbaan en toekomsplanne.

Die belangrikheid van fiksheid in spansport 04.02.2023

Die rol van fiksheid het onder die loep gekom nadat Dane van Niekerk uit die vroue Proteaspan vir die T20-krieketwêreldbeker weggelaat is. Jody Hendricks bespreek hoekom fiksheid in 'n spansport belangrik is met Tinus van Staden, sportredakteur by Rapport, en prof. Wilbur Kraak, ‘n sportwetenskaplike by Maties.

2023 MotoGP-voorskou 14.01.2023

Die 2023 MotoGP-kampioenskap begin vir die eerste keer in 16 jaar in ‘n ander land, hierdie keer in Portugal op 26 Maart, met 21 Grand Prixs, wat insluit nuwe bane in Indië en Kazakhstan. Fritz Klaaste gee ‘n voorskou van die seisoen.

Atletiek-hoogtepunte van 2022 14.01.2023

2022 was 'n besige jaar vir Suid-Afrika se baan- en veldatlete. Die langafstandatlete kon ook weer aan wedlope deelneem. Jody Hendricks kyk terug na wat alles in 2022 op die atletiekbaan gebeur het, en wat ons in 2023 van ons atlete kan verwag.

Sokker Premierliga-hoogtepunte van 2022 07.01.2023

Ian Morris kyk terug na die hoogtepunte van 2022 se sokker Premierliga.

Fietsry, Roei en Kanovaart-hoogtepunte van 2022 07.01.2023

Heinrich Schulze gee 'n oorsig van die hoogtepunte van Fietsry, Roei en Kanovaart in 2022.

2023 Formule 1-voorskou 07.01.2023

Tot op datum het nog nie een Formule 1-span hulle beskendstellingsdatum van nuwe motors aangekondig nie, maar hulle weet dat die motors gereed moet wees om op die baan te gaan op 23-25 Februarie. Ons kan dus binnekort inligting te kry van spanne wanneer hulle in die volgende sewe weke hulle motors aan die publiek wys. Fritz Klaaste gee ‘n voorskou van die 2023 Formule 1-seisoen.

Sokker Wêreldbeker-hoogtepunte van 2022 07.01.2023

Ian Morris kyk terug na die hoogtepunte van 2022 se Wêreldbeker Sokker-eindtoernooi.

Dakar 2023-voorskou 31.12.2022

Dakar 2023 in Saoedi Arabië begin op 31 Desember en strek tot 15 Januarie 2023, oor 14 skofte en ‘n totaal van 5 000 kilometer in die onherbergsame woestynlandskap. Daar is 455 voertuie en 634 renjaers en navigators van 68 verskillende nasionaliteite. Fritz Klaaste gee ’n voorskou van hierdie uitmergelende wedren.

Statebondspele-hoogtepunte van 2022 31.12.2022

Pieter van den Berg kyk terug na vanjaar se Statebondspele.

Kriekethoogtepunte van 2022 31.12.2022

Jóhann Thormählen gee 'n oorsig van die kriekethoogtepunte van 2022.

Gholf-hoogtepunte van 2022 24.12.2022

Pieter van den Berg kyk terug na die jaar se gebeure op die wêreld se gholfbane.

Sewesrugby-hoogtepunte van 2022 24.12.2022

Die was 'n besige jaar vir die Blitsbokke. Hulle het aan die Wêreld Sewesreeks en Statebondspele deelgeneem, en was ook gasheer vir die Sewes Wêreldbeker wat in September in Kaapstad plaasgevind het. Jody Hendricks kyk terug op die 2022 Sewes-seisoen.

Motorsport-hoogtepunte van 2022 24.12.2022

Die DNS van motorsport is diep in die Suid-Afrikaanse kultuur vasgemessel. Fritz Klaaste gee ‘n oorsig van Suid-Afrikaanse betrokkenheid, soos Steven Odendaal, die van der Linde broers, ingenieurs in wêreldmotorsport, veral ‘n ingenieur van Lewis Hamilton van Johannesburg, en selfs ‘n sportmotor wat in Johannesburg gebou word vir minder as R300 000!

MotoGP-hoogtepunte van 2022 17.12.2022

MotoGP is een van die gewildste motorsportsoorte ter wêreld. Dis veral die onvoorspelbaarheid wat ondersteuners fasineer. Fritz Klaaste gee ‘n opsomming van die 2022-seisoen.

Tennishoogtepunte van 2022 17.12.2022

Pieter van den Berg kyk terug op die tennisjaar wat was.

Rugbyhoogtepunte van 2022 17.12.2022

Die Springbokke sluit 2023 op n hoë noot af met ‘n oorwinning oor Engeland op Twickenham. Johan Rademan lig ‘n paar hoogtepunte van vanjaar se 15-kode uit.

Formule 1 Jaaroorsig 10.12.2022

Die 2022 Formule 1-jaar is gekenmerk deur verskeie omstrede gebeure, maar dis ‘n belangrike jaar vir die sport. Fritz Klaaste gee ’n opsomming van die seisoen.

Listen to the RSG Sport podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.