RSG

Rand en sent

Business AF ↓ 779 episodes

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Business

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rand en sent 26 Oktober 2025 26.10.2025

Het jy geweet die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (AARTO) sal na verwagting op 1 Desember in groot dele van die land geïmplimenteer word en vanaf 1 April 2026 landswyd toegepas word? Jody Hendricks praat met ‘n kenner oor die wetgewing, en at met jou uitsaande boetes sal gebeur wanneer AARTO inskop.

Rand en sent 19 Oktober 2025 19.10.2025

Het jy geweet dat die staalbedryf in Suid-Afrika sowat R8 miljard werd is? Die land se beleërde langstaalfabrieke is onder druk, maar Suid-Afrika se staalbedryf kan (uiteindelik) weer herstel. Jody Hendricks kyk na die impak wat die staalbedryf op die land se ekonomie het.

Rand en sent 12 Oktober 2025 12.10.2025

Jody Hendricks praat met prof. Jurie van Vuuren oor wat ander lande doen om werkloosheid aan te pak.

Rand en sent 5 Oktober 2025 05.10.2025

Het jy geweet jy het net drie maande om jou testament te verander nadat jy geskei het? Jody Hendricks praat met Volker Kruger oor verskeie aspekte van testamente.

Rand en sent 28 September 2025 28.09.2025

Meer as 70% van klein tot mediumgroot maatskapye sluit binne die eerste vyf jaar hulle deure. Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Wes-Kaap, bespreek die redes vir hierdie tendens.

Rand en sent 21 September 2025 21.09.2025

Die Minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het die konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet teruggetrek ná openbare teenkanting. Die wysigings, wat vrese laat ontstaan het dat studente met skuld moontlik op ’n swartlys geplaas kon word, het meer as 20 000 voorleggings gelok – die meeste teen die voorstelle. Minister Tau sê die wysigings was bedoel om verbruikersbeskerming te versterk en...

Rand en sent 14 September 2025 14.09.2025

Ekonoom Johan Els bespreek die ekonomiese impak wat die G20-beraad op Suid-Afrika se ekonomie kan hê.

Rand en sent 7 September 2025 07.09.2025

Ekonoom Hassan Essop praat oor nuwe inflasieteiken, en hoe dit verbruikers se spandering kan beïnvloed.

Rand en sent 31 Augustus 2025 31.08.2025

Baie Suid-Afrikaners voel die ekonomiese druk. Kliniese sielkundige dr. Johan Coetzee praat oor die belangrikheid daarvan om ballans tussen jou finansiële en sielkundige welstand te hê.

Rand en sent 24 Augustus 2025 24.08.2025

Finansiële adviseur Duane Nienaber praat oor die belangrikheid van finansiële beplanning. Hy sê die eerste stap in gesonde finansiële beplanning is om ʼn begroting op te stel. Dit help jou om ‘n oorsig van jou inkomste en uitgawes te kry, en stel jou in staat om te sien waar jy geld kan bespaar.

Rand en sent 17 Augustus 2025 17.08.2025

Finansiële adviseur Yolanda Botha praat oor onlangse ’n studie, wat gekyk het na wat jy in Suid-Afrika moet verdien om ‘n volhoubare lewenstandaard te handhaaf.

Rand en sent 10 Augustus 2025 10.08.2025

Arbeidstrateeg Anja van Beek praat oor die ekonomiese bydra wat moeders maak,en die uitdagings wat hulle in die werksplek in die gesig staar.

Rand en sent 3 Augustus 2025 03.08.2025

Hassan Essop, ‘n ekonoom verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor die impak van Suid-Afrika se swak verhouding met die VSA op die ekonomie, en die nuwe handelstariewe wat op 1 Augustus in werking getree het.

Rand en sent 27 Julie 2025 27.07.2025

Suid-Afrika is 'n land met 'n hele aantal arbeidswette wat werksbeserings reguleer. Jody Hendricks praat met arbeidskenner Stephen Pietersen oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Rand en sent 20 Julie 2025 20.07.2025

Julie is nasionale spaarmaand. Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Jody Hendricks praat met Yolande Botha, 'n finansiële beplanner by Galileo Capital, oor hoe om te spaar in moeilke ekonomiese tye.

Rand en sent 13 Julie 2025 13.07.2025

Belastingkenner Anette Visser beantwoord luisteraarsvrae oor die nuwe belastingseisoen. Jody Hendricks praat met ‘n spesialis oor die ekonomiese impak van die private sekuriteitsbedryf op die land se ekonomie.

Rand en sent 6 Julie 2025 06.07.2025

Die belastingseisoen het aangebreek, en jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan belastingkenner Anette Visser.

Rand en sent 29 Junie 2025 29.06.2025

Professor Cecile Nieuwenhuizen praat oor mentorskap vir jong profesionele persone, en hoekom dit nodig is in ‘n Suid-Afrikaanse konteks.

Rand en sent 22 Junie 2025 22.06.2025

Jody Hendricks praat met Francois Rossouw, die wenner van vanjaar se Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar-kompetisie. Francois boer met tafeldruiwe in die Hexrivier, en het vir Jody vetrel van die uitdaagings en geleenthede in die lanbousektor.

Rand en sent 15 Junie 2025 15.06.2025

Jody Hendricks praat met onderwyskonsultant dr. Rudi Buys oor ‘n studie wat wys dat 45% van jong gegradueerdes sukkel om werk te kry ná hulle studies.

Rand en sent 8 Junie 2025 08.06.2025

Jody Hendricks praat met bestuurshoof Letitia de Wet oor die Enactusprogram wat toegewy is aan die skep van ‘n beter, meer volhoubare wêreld terwyl die volgende generasie entrepreneursleiers ontwikkel word.

Rand en sent 1 Junie 2025 01.06.2025

Jody Hendricks praat met twee kenners oor die impak wat tegnologie en kunsmatige inteligensie op die werksplek het, en wat werkgewers kan doen om werknemers by te staan.

Rand en sent 25 Mei 2025 25.05.2025

Jody Hendricks praat met ekonoom Johan Els oor die begrotingsrede wat verlede week deur die minister van finansies gelewer is.

Rand en sent 18 Mei 2025 18.05.2025

Jody Hendricks praat met talent- en kultuurstrateeg Anja van Beek oor ‘n arbeidstudie wat na werknemers en werkgewers se ontwikkeling kyk.

Rand en sent 11 Mei 2025 11.05.2025

Jody Hendricks praat met Esteani Marx van Lightstone oor hoe die prys van eiendom bepaal word.

Listen to the Rand en sent podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.