RSG

Rand en sent

Business AF ↓ 765 episodes

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Author

RSG

Category

Business

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rand en sent 21 Maart 2021 21.03.2021

Omelia Hartzenberg praat oor die implikasies wat belasting vir pensioenarisse van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare inhou. Sy gee raad oor wat jou te doen staan as jy dalk in die moeilikheid is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en hoe jy kan voorkom om ‘n stelletjie af te trap met die diens.

Rand en sent 14 Maart 2021 14.03.2021

Omelia Hartzenberg praat oor bedrog by die Pensioenfonds vir Staatsamptenare. Sy gee wenke hoe jy bedrog kan aanmeld, en gee die versekering dat jy anoniem sal bly, want die oproepe gaan na ‘n onafhanklike derdeparty wat sake sonder inmenging kan ondersoek.

Rand en sent 7 Maart 2021 07.03.2021

Die fokus is op die belangrikheid van nominasie vir lede en pensioenarisse van die Pensioenfonds van Staatsamptenare. Omelia Hartzenberg bespreek hoe dit jou familie raak, en in watter omstandighede veranderinge op die vorm aangebring kan word wanneer die lid afgesterf het.

Rand en sent 28 Februarie 2021 28.02.2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor vervroegde aftrede teenoor normale aftrede. Sy identifiseer van die redes hoekom uitbetalings nie geskied nie, en van die redes sal jou verras. En sy gee 'n lys van dokumente wat nodig is, en punte waarop jy moet let voordat jy dit inhandig.

Rand en sent 21 Februarie 2021 21.02.2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor onopgeëiste voordele. Sy doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle nie uitstaande geld van die fonds geëis het nie. Sy noem ook die belangrike punte wat kommunikasie tussen lede en die fonds belemmer.

Rand en sent 14 Februarie 2021 14.02.2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie praat oor die verskil tussen bedanking en aftrede. Sy neem jou stapsgewys deur die berekeninge wat SARS doen wanneer jy bedank of wanneer jy aftree, en verduidelik die voordele waarvoor jy in annmerking kom wanneer jy aftree.

Rand en sent 7 Februarie 2021 07.02.2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie weer aan die woord. Sy praat oor gadepensioen, en wat lede kan doen om te verseker dat hulle gades wel die lewenslange maandelikse pensioen kan kry indien die lid sterf. Veronica Prinsloo van UC Tech Security in Pretoria noem belangrike punte waarop jy moet let wanneer jy veiligheidskameras installeer, en watter vrae j...

Rand en sent 31 Januarie 2021 31.01.2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor een van die grootste redes wat lei tot vertragings, en moedig paartjies aan om openhartig te wees met mekaar oor hulle geldsake. Eric Jordaan, finansiële adviseur by Crue Invest het raad oor hoe om jou finansiële doelwitte te bereik deur die regte boustene te gebruik.

Rand en sent 24 Januarie 2021 24.01.2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor die kinderpensioene wat in Junie 2018 in werking getree het. Sy identifiseer die struikelblokke, en verduidelik watter dokumentasie nodig is om hiervoor aansoek te doen. Sy ‘n beroep op lede van die fonds om ten alle tye hulle kontakbesondherhede op datum te hou, want dit kan help dat uitbetaling vinniger geskied.

Rand en sent 17 Januarie 2021 17.01.2021

Regine le Roux van Reputation Matters vertel watter uitwerking Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe hulle die krisis tot voordeel omskep het deur hulle dienste meer aanlyn te bemark. Sanel Roux van die aanlynwinkel, Petalje Blomme, gesels oor die uitwerking wat kreatiwiteit en blomme op haar kliënte het, en hoe die inperking nuwe lewe in haar besigheid geblaas het. Willie Cloete, 'n privaa...

Rand en sent 10 Januarie 2021 10.01.2021

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Rand en sent 3 Januarie 2021 03.01.2021

Olivia Sambo praat met Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap en kalmte in die malle gejaag, oor jou emosies wanneer jy jouself in ‘n moeilike finansiële situasie bevind, en hoe om dit te hanteer sodat jy weer opnuut kan begin. Carla Oberholzer van Debtsafe vertel hoe jy finansiële stres kan hanteer en weer op die been kan kom. En Willie Cloete, 'n privaatsjef van Pretoria, sê eenvoudige kos i...

Rand en sent 27 Desember 2020 27.12.2020

Olivia Sambo hoor by Carla Oberholzer van Debtsafe hoe om onnodige uitgawes te snoei en ‘n nuwe blaadjie om te slaan vir die nuwe jaar. Eric Jordaan van Crue Invest moedig luisteraars aan om nie moedeloos te word as jy te veel skuld het nie, maar om jou skuld stap-vir-stap te pak. Johannes de Villiers moedig ons aan om vorentoe te kyk en nie te fokus op ons probleme nie. En Willie Cloete deel sy w...

Rand en sent 20 Desember 2020 20.12.2020

Olivia Sambo praat met Willie Cloete, ‘n privaatsjef van Pretoria, oor alternatiewe en kreatiewe maniere vir ‘n heerlike en goedkoper kersmaal. Johannes de Villiers, skrywer van twee boeke, gesels oor maniere waarop jy kan uitreik na ander mense tydens die feesseisoen, en hoe jy steeds kan gee, selfs al dink jy daar is niks om te gee nie. Carla Oberholzer van Debtsafe moedig ons aan om onnodige aa...

Rand en sent 13 Desember 2020 13.12.2020

Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die fonds. Sy beantwoord vrae oor die veiligheid van jou geld, watter faktore veroorsaak dat jou aansoek sloer, en wat jy kan doen om die proses seepglad te laat verloop.

Rand en sent 6 Desember 2020 06.12.2020

Olivia Sambo praat met Sanel Roux van Petalje Blomme in Pretoria oor die uitwerking wat Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe dit gelei het tot die ontstaan van ‘n aanlynwinkel. Eric Jordaan van Crue Invest in Kaapstad gesels oor skuld en hoe ‘n finansiële plan jou kan help om jou doelwitte te bereik.

Rand en sent 29 November 2020 29.11.2020

Dawie Roux van Legatus Trust gesels oor trustfondse. Bertie Nel van Momentum Beleggings verduidelik watter uitwerking jurisdiksie en wetgewing van ‘n ander gebied op jou boedel het, as jy bates in die buiteland het.

Rand en sent 22 November 2020 22.11.2020

Andrè Tuck van 10X Investments verduidelik hoe swaar Jan Taks jou belas as jy jou pensioenuitbetaling in kontant neem. Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke oor Swart Vrydag, en hoe jy geld kan spaar in dié tyd. Richus Nel van PSG Wealth vertel waarom eerlikheid so belangrik is tussen ‘n finansiële adviseur en ‘n kliënt. En Eric Jordaan van Crue Invest gesels oor die persoonlike konneksie wat ad...

Rand en sent 15 November 2020 15.11.2020

Regine le Roux van Reputation Matters praat oor waardes en jou besigheid. Sy deel ook die lesse wat sy in die 15 jaar wat haar besigheid bestaan, geleer het. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor die faktore wat gelei het tot die sukses van maatskappye tydens Covid-19, en gee wenke vir kleinsake-ondernemings oor wat hulle kan doen om te groei.

Rand en sent 8 November 2020 08.11.2020

Hoeveel Suid-Afrikaners is gereed om af te tree? Hoe goed is Suid-Afrikaners wat werk, ingelig oor hulle voorsorg- of pensioenfonds? André Tuck van 10x Investments vertel van die navorsing wat hulle gedoen het oor die spaargewoontes van Suid-Afrikaners, en hoe gereed hulle vir aftrede is. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor hulle navorsing wat in 32 lande gedoen is om uit te vin...

Rand en sent 1 November 2020 01.11.2020

Olivia Sambo praat met Leana Burger van Burger Potgieter, en Dawie Roux van Legatus Trust oor boedelbereddering, en hoekom jy die hulp van ‘n finansiële adviseur nodig het wanneer jy jou testament opstel. Ebeth van Heerden van Schroders Suid-Afrika gee advies oor hoe jy die regte finansiële adviseur kan identifiseer.

Rand en sent 25 Oktober 2020 25.10.2020

Leana Burger van Burger Potgieter, en Dawie Roux van Legatus Trust praat oor testamente, en hoe skuld die bereddering van jou boedel kan vertraag. Hulle verduidelik hoekom ‘n testament so belangrik is, al het jy nie veel bates nie. Daar is wenke oor wat jy kan doen om die proses vinniger te laat geskied deur die regte dokumentasie te voorsien.

Rand en sent 18 Oktober 2020 18.10.2020

Olivia Sambo praat met dr. Franco van Wyk van Comparisure oor die uitwerking wat die inperking op Suid-Afrikaners gehad het. Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch deel sy mening oor hoe tegnologie aangewend kan word om onderwys meer toeganklik vir alle studente te maak. En Richus Nel van PSG Wealth gesels oor rentekoerse, en die impak wat dit op die verskillende bateklasse het.

Rand en sent 11 Oktober 2020 11.10.2020

Olivia Sambo praat met Anta de Korte van die Werkloosheidverskeringsfonds oor die gewone voordele waarvoor werkers steeds kan eis. Amelia de Milander van JustMoney gee raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. En Richus Nel, 'n finansiële adviseur van PSG Wealth, gesels oor Covid-19 en die uitwerking wat dit op jou beleggings het.

Rand en sent 4 Oktober 2020 04.10.2020

Danie Hellet van DK Cheapies praat oor die belangrikheid van sy werkers, die stres van inperking en die lewenslesse wat sy pa hom oor besigheid en die lewe geleer het. West Hendriks, kandidaat-eiendomsagent van Emacplan Eiendomme in Pretoria, gesels oor die tendense in die eiendomsmark en die verskil wat professionele foto's maak wanneer jy jou eiendom verkoop. Marli Schnetler van OneDayOnly verte...

Listen to the Rand en sent podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.