Podmedia
Podlitiek
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ep. 24 - Grondonteiening Uitgepluis, Unisa Fopnuuspaleis En Cyril Se Ware Kleure Wys 21.11.2018 20:27
Klomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.
Onderhoudreeks Ep. 6 - Pikkie Greeff (SANWU) 15.11.2018 52:45
Tydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.
Ep. 23 - Gevegte In Die Parlement, Discovery Se Present en Eiendomsregte Geskend. 14.11.2018 21:11
Podlitiek pak die week se nuusgebeure soos Owen Farrell aan, nie met skouers en sonder enige arms nie maar eerder met harde direktheid terwyl ons steeds daarmee weg kom. In hierdie episode bespreek ons rusies in ons wetgewer, HUB besoldiging en die deurlopende debat oor grondonteiening.
Ep. 22 - Numsa Party Gestig, Discovery Betug En Malema Ontwrig 07.11.2018 21:11
Daar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.
Onderhoudreeks Ep. 5 - Dawie Scholtz (Verkiesingsguru en bestuurskonsultant) 02.11.2018 49:20
In hierdie episode het Daniël en Paul die voorreg om met verkiesings-guru en bestuurskonsultant Dawie Scholtz te gesels. Die drie bespreek die betroubaarheid van peilings, Suid-Afrikaanse stempatrone en daar word 'n paar voorspellings vir die 2019 verkiesing gemaak.
Ep. 21 - Berade Vir Beleggings, SASOL - Beleid Verslegtings En Nkandla- 31.10.2018 21:35
In vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek span baie duidelike dat geld wat stom is nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy Cyril Ramaphosa is nie.¶
Onderhoudreeks Ep. 4 - Metalhead Vet (@Suidwessie) 30.10.2018 57:52
Daniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.
Ep. 20 - Timol Praat, Wapens Word Agtergelaat, ANC vir AfriForum Kwaad. 24.10.2018 21:20
In vanweek se weeklikse episode ontnonsens die Podlitiek span die verwikkelinge oor Ahmed Timol se dood van 40 jaar gelede, die paniek oor vuurwapen-eienaarskap en ook die ANC se flou reaksie op plaasaanvalle.
Ep. 19 - Floyd En VBS, Self - Doen Is Bes En Pik Botha - ‘n Vinnige Les 17.10.2018 22:24
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ‘n positiewe verwikkeling of twee. Die span bespreek die VBS skandaal, die verwikkelinge in Witbank en Pik Botha se afsterwe.
Ep. 18 - Dubbelstandaard, Koshuisename Ontaard, Nene Speel Oop - Kaarte. 11.10.2018 22:02
In vanweek se episode pak die Podlitiek dubbelstandaarde, snaakse besluite deur universiteitsbestuur en die Nene-saga by die horings aan.
Onderhoudreeks Ep. 3 - Dirk Scheepers (DS Program) 10.10.2018 57:58
Met Podlitiek se derde episode van hul onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Dirk Scheepers wat al die pad van die VSA af hier in Suid-Afrika gekuier het. Dirk is die aanbieder van die DS Program podsending en werk in New York.
Ep. 17 - ANC Gryp Baloyi Se Strot, Denel Bankrot En Myne Vrot 03.10.2018 20:07
In vanweek se politiek is daar probleme bo en onder die grond – maar die Podlitiek span durf weer met groot moed en baie geduld alles aan, van politieke geweld tot mynbou-moles.
Ep. 16 - Wettige Dwelms, Verkiesing Voorspellings En Stimlus - Kwellings. 26.09.2018 21:21
Net omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.
Spesiale Episode - Podlitiek praat erfenis 24.09.2018 25:50
Spesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.
Ep. 15 - Maimane Laat Almal Lag, China Soek Krag En Wellington Se Ou Vlag 20.09.2018 22:12
Die Podlitiek-span neem vanweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek deur te gesels oor Maimane wat almal laat lag, China soek krag en Wellington se Ou vlag.
Ep. 14 - Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se geding 14.09.2018 20:59
Die Podlitiek-span hervat vanweek hul nimmereindigende kruistog teen feitefoute, propaganda en algemene politiekery. In hierdie episode Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se Parlement-geding.
Onderhoudreeks Ep. 2 - Martin Van Staden (FMF & Rational Standard) 07.09.2018 33:19
Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
Ep. 13 - Steve Sê Nee, SA Se BBP, Theresa May Verleë 06.09.2018 21:32
In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.
Ep. 12 - Lesufi Se Foefie, Mandelabaai Verraai, En Die Grondberaad - Verraad. 30.08.2018 20:19
Podlitiek-luisteraars het oor die afgelope maande gewoond geraak aan vurige gesprekke ten gunste van individuele vryheid, die mag van gemeenskappe, en minder mag aan die regering. Hierdie week se vurige episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialismedrif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.
Ep. 11 - MiWay Se Fout, Reserwebank Benoud En AfroView Word Koud 23.08.2018 20:36
In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hierdie week kyk hulle na MiWay se HUB, Renè Otto se sosiale media opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te Nasionaliseer, en AfroWorld View, wat voormalig as ANN7 bekend gestaan het, se onlangse sluiting.
Ep. 10 - Plaaslyste, Medialuise En Die Hof Luister 15.08.2018 20:35
In hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.
Onderhoudreeks Ep. 1 - Crezane Bosch (Tshwane DA) 14.08.2018 37:23
In die eerste van Podlitiek se Onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Crezane Bosch van die Demokratiese Alliansie. Crezane is die adjunksweep van die party se Tshwane koukous. Die drie gesels en debatteer oor die DA se ideologiese posisie voor die 2019 verkiesing, die uitdagings wat die party in die gesig staar en oor Crezane se eie politieke ideologie.
Ep. 9 - Grond, Gemengde Boodskappe En Gatkraak In Zim 09.08.2018 20:39
In hierdie week se opwekkende episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.
Ep. 8 - Louere in die hof, likwidasies en lisensies 02.08.2018 19:53
In hierdie week se spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz saam met die gasaanbieder Daniel du Plessis oor ‘n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC Jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.
Ep. 7 - Australiese Inboorlinge, Af Ligte En Afstigting 27.07.2018 20:14
In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder Daniel du Plessis oor Trevor Noah se Twitter oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ‘n onafhanklike Kaap-buurland.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.