Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ 332 episodes

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Author

Podmedia

Category

News

Podcast website

www.spreaker.com

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Onderhoudreeks Ep. 13 - Ernst van Zyl (Conscious Caracal) 01.04.2019

Podlitiek bied met trots die eerste onderhoud met Ernst van Zyl (meer bekend as Conscious Caracal). Dit is vir ons 'n groot voorreg om met Ernst te kon gesels en meer te leer oor die man agter die bekende sosiale media rekening en YouTube kanaal. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Pod...

Ep. 38 - AfriForum en VF Plus, Friedman se woorde betwis & BLF se logika vermis 27.03.2019

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek span leuens, verdomde leuens en BLF persverklarings. Ons kyk meer na die dispuut tussen AfriForum en die VF Plus, Daniel Friedman se uitlating by die Ahmed Kathrada Stigting se paneelbespreking asook die BLF se bewering dat die Weste siklone veroorsaak. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlit...

Onderhoudreeks Ep. 12 - Louis Nel & Gideon Joubert (ZACP) 25.03.2019

Podlitiek gesels met Gideon Joubert en Louis Nel, twee lede van die Kapitalistiese Party van Suid-Afrika (ZACP) wat meer algemeen bekend staan as die pers koei party. (Die gehalte van die opname is swakker as gewoonlik weens die feit dat die twee gaste in Kaapstad en Durban onderskeidelik sit en die opname deur Google Hangouts opgeneem is.) Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal soda...

Agter die Skerms - #1 Menseregtedag 21.03.2019

Podlitiek en die Dirk Scheepers Program bied met trots die eerste Podmedia Agter die Skerms episode aan. Tydens hierdie episode bespreek jou gunsteling potgooi pioniers Menseregtedag, selfdoen in Suid-Afrika en wie mag en wie nie mag opinies hê nie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/...

Ep. 37 - SA Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ baklei & MTN wat Afrikaans is Groot vermy. 20.03.2019

In hierdie week het ons gesien hoe openbare vervoer die groot gelykmaker in Suid- Afrika is, toe President Ramaphosa se Metro trein in Pretoria laat was. Vir die volgende keer wat President Ramaphosa of jy ons leser en luisteraar vas sit in verkeer, bring Podlitiek hierdie week vir jou ‘n lekker episode wat fokus op die Suid- Afrikaanse Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ wat baklei en MTN wat Af...

Onderhoudreeks Ep. 11 - Cilliers Brink (DA en Tshwane) 19.03.2019

In hierdie onderhoudepisode gesels die Podlitiek aanbieders, Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Cilliers Brink. Brink is tans ‘n lid van die Tshwane burgemeester se uitvoerende komitee en verbonde aan die Demokratiese Alliansie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castb...

Ep. 36 - Zuma se spioene bespeurings, IRR verkiesingbewerings & Reserwe Bank se nasionalisering 13.03.2019

Soos die Zuma-spioene wat vanweek hulself skielik ontbloot gevind het, kom alles uiteindelik aan die lig. Hierdie week bespreek hulle Zuma se spioene bespeurings, IRR bring verkiesingbewerings en die Reserwe Bank se nasionalisering. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Cast...

Ep. 35 - Volg ons Venezuela beleid, Kwotas verwyt, Rommel rond gesmyt 06.03.2019

Soos EFF-geaffilieerde studente op Kovsies die rommel stuk vir stuk uit die asblik haal en op die vloer strooi, bring die Podlitiek-span hierdie week Suid-Afrika se nasionale skandale een vir een na vore. Hierdie week bespreek hulle Ace Magashule en sy delegasie se besoek aan die beleërde Venezuela, die belaglikhede wat kop uitsteek rakende sportkwotas, en Eckhard Binding, die Kovsie wat die romme...

Ep. 34 - Kampus ontwrigtings, DA se manifes gee rillings & Kodwa se beskuldigings 27.02.2019

Soos die Prediker sê, daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. 'n Tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag. Vandag se episode van Podlitiek bring vir jou al die gebou en gebreek en die gelag en gehuil van Suid-Afrika se politiek van hierdie afgelope week. Daniël, Paul en Daniel kyk hierdie week na die ontwrigtings op ons kampusse, die DA se 2019 verkiesingsmanifes en...

Ep. 33 - Lekota Praat Oor Verraad, Konsentrasiekampe Uitlaat En nog ‘n DA Bord geskaad 20.02.2019

Podlitiek, soos die kat, kom hierdie week weer met ‘n lekker episode oor Terror Lekota se SONA repliektoespraak, die Britse politikus Jacob Rees-Mogg se uitlatings oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere Oorlog asook veldtogborde van die DA wat afgebrand is. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.c...

Ep. 32 - Eskom oorlaai, Ramaphosa probeer paai & DA sê skynbaar vir BEE koebaai 13.02.2019

Terwyl die land stoei met beurtkrag kom Podlitiek om jou week op te helder. In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfde tyd BEE as beleid groet maar ook nie rerig nie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek o...

Spesiale Episode 5 - Staat 'SONA' Rede 08.02.2019

Die Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Hoewel die EFF bietjie te rustig was vir Suid-Afrikaanse politieke smaak, is die span self geensins bedees nie. In ‘n vermaaklike halfuur bespreek hulle Ramaphosa se vyf punt plan, Eskom se ontbondeling, die NGV en Brulpadda-gas. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Fa...

Ep. 31 - Buitelandse kritiek ontlok, Hoërskool Driehoek Wrok en die EFF Manifes bied geen skok 06.02.2019

Die Podlitiek-span is hierdie week terug in die ateljee en neem hul kruistog teen feite-foute, swak beleide en flaters deur politici voort. Die span bespreek die memorandum gestuur aan President Ramaphosa deur verskeie Westerse lande , die EFF se 2019 manifes en dan op ‘n somber noot die skokkende gebeure by Hoërskool Driehoek. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n e...

Onderhoudreeks Ep. 10 - Hercules Boshoff & Rudi van Rensburg (Chairefoon Inisiatief) 01.02.2019

In hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Hercules Boshoff en Hans Pretorius van die Chairefoon Inisiatief. Die Chairefoon Inisiatief is 'n organisasie wat hom beywer vir filosofie en filosofiese ontwikkeling in Afrikaans. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podli...

Ep. 30 - Die belasting verset, Bosasa se pret en politici belet en gered. 30.01.2019

In ‘n tyd van sosiale media, alternatiewe media, kunsmatige intelligensie, en tegnologiese vooruitgang, is dit sekerlik gerusstellend om te weet dat een ding altyd dieselfde bly: Politieke speletjies. Hierdie week is die Podlitiek-span weer met die tong diep in die kies aan die ontleed en analiseer van die Suid-Afrikaanse politiese sfeer. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat...

Onderhoudreeks Ep. 9 - Gerhard de Beer (Green Bay Packers) 28.01.2019

In die eerste onderhoudepisode van 2019 het Paul Maritz en Daniël Eloff vir Gerhard de Beer saam met hulle in die ateljee. De Beer is ‘n professionele Amerikaanse voetbal speler vir die Green Bay Packers. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Po...

Ep. 29 - Facebook geskok , Die DA se onderrok en by Coligny gejok 22.01.2019

Die kontemporêre Suid-Afrika vandag kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfde tyd die beste van tye asook die ergste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid. Hierdie week bespreek Podlitiek vier van due gebeure in hierdie kontrasterende tye naamlik die skokkende Facebook video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en di...

Ep. 28 - ANC Manifes, Schweizer - Protes En Denel Moles 16.01.2019

Podlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gill...

Ep. 27 - Skaapslag Op Cliftonstrand, Zille - Seun In Die Sop Beland En Regeringshand Vat My Land 09.01.2019

Na afloop van ‘n nodige breukie weg van nasionale nuus, is die Podlitiek-span terug op hulle poste - met ‘n paar appeltjies te skil met die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie week sing die span ‘n nuwe liedjie: Skaapslag op Cliftonstrand, waarna hulle onwettige wiskunde-klasse by Helen Zille se seun kry, en uiteindelik waag hulle weer ‘n opinie oor grondhervorming en die nuutste verwikkelinge in hi...

Spesiale Episode 4 - Christelike Joodse Waardestelsel 25.12.2018

Hierdie spesiale uitgawe van Podlitiek is nie, soos altyd, te erg besorg oor die stampe en stote van die Suid-Afrikaanse politiek nie - juis omdat ‘n ou blaaskansie oor Kersfees tog net gepas is. In ‘n insiggewend, dog persoonlike, episode besluit die span om sommer die Kersgety te gebruik om die sluier te lig oor die basiese waardes van ons samelewing - juis omdat daar soveel uit die Christelik-J...

Spesiale Episode 3 - Geloftedag 16.12.2018

In hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag - of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ‘n natuurwonderwerk, of natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ‘n geloofswonderwerk, gegee uit die Hand van d...

Onderhoudreeks Ep. 8 - Jacques Basson (Klipkouers) 10.12.2018

‪Podlitiek kuier met ‘n groot gees en leier in die Suid-Afrikaanse podsending bedryf, Jacques Basson aanbieder van Klipkouers. ‬‪Ons gesels oor entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner identiteit. ‬ Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/...

Ep. 26 - NVG Se Nuwe Kahuna, Staatsinstellings Se Pampoene, Onteiening Kry Hardloop - Skoene 05.12.2018

Ten spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem...

Ep. 25 - Nuwe Kabinet Gesoom, EFF Sonder Skroom en 'n Nuwe Minimumloon 27.11.2018

Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/pod...

Onderhoudreeks Ep. 7 - Danie Barnard (Aktivis En Entrepreneur) 23.11.2018

Tydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.