RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 21 April 2022 21.04.2022

Geld stroom steeds in vanuit alle oorde, ook uit die buiteland, om slagoffers van die vloedramp in KwaZulu-Natal en elders te help. Intussen gaan Suid-Afrikaners voort met opruimingswerk. Die parlementêre oorsigkomitee, SKOOR, besoek die Medupi-kragstasie om uit te vind wat beurtkrag noodsaak. 'n Doktorsgraadstudent van Stellenbosch ontwikkel 'n botsingvoorkomingstelsel vir hommeltuie.

Monitor 20 April 2022 20.04.2022

Inwoners van Eldorado Park in Johannesburg staan op teen kabeldiewe en vandale. 'n Energiekenner praat oor Eskom se probleme - en moontlike oplossings. Sowat vyfmiljoen Oekraïners het reeds uit hulle land gevlug.

Monitor 19 April 2022 19.04.2022

Siniese Suid-Afrikaners sien groot potensiaal vir korrupsie in die regering se R1-miljard reddingsboei vir die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal, maar president Cyril Ramaphosa kondig spesiale maatreëls aan om dit te verhoed. Inwoners van Kleinsee vra die regering weer eens om delwerye te wettig.

Monitor 18 April 2022 18.04.2022

Minstens 63 mense word steeds in KwaZulu-Natal vermis, terwyl duisende inwoners sonder skuiling, elektrisiteit of water moet klaarkom. Gerda Steyn verpletter 'n drie dekade oue rekord. Nóg 'n groot prestasie vir die Matie-koor.

Monitor 15 April 2022 15.04.2022

Die omvang van die vloedskade aan die landboubedryf in KwaZulu-Natal word nog bepaal. Die prys van diesel het die afgelope tyd skerp gestyg. Is jy getel? Ons vind uit hoe vanjaar se sensusopname verloop. 'n Rolprent oor boeliegedrag op skool maak sy buiging op die silwerdoek.

Monitor 14 April 2022 14.04.2022

Terwyl die dodetal in KwaZulu-Natal skerp styg, probeer inwoners die skade bepaal. Nóg baie reën lê die Paasnaweek voor. 'n Kenner verduidelik hoe jy veilig op nat paaie bestuur.

Monitor 13 April 2022 13.04.2022

Reddingspogings word in dele van KwaZulu-Natal voortgesit ná swaar reën en oorstromings. Die stormweer in die provinsie kry ook die skuld vir Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind dat die sanger Steve Hofmeyr se uitlatings oor die LGBT-plus gemeenskap strydig is met diskriminasiewetgewing.

Monitor 12 April 2022 12.04.2022

Swaar reën laat 'n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal. Ons praat met Agri SA oor hoe die oorlog in Oekraïne Suid-Afrika beinvloed. Vanwaar die skuif na regs in die Franse verkiesing? Aardklop bied vanjaar drie kleiner feeste aan.

Monitor 11 April 2022 11.04.2022

Die strafsaak teen oudpresident Jacob Zuma en die wapenvervaardiger Thales word vandag voortgesit, en hierdie keer word dit dalk nie so maklik weer uitgestel nie. Die prys van kookolie skiet die hoogte in, maar word ons dalk om die bos gelei oor die redes daarvoor? Suid-Afrika se Meerkat-teleskoop maak 'n indrukwekkende waarneming van internasionale belang in die diepste ruimte.

Monitor 8 April 2022 08.04.2022

Die AA vra vir 'n hersiening van die sogenaamde bloulig-brigades. Die Mangaung Metro is onder nasionale administrasie geplaas. Suid-Afrika sal teen 2025 'n ernstige watertekort ervaar.

Monitor 7 April 2022 07.04.2022

Landbou wil alle vee teen bek-en-klouseer inent, maar Suid-Afrika het nie entstof beskikbaar nie. Betogers eis beter polisiëring in Diepsloot, noord van Johannesburg. Ontevredenheid oor moontlike olie- en gasontginning in die Noord-Kaap.

Monitor 6 April 2022 06.04.2022

Boewe teiken fietsryers in verskeie buurte van Pretoria. In sommige gevalle word hulle omgery en hulle fietse gevat. Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie glo Rusland beoog 'n groot teenoffensief in die ooste van Oekraïne. Die president van Oekraïne sê die VN-Veiligheidsraad het misluk in pogings om die oorlog te stop, en dat Rusland aanspreeklik gehou moet word vir sy gruweldade. Sommige weten...

Monitor 5 Maart 2022 05.04.2022

Die ramptoestand word ná 750 dae opgehef. Ons praat met politieke en mediese kenners. Kommer oor president Poetin se sielkundige profiel. Die prys van brandstof styg om middernag.

Monitor 4 April 2022 04.04.2022

Daar is al hoe meer bewyse dat oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg is. Inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap is geskok en woedend ná die moord op 'n elf-jarige meisie. ANC-hoës vergader later vanoggend met die president van die ANC-Vroueliga, Bathabile Dlamini, oor haar meineed-vonnis.

Monitor 1 April 2022 - Deel 2 01.04.2022

Leon van Nierop kritiseer die aksiefilm AMBULANCE. Willem Botha bespreek die woorde "katel" en "kooi".

Monitor 1 April 2022 - Deel 1 01.04.2022

Die president kondig Suid-Afrika se nuwe polisiekommissaris aan. Die brandstofheffing word verlaag om vuisvoos motoriste te help, maar branstofpryse sal stééds Woensdag styg.

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 2 31.03.2022

'n Dringende oplossing word gesoek vir landbouprodukte wat steeds in die Kaapstadse hawe lê en nie uitgevoer kan word nie. Vier nuwe boomsoorte in Suid-Afrika word by die lys van bedreigde spesies gevoeg. Ons ontleed 'n konsepooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne.

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 1 31.03.2022

Die DA se mosie om van kabinetsministers ontslae te raak, misluk. Die AA vra dat vandag se spertyd vir die hernuwing van rybewyse weer uitgestel moet word. Die oopwater-swemmer Sarah Ferguson se aanslag op die swemroete van Durban na Kaapstad ly skipbreuk.

Monitor 30 Maart 2022 - Deel 2 30.03.2022

Werkloosheid styg tot 'n nuwe rekordvlak. Meer buitelandse toeriste besoek die land in Januarie. Inwoners van Hangberg in Kaapstad vertel hoe dit voel om in 'n Silwerskermfees-fliek te verskyn.

Monitor 30 Maart 2022 - Deel 1 30.03.2022

Operasionale uitdagings by die land se hawens kniehalter vrugteuitvoerders. Kommer heers oor rioolvuil wat in die Kamiesberg munisipale gebied gestort word. 'n Nuwe Covid-variant, Deltakron, versprei in Amerika en Europa.

Monitor 29 Maart 2022 - Deel 2 29.03.2022

Die opsystaanreël van die ANC kry teenstand van die party se takke in Kwazulu-Natal. Amnestie Internasionaal looi Suid-Afrika oor vreemdelingehaat. Die nuwe opposisieparty in Zimbabwe, CCC, behaal ongewone sukses in die afgelope naweek se verkiesings.

Monitor 29 Maart 2022 - Deel 1 29.03.2022

Suid-Afrika is diep verdeel oor die kwessie van buitelanders. Verdere onderhandelings om die oorlog in Oekraïne te beëindig vind vandeesweek plaas teen die agtergrond van die vlugtelingekrisis. Die vakbond Solidariteit beoog om 21 staatskapers by die polisie aan te kla.

Monitor 28 Maart 2022 - Deel 2 28.03.2022

Minder mense het in 2020 voor die kansel beland. Nuwe wetgewing oor huwelike sal binnekort aan die kabinet voorgelê word. Die rolprent Dune maak skoonskip by die Oscar-toekennings.

Monitor 28 Maart 2022 - Deel 1 28.03.2022

Opposisiepartye wil die burgemeester van die Mangaung-Metro uit die kussings lig. Die rolprente Barakat en Gaia wen groot by die Silwerskermfees-toekennings. Die MRK gryp in om die spanning tussen inwoners en buitelanders op Bredasdorp te ontlont.

Monitor 25 Maart 2022 - Deel 2 25.03.2022

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, is een van net drie kabinetsministers wat 'n slaagpunt van die DA kon kry. Rusland probeer sogenaamde vyandige lande dwing om gas met Roebel te koop. Die regering en tabakbedryf kruis swaarde oor nuwe belasting, wat na verwagting aanstaande jaar in werking tree.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.