RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 3 November 2023 03.11.2023 46:52
Sakelui sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika deel bly van die AGOA-ooreenkoms. 'n Prokureur in verbruikersreg waarsku oor die slaggate van Swartvrydag. 'n Jong byeboer kraai koning oorsee.
Monitor 2 November 2023 02.11.2023 47:57
Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.
Monitor 1 November 2023 01.11.2023 50:10
Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het.
Monitor 31 Oktober 2023 31.10.2023 49:31
Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.
Monitor 30 Oktober 2023 30.10.2023 49:25
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?
Monitor 27 Oktober 2023 27.10.2023 48:55
Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.
Monitor 26 Oktober 2023 26.10.2023 46:35
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.
Monitor 25 Oktober 2023 25.10.2023 48:26
Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.
Monitor 24 Oktober 2023 24.10.2023 49:22
Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.
Monitor 23 Oktober 2023 23.10.2023 49:15
Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose.
Monitor 20 Oktober 2023 20.10.2023 51:32
Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes.
Monitor 19 Oktober 2023 19.10.2023 49:38
Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?
Monitor 18 Oktober 2023 18.10.2023 49:53
Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties.
Monitor 17 Oktober 2023 17.10.2023 48:13
Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon.
Monitor 16 Oktober 2023 16.10.2023 49:23
Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk.
Monitor 13 Oktober 2023 13.10.2023 52:27
Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend.
Monitor 12 Oktober 2023 12.10.2023 49:14
Kgosi Kwena Mangope is Action SA se premierskandidaat vir Noordwes. Daar is toenemende druk op die Departement van Openbare Ondernemings om Transnet reg te ruk. Meer as twee miljard mense wêreldwyd ervaar probleme met hulle sig. Voedselsekerheid is in die kollig by Agri SA se nasionale kongres.
Monitor 11 Oktober 2023 11.10.2023 48:30
Ons praat met 'n kenner oor die metode van oorlogvoering in Gaza. Maties se viserektor verduidelik hoe die Khampephe-verslag op die kampus geïmplimenteer word. Ons praat oor 'n dokumentêre film wat oor die verskuiwing van Bruinmense in Stellenbosch handel.
Monitor 10 Oktober 2023 10.10.2023 50:32
Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITS...
Monitor 9 Oktober 2023 09.10.2023 47:16
Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.
Monitor 6 Oktober 2023 06.10.2023 47:11
Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.
Monitor 5 Oktober 2023 05.10.2023 47:45
Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.
Monitor 4 Oktober 2023 04.10.2023 48:28
Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...
Monitor 3 Oktober 2023 03.10.2023 48:38
Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan.
Monitor 2 Oktober 2023 02.10.2023 48:57
Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.