RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 27 Desember 2024 27.12.2024

Die EFF vra die regering en SADEK om in te gryp om die konflik in Mosambiek op te los. Die probleem van haweloses sal nie weggaan nie waarsku welsynsorganisasies. Die herstel van grondregte bly op die politieke agenda.

Monitor 26 Desember 2024 26.12.2024

Kommer oor die hoë voorkoms van tienerswangerskappe in KwaZulu-Natal. Die proses om van analoog na digitale uitsaaidienste oor te skakel, is steeds nie afgehandel nie. Rolprenttoerisme is in die kollig.

Monitor 25 Desember 2024 25.12.2024

'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se vlagskip-nuusaktualiteitsprogram.

Monitor 24 Desember 2024 24.12.2024

Rotontlasting word op produkte by sommige groot kettingwinkels in Soweto gevind. In Mosambiek bekragtig die grondwetlike raad Frelimo as die wenner van die afgelope verkiesing. Talle buitelanders word by verskillende grensposte in hegtenis geneem. Ons praat met 'n ontleder oor die jaar se vernaamste politieke gebeure. Springbokkaptein Siya Kolisi wil glo terugkeer na die Stormers.

Monitor 23 Desember 2024 23.12.2024

Die waterkrisis op Lichtenburg in Noordwes verdiep. 'n Aardbewing tref die Noord-Kaap. 'n Voormalige Isidingo-kollega bring hulde aan Michelle Botes, wat Saterdag oorlede is.

Monitor 20 Desember 2024 20.12.2024

Meer as 500 mense sterf op die land se paaie. Eskom ly 'n verlies van R55-miljard. 'n Span van vyf leerlinge het Antarktika vandeesweek besoek.

Monitor 19 Desember 2024 19.12.2024

Vrystaat Landbou sê kommersiële boere staan voor die grootste stryd om oorlewing ooit. Botswana hef die verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse groente op. Die Noordwes-Universiteit se Sakeskool sê beleidsonsekerheid is aan die toeneem.

Monitor 18 Desember 2024 18.12.2024

Die regulasies van die BELA-wet, wat die toepassing van die wet sal bepaal, kan volgens kenners jare vat om te skryf. 2024 was 'n jaar van bitter gewapende konflik regoor die wêreld. Talle organisasies voel Suid-Afrika se kiesstelsel moet hervorm word. Meer as 600 pasopgeleide polisiekonstabels word by stasies in KwaZulu-Natal ontplooi.

Monitor 17 Desember 2024 17.12.2024

'n Versoek dat die kabinet se besteding ingeperk word. Fedsas sê daar is 'n nypende tekort aan openbare skole in Gauteng en die Wes-Kaap. Die Grondwethof in Suid-Korea moet bepaal of president Yoon Suk Yeol uit dié amp onthef moet word.

Monitor 16 Desember 2024 16.12.2024

Die EFF sluit sy verkiesingskongres af met 'n waarskuwing vir die regering van nasionale eenheid. 'n Verskeidenheid opsies oor wat met die BELA-wet moet gebeur, is aan president Cyril Ramaphosa vir oorweging oorhandig. Suid-Afrikaners vier vandag Versoeningsdag. 'n Span wetenskaplikes van die Universiteit van Johannesburg vertrek na Antarktika.

Monitor 13 Desember 2024 13.12.2024

Die MK Party en die EFF neem die jaar in oënskou by hulle onderskeie saamtrekke die naweek. Dele van Johannesburg tot 86 uur sonder water. Pakistan se kriekettoer na Suid Afrika in 'n krisis gedompel.

Monitor 12 Desember 2024 12.12.2024

Die SAKP herbesin sy vennootskap met die ANC en Cosatu by sy spesiale kongres. Kleinhandelverkope van klere, meubels en skoene neem toe. SA Rugby wil die 2030 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika aanbied.

Monitor 11 Desember 2024 11.12.2024

Ons fokus op fluitjieblasers teen die agtergrond van 'n teenkorrupsie-konferensie in Boksburg. Die hooggeregshof belet die bou van nog ’n steenkoolkragstasie. Erfenisgewasse (vrugte en groente wat voor kommersialisering verbou is) is glo meer volhoubaar.

Monitor 10 Desember 2024 10.12.2024

Negentienduisend Gautengse leerlinge wie se skoolaansoeke foutief of onvolledig is, kan van môre af weer aansoek doen. Hoe suksesvol was die ministers in die RNE vanjaar? Ons praat met 'n politieke ontleder. Israel doen meer as 'n 100 lugaanvalle op militêre teikens in Sirië.

Monitor 9 Desember 2024 09.12.2024

Die DA sê 'n faksie van die ANC wil onderwysminister Siviwe Gwarube uit die saal lig. Rusland gee Sirië se president, Bashar al-Assad, asiel nadat sy regering in duie stort. Die Suid-Afrikaanse sopraan, Pretty Yende, sing in die herboude Notre Dame-katedraal in Parys.

Monitor 6 Desember 2024 06.12.2024

Politieke partye wil meer geld van skenkers hê, maar wil minder sê oor wie geld vir hulle gee. Die Ahmed Kathrada-stigting voel ongemaklik oor die polisie se ondersoek na die dood van twee lede van uMkhonto we Sizwe in 1989. 'n Geraamde toename van 140% in koolstofbelasting kan baie besighede se deure laat sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, sê 'n nuwe eerste minister sal binne dae aange...

Monitor 5 Desember 2024 05.12.2024

Watter impak sal ’n SAL-vlieënierstaking op jou reisplanne en toerisme hê? Kommer oor die voortslepende hittegolf en gebrek aan reën se invloed op damme en die landboubedryf. Die Franse regering stort ineen nadat die eerste minister uit die kussings gelig is.

Monitor 4 Desember 2024 04.12.2024

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp. Inwoners van Thabazimbi in Limpopo trek vandag hulle kruisies in 'n munisipale tussenverkiesing. Nigerië soek lidmaatskap van BRICS en die G20. Die druk neem toe op Suid-Korea se president, Yoon Suk Yeol, om te bedank nadat hy krygswet afgekondig, en daarna teruggetrek het.

Monitor 3 Desember 2024 03.12.2024

Die polisie se soektog na die gewapende verdagtes, wat vyf mans in Mfuleni op die Kaapse Vlakte doodgeskiet het, duur voort. Thabazimbi gaan na die stembus ná intensiewe verkiesingsveldtogte wat verskeie partyleiers betrek het. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voer samesprekings met Nigerië.

Monitor 2 Desember 2024 02.12.2024

Agt mense sterf in 'n busongeluk buite Worcester in die Wes-Kaap. Die president sê die Bela-skikkingsooreenkoms het geen invloed op die veelparty-raadplegingsproses oor dié wetgewing nie. Suid-Afrika neem die voorsitterskap van die G20 oor.

Monitor 29 November 2024 29.11.2024

Die taal- en toelatingsklousules in die omstrede BELA-skolewet sal ingevolge 'n skikking tussen Solidariteit en die regering nié op 13 Desember in werking gestel word nie. Nóg onwettige mynwerkers het by Skag 10 van die Buffelsfonteinmyn op Stilfontein uitgekom. Die stelsel wat maatskaplike toelaes uitbetaal is kwesbaar vir bedrog. 'n Museum wat die evolusie van televisie uitstal, open in Kaapstad...

Monitor 28 November 2024 28.11.2024

Hezbollah verklaar 'n oorwinning oor Israel, terwyl Israel dreig om te reageer indien die ooreenkoms verbreek word. Die jongste oor die verkiesing in Namibië. 'n Verbruikersprokureur waarsku teen die slaggate van Swartvrydag.

Monitor 27 November 2024 27.11.2024

Die Ouditeur-Generaal sê daar is 'n effense verbetering in die oudituitkomste van nasionale en provinsiale departemente. Solidariteit nader die Arbeidshof oor die proses wat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement volg, om onderwysposte af te skaf. Namibiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

Monitor 26 November 2024 26.11.2024

'n Effense verbetering in misdaadstatistiek, maar geweld teen kinders neem toe. Vrystaat Landbou geskok oor die voorgestelde reuse kragtariefverhoging. Die brand buite Ceres is geblus.

Monitor 25 November 2024 25.11.2024

Huldeblyke stroom in ná die dood van Breyten Breytenbach. Ons fokus op die 16 dae veldtog van geen geweld teen vroue en kinders, wat vandag begin. Ontwikkelde lande verdrievoudig hulle befondsing aan die ontwikkelende wêreld om klimaatsverandering te stuit.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.