RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 13.01.2016 17:50
AgriSA is voortaan in beheer van die bestuur van die Nasionale Droogte-rampfonds. Dit volg nadat die landbou-organisasie die minister van landbou, Senzeni Zokwana, gevra het om noodmaatreëls weens die knellende droogte in te stel. Beide partye het gister oor die sosio-ekonomiese impak van die droogte beraadslag. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met AgriSA se bestuurshoof, Omri van Zyl, en...
Monitor 08.01.2016 9:03
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 08.01.2016 3:01
Slegs 'n week nadat die periodieke tabel vier nuwe elemente ryker is, is elektroniese periodieke tabelle reeds aangepas. Hierdie nuwe elemente is geidentifiseer as swaar metale. Daar is selfs versoeke dat van die elemente na 'n "heavy-metal" sanger vernoem word. Marlinee Fouche het met ons Wetenskapskorrespondent, George Claassen gepraat.
Monitor 07.01.2016 5:01
Gauteng se top-presteerder, Minet Uys, spog met nie minder nie as agt onderskeidings. Minet het 'n gemiddeld van 95,56 persent behaal -- en wil 'n loopbaan in die ingenieurswese najaag.
Monitor 07.01.2016 5:17
In 'n nuwe verslag oor werk-vooruitsigte vir matrieks, word benadruk dat die moderne ekonomie veel meer kennis vereis as wat deur 'n matriek-sertifikaat gebied word. Op die lyn is 'n senior ekonomiese navorser by Solidariteit se navorsingsinstituut, Paul Joubert.
Monitor 07.01.2016 4:00
Moedertaalonderrig, dissipline en toegewyde onderwysers is die Afrikaanse Hoër Meisieskool se wenresep. Hulle het die afgelope 30 jaar 'n 100% matriekslaagsyfer gehandhaaf. Professor Kobus Maree van die opvoedkundige sielkundige departement by die Universiteit van Pretoria, sê die skool se wenresep kan deur ander skole gebruik word om die nasionale matriekslaagsyfer te verhoog.
Monitor 07.01.2016 7:19
Ekonome waarsku dat 'n matriek-sertifikaat nie 'n waarborg is om werk te kan kry nie. Die realiteit is dat universiteite en kolleges ook net 'n klein deel van die bykans 560-duisend matrieks kan toelaat wat wel geslaag het. Wat word van die res? En waar gaan hulle werk kry in 'n land wat reeds gebuk gaan onder werkloosheid? Ons praat met Mike Schussler van economists.co.za.
Monitor 07.01.2016 4:41
Te midde van baie kritiek, het die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, Chris Klopper, die Minster van Basiese Onderwys geloof vir haar openhartigheid oor die probleme in die onderwys. Sy het eergister swakker matriekuitslae aangekondig. En ons praat met Chris Klopper van die SAOU.
Monitor 07.01.2016 9:54
Die afgelope matriekuitslae toon baie duidelik aan dat die drie armste provinsies - KwaZulu-Nata, Limpopo en die Oos-Kaap - dringend hulp nodig het in hulle onderskeie onderwyssektore. So sê die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Universiteit Johannesburg, Professor Sarah Gravett.
Monitor 04.01.2016 4:26
Die 51-jarige Gerda Badenhorst is een van n groepie buitelanders wat Sjinese kinders leer om Engels te praat. Gerda is na nege maande, vir n kort vakansie terug in Johannesburg waar Anita met haar gepraat het:
Monitor 31.12.2015 2:16
Die gehaltebeheerliggaam, Umalusi sê die matriekklas van 2015 het swakker as verlede jaar in Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar. Umalusi sê 26 sake van beweerde groepkullery en afskrywery is ook tydens die eindeksamen in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga aangemeld. Jean Esterhuizen berig dat die uitslae volgende week bekend gemaak word.
Monitor 31.12.2015 5:27
Die Wes-Kaapse polisie sê hulle maak vordering om bende geweld en aktiwiteite in die Kaapse-skiereiland te bekamp. 'n Aantal gebiede in die streek soos Ocean View, ervaar 'n toename in bendegeweld oor die afgelope paar weke en sewe mense is oorlede in die geweld. Berenice Moss het hierdie spesiale verslag saamgestel.
Monitor 29.12.2015 4:33
Die EFF het oud-president FW de Klerk se teenstand skerp veroordeel dat 'n standbeeld van Cecil John Rhodes by die Oxford Universiteit in Engeland verwyder word. De Klerk sê die geskiedenis eer individue vir hulle invloed en nie hoe 'n mate hulle later voldoen aan politieke korrektheid nie. Maar die EFF het gesê hy verdien nie die Nobelprys na die uitlating nie.
Monitor 29.12.2015 11:08
Vir baie jonges gaan die Desember-vakansie gepaard met laatnag-partytjies, goeie tye met vriende en oormatige alkohol-gebruik. Die Suid-Afrikaanse nasionale raad teen alkohol- en dwelmverslawing, Sanca, waarsku al hoe meer jongmense kyk te diep in die bottle, dikwels met katastrofiese gevolge. Ivor Price het die spesiale verslag saamgestel.
Monitor 29.12.2015 5:09
Die Afrikaanse skrywerswêreld rou na die dood van die skrywer Chris Barnard. Huldeblyke van regoor die wêreld getuig daarvan dat die veelsydige skrywer op vele vlakke gemis gaan word. Barnard is Maandag-oggend aan 'n hartaanval oorlede. Izak du Plessis het die huldeblyk aan hom saamgestel.
Monitor 24.12.2015 4:01
Drie wit lede van die SAPD kry bevordering na jare van onderhandeling.
Monitor 23.12.2015 5:41
Oom Frik gesels oor 'n vol lewe en sy persoonlike geskiedenis.
Monitor 22.12.2015 2:14
Waterbeperkings is steeds 'n realiteit in sommige dele van Suid-Afrika. Die kommunikasie-bestuurder van Kaapstad Toerisme, Nicole Biondi, het aan Dianke Nel gesê vlak twee waterbeperkings is vir Kaapstad ingestel en besoekers aan die gebied moet daaraan gehoor gee.
Monitor 22.12.2015 3:37
Om stories te vertel is 'n kuns wat al hoe minder beoefen word. Deur die eeue was dit hoofsaaklik die manier waarop geskiedkundige gebeure van geslag tot geslag oorgedra is. 'n Vrou van Namakwaland het storievertellery weer gewild begin maak met haar manier hoe sy dit aanwend om die Namakwalandse kultuur bekend te stel. Ons verslaggewer Reginald Witbooi het in Kommagas in die Noord-Kaap na haar st...
Monitor 22.12.2015 4:37
Ten spyte van Suid-Afrika se wisselvallige ekonomie, is vakansieplekke aan die kusgebiede propvol bespreek. Die uitvoerende hoof van Ugu Suidkus Toerisme, Justin Mackrory, het aan Dianke Nel gesê die Suid-Kus in KwaZulu-Natal is 'n waarde-vir-geld vakansiebestemming.
Monitor 16.12.2015 9:43
Suid-Afrika is leierloos, en 'n paar kabinetskuiwe is nog lank nie genoeg om die ekonomie reg te ruk nie. Só waarsku die vakbondleier, Zwelenzima Vavi, wat op Versoeningsdag aan die teenkorrupsie en teen-Zuma-optogte gaan deelneem. Hy glo pres. Jacob Zuma moenie alleen vir die ekonomiese krisis pa staan nie, maar eerder die ANC se nasionale uitvoerende komitee.
Monitor 16.12.2015 35:42
"Ek het myself prysgegee." Dit was die woorde wat Adriaan vlok - oud-minister van wet en orde, gebruik het toe hy eerwaarde Frank Chikane, destyds direkteurgeneraal in die Presidensie, se voete gaan was het. Die gebeurtenis wat op 3 Augustus 2006 in Chikane se kantoor in die Uniegebou plaasgevind het, het selfs oorsee reaksie uitgelok. Oudpresident Thabo Mbeki was diep geroer en Patricia de Lille,...
Monitor 14.12.2015 5:14
Suid-Afrika het binne 'n bestek van vier dae nie minder nie as drie ministers van finansies gehad. Dit volg na president Jacob Zuma gisteraand laat die nuut aangetelde David van Rooyen tot die departement van samewerkende regering herontplooi het. Van Rooyen se aanstelling in die plek van Nhlanla Nene het die ekonomie minstens R169-miljard gekos. Pravin Gordhan is nou weer die Minister van Finansi...
Monitor 14.12.2015 19:22
Pravin Gordhan sal na alle waarskynlikheid vandag óf môre as Suid-Afrika se nuwe Minister van Finansies ingehuldig word. Dit volg ná president Jacob Zuma gisteraand laat die nuutaangestelde David van Rooyen skaars vier dae later tot die departement van samewerkende regering herontplooi het. Van Rooyen se aanstelling in die plek van Nhlanla Nene het die ekonomie minstens R169-miljard gekos. Ivor Pr...
Monitor 11.12.2015 12:27
Die storm rondom die onverwagse afdanking van die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, wil nie wyk nie. Ekonome, politici en ontleders gebruik sosiale media om hulle robuuste menings hieroor te deel. Anita Visser praat hieroor met Theo Bekker, 'n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.