Suzaan Steyn

Met Almal. Oor Alles

Education AF ↓ 14 episodes

Welkom by Met Almal. Oor alles. Gesprekke met kundiges, kenners en mense met interessante stories om te deel.

Author

Suzaan Steyn

Category

Education

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Feb 27, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gaan jy vandag na jóú lyf luister? 27.02.2026

As leierskaps- en lewensafrigter reis Gretha van der Merwe die wêreld vol om sakeleiers in die korporatiewe wêreld af te rig en op te lei. In hierdie eerste onderhoud oor haar debuutboek Lyfluister – jou innerlike kompas in donker tye, praat sy oor ‘n ander reis: haar ervaring met depressie, ‘n verlammende angsversteuring, konversiesteurnis, skokterapie in Stikland, spirituele en emosionele ontwak...

Geen Kontak, Geen Redes: “Ghosting” het nie wenners nie. 05.09.2025

Ons is sekerlik almal al een of ander tyd uit die bloute deur iemand geïgnoreer. Sonder waarskuwing. Sonder verduideliking. Of dit nou op die speelgrond, by die werk, of in ’n verhouding gebeur, dit bly ’n ontstellende ervaring. Een oomblik is daar ’n band, die volgende oomblik stilte. Geen verduideliking, geen antwoorde, geen afsluiting. In Episode 13 gesels ek met kommunikasiespesialis, sake-coa...

“Vrolike Marlenetjie”, Artscape se Ystervuis met ‘n Hart vir Mense 29.08.2025

Sy's die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig. Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke lan...

Kunsmatige Intelligensie: Vriend of Vyand? 22.08.2025

In Japan en die VSA vorm mense intieme verhoudings, selfs huwelike, met KI-geskepte “maats.” Amerikaanse wetenskaplikes het KI gebruik om nuwe antibiotika te ontwikkel teen middelweerstandige infeksies. In Suid-Afrika maak die eerste robot-onderwyser, Iris, haar verskyning in Kwazulu-Natal. Maar saam met die vordering kom die vrae. In episode 11 van MAOA gesels ek met prof. Nicky Terblanche van di...

‘n Lig in die Donker 15.08.2025

Een aand, nie lank gelede nie, het ek ‘n swerm vuurvliegies langs die Luvuvhu-rivier in die Makuya-natuurreservaat in Limpopo gesien. Ek was skoon oorstelp. Vuurvliegies is vir my “wonderwerke” en “sprokies”, en almal wat ek hieroor uitvra, stem saam. Die hartseer is dat meeste van ons hulle laas as kinders gesien het. Wie is hierdie klein liggies in die donker? Waar woon hulle, wat eet hulle, hoe...

Jy val hard. En dis nie toeval nie! 08.08.2025

Hoekom raak ons verlief en hoekom juis op HULLE? In dié verhoudings-episode van Met Almal. Oor Alles duik ons diep in die sielkunde van verhoudings saam met sielkundige dr Fred Schouwink van Johannesburg. Hy werp lig op die geheime van aantrekkingkrag, liefde, ou patrone, herinneringe en trauma en waarom jou bindingstyl dalk jou liefde kan saboteer of laat floreer. You fall hard, and it’s no coinc...

Kolonkanker: akteur Albert Maritz deel sy reis en waarsku… 31.07.2025

Die kolonoskopie was skoon en die dokters nie bekommerd nie. Tog was die simptome daar en is die bekende akteur Albert Maritz in 2019 tot sy groot skok met kolonkanker gediagnoseer. In Episode 8 van MAOA deel hy vir die eerste keer in ‘n openhartige gesprek sy ervaring van ongeloof, pyn, behandeling en hoop. En hy rig ’n dringende waarskuwing: moenie simptome ignoreer of ’n tweede mediese mening u...

Leër kaste, voller lewe. 25.07.2025

Impuls-aankope, rooi bankstate, kaste vol goed wat jy nie nodig het nie? Stop! Sluit vandag nog aan by ‘n nuwe beweging wat veral Gen Z-ers op hol het. In Episode 7 van Met Almal. Oor Alles vertel toekomskundige Frieda le Roux van die No Buy 2025-koors wat vanjaar in die buiteland posgevat het en jou nie net finansiële angs en duisende rande gaan spaar nie, maar volgens navorsers ook bydra tot jou...

Modder tot medisyne: ondergrondse avontuur van 'n meesterbrein. 18.07.2025

Kom daal saam met my af in ’n onderwêreld wat wemel van mikroskopiese meesterbreine en ondenkbare aktiwiteite. In Episode 6 van Met Almal. Oor Alles deel ’n briljante bakterie met ’n gesonde ego haar wêreld van mikrobiologiese ervarings onder die aarde met ons. Van die reuk van grond tot die antibiotika wat jy sluk om jou teen bakteriële infeksies te beskerm. Ek stel Streptomyces onverwyld aan die...

Geen mos aan sy klippe nie. 11.07.2025

Hy’t vroeg in sy lewe besef daar is groot avonture wat wag en gewapen met nuuskierigheid en ‘n groot liefde vir kosmaak, het Frik de Jager sy rugsak gepak - deur altesaam 12 lande in Afrika en 24 in die res van die wêreld. Tydens sy reise het hy in kombuise van Rusland tot Kaïro gekook en stories en familieresepte uitgeruil met boere, sigeuners en ‘n vrou met die naam Olga in Moskou. In episode 5...

Vrees vir verandering? Die beste ding wat dalk ooit met jou kan gebeur. 04.07.2025

Verandering in die werksomgewing vind deesdae al hoe meer en vinniger plaas. Of dit nou werkverlies, nuwe tegnologie of onsekerheid oor toekomstige werkgeleenthede is – dit skep stres wat uiteindelik tot depressie en siekte kan lei. Om ons te help om ons vrese beter te verstaan, veerkragtigheid te ontwikkel en die situasie uiteindelik tot ons voordeel te gebruik, gesels ek in Episode 4 van Met Alm...

Van Blomme en Bye gepraat: “Moenie met ons mors nie, ons onthou hoe jy lyk.” 27.06.2025

In ‘n heuningsoet episode 3 van Met Almal. Oor Alles gesels ek met Apis mellifera, ’n gewone werkerby met buitengewone insigte. Ons vlieg saam deur die binnewerkinge van die nes: van die koningin se rol en die werkers se onophoudelike gesweet, tot die darren of manlike bye se ietwat gemaklike bestaan. Ons raak aan bye se elegante en noodsaaklike danskommunikasie, hulle veiligheidsmaatreëls teen in...

Stres, meditasie, verandering en die wonder van die wetenskap daaragter. 20.06.2025

Stres is nie ’n nuwe onderwerp nie, maar Dr. Lolita Mostert, ’n psigiater van Kaapstad, het besluit om die behandeling daarvan op ’n ander manier aan te pak. Toe sy besef medikasie alleen is nie genoeg om haar pasiënte te help nie, het sy haar eie navorsing oor stres en angs begin doen. In Episode 2 van Met Almal. Oor Alles verduidelik sy hoekom dit so moeilik is vir ons om ons gewoontes te verand...

Môre vandag: wat wag vir ons? 10.06.2025

Robotte wat hulle humeur verloor, rolprentateljees wat lisensies uitreik vir die wêreld se eerste KI-geskepte videos en akteurs, digitale tweelinge, en hoe ver weg is ‘n derde wêreldoorlog? In Episode 1 van Met Almal. Oor Alles, praat Suzaan Steyn en Dr. Doris Viljoen, hoof van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool oor die werk van die Instituut en hoe d...

Listen to the Met Almal. Oor Alles podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.