RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 633 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 27 Oktober 2022 27.10.2022

Ons gesels verder oor die uitdagings van babas, veral dié ouer as ses maande, wat nie goed slaap nie. Baie nuwe ouers ken dit al te goed, en is dikwels raadop. Slaapkonsultant Rhonel Scheepers deel nog insigte en wenke.

Groeipyne 20 Oktober 2022 20.10.2022

In hierdie week se Groeipyne fokus ons op slaap, die wondersoete ding soos die digter daarna verwys. Maar wat as dit in ‘n nagmerrie ontaard met ‘n nuwe baba wat sukkel om te slaap, en die ouers heelnag wakker hou? Slaapkonsultant Rhonel Scheepershet raad.

Groeipyne 13 Oktober 2022 13.10.2022

Anthea Fredericks kyk na die invloed van taalontwikkeling op geletterdheidswerwing met betrekking tot voorskoolse kinders. Spraak- en taalterapeut, Hannekie Verwoerd, is passievol oor hierdie onderwerp, en deel nuttige insigte en wenke.

Groeipyne 6 Oktober 2022 06.10.2022

Anthea Fredericks fokus op die invloed van taalontwikkeling op geletterdheidswerwing met betrekking tot voorskoolse kinders. Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd is passievol oor die onderwerp, en deel nuttige insigte en wenke.

Groeipyne 29 September 2022 29.09.2022

Anthea Fredericks fokus op jong kinders se blootstelling aan pornografie na aanleiding van ‘n onlangse artikel in dat kinders so jonk as vyf jaar oud aan eksplisiete seksuele inhoud blootgestel is. Dr. Elna Rudolph, 'n mediese dokter en seksuoloog, gee haar indrukke en verskaf waardevolle raad.

Groeipyne 22 September 2022 22.09.2022

Anthea Fredericks kyk na die verskeie uitdagings wat voorskoolse kinders in die gesig staar - van emosionele regulering tot skermtyd. Sielkundige Fiona Doman Olivier gee raad.

Groeipyne 15 September 2022 15.09.2022

Anthea Fredericks fokus op die veranderende dinamika in ‘n gesin met die koms van ‘n nuwe baba. Dit kan nogal uitdagend wees vir jong sibbe, veral as hulle self nog peuters of kleuters is. Spesialisberader Wietske Boon gee raad.

Groeipyne 8 September 2022 08.09.2022

Anthea Fredericks fokus op voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging. Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied, wie se ondervinding oor byna 30 jaar strek, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer,  en wat ouers by die huis kan doen.

Groeipyne 1 September 2022 01.09.2022

Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied van voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer.

Groeipyne 25 Augustus 2022 25.08.2022

Die fokus is op vroeë breinstimulasie vir voorskoolse kinders. Brand van Dyk, ‘n remedierende leeskenner, praat oor die brein se ontsaglike vermoë.

Groeipyne 18 Augustus 2022 18.08.2022

Daar is heelwat navorsing en getuienis van die groot voordele wat diere inhou vir die mens se welstand en geestes-en liggaamlike gesondheid. Die span van Paws4Life kuier in die ateljee saam met Anthea Fredericks om onder meer oor die opleiding van terapie- en dienshonde te gesels. Die honde help kinders op verskeie  maniere met uiteenlopende uitdagings.

Groeipyne 11 Augustus 2022 11.08.2022

Dr. Thandi Wessels, ‘n distrikspediater by Tygerberg Hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement Pediatrie en Kindergesondheid, vertel hoekom kinder-immunisasie so belangrik is.

Groeipyne 4 Augustus 2022 04.08.2022

Ons sit die gesprek voort oor die uitdagings wat peuters en kleuters by vroeë kinderontwikkelingsentra in die gesig staar. Daar word gefokus op dissipline. Anthea Fredericks praat met Emily Solomon, wie se loopbaan en bydrae tot die onderwys oor meer as 50 jaar strek.

Groeipyne 28 Julie 2022 28.07.2022

Ons fokus op skoolvoorbereiding en die uitdagings wat peuters en kleuters by vroeë kinderontwikkelingsentra in die gesig staar. ‘n Onlangse Suid-Afrikaanse studie het bevind dat heelwat van hierdie kinders nie leergereed is nie. Anthea Fredericks praat hieroor met Emily Solomon, wie se loopbaan en bydrae tot die onderwys oor meer as 50 jaar strek.

Groeipyne 21 Julie 2022 21.07.2022

Anthea Fredericks praat met musiekterapeut Anja Pollard oor musiekterapie vir voorskoolse kinders.

Groeipyne 14 Julie 2022 14.07.2022

Die fokus is op kinderkinetika – die dissipline van bewegingsontwikkeling en oefening. Anthea Fredericks steek kers op by kinderkinetikus, Karyna le Roux, oor watter voordele dit inhou vir jong kinders.

Groeipyne 7 Julie 2022 07.07.2022

Anthea Fredericks fokus op Grondslagfase-onderwys en die oorgang van Graad R na Graad Een. Susan Burgess van die Curro Kurrikulum bestuurspan en Grondslag Fase bestuurshoof praat oor kreatiewe maniere om die leerervaring in die formele onderwysmilieu vir hierdie jong leerders aangenaam te maak.

Groeipyne 30 Junie 2022 30.06.2022

Anthea Fredericks praat met Brand van Dyk, wie se remediërende leesagtergrond oor 25 jaar strek, oor voorskoolse kinders se breinstimulasie en die vroeë ontwikkeling van leesvaardighede. Goeie leesvaardigheid is van die belangrike boustene vir suksesvolle akademiese en persoonlike ontwikkeling. 

Groeipyne 23 Junie 2022 23.06.2022

Geld laat die wereld draai; geld wat krom is, maak reg wat stom is. Daar is 'n menigte idiome en gesegdes oor geld, en as volwassenes verstaan ons die rol wat geld in ons alledaagse lewe speel. Dis ook ons plig om ons kinders toe te rus met die nodige vaardighede om hulle te help om hulle geldsake suksesvol te bestuur. Anthea Fredericks praat hieroor met Nico van Gijsen, 'n gesertifiseerde finansi...

Groeipyne 16 Junie 2022 16.06.2022

Anthea Fredricks plaas die fokus op kinders se dieet en gesonde eetgewoontes. Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch gee wenke aan swanger vroue om te verseker dat hulle ongebore babas die regte voeding kry. Daar word ook gesels oor kleuters en peuters se kieskeurige kossmake.

Groeipyne 9 Junie 2022 09.06.2022

Dis bloktyd! Die land se leerders is midde in eksamens. Dit beteken dat stresvlakke hoog kan loop in baie huishoudings. Ons kyk na maniere om kinders se stresvlakke te verlig, en fokus op die ondersteuningsrol wat ouers en versorgers kan speel. Celeste Labuschagne, 'n onderwys-spesialis by die Skole Ondersteuningsentrum,  deel waardevolle wenke.

Groeipyne 2 Junie 2022 02.06.2022

Vir baie jare was seks en seksualiteit taboe onderwerpe in vele Suid-Afrikaanse huishoudings.  Dis mos immers iets baie privaat. Ouers blyk steeds sku en ongemaklik om die onderwerp aan te roer. Maar dis tog sekerlik by die huis waar seksopvoeding moet begin? Anthea Fredericks het dr. Elmari Craig, 'n internasionaal gesertifiseerde seksuoloog en verhoudingsterapeut,  genader om die vrae te beantwo...

Groeipyne 26 Mei 2022 26.05.2022

'n Groot aantal kinders sukkel met Wiskunde. Vir baie leerders is dit 'n gevreesde vak, hoewel dit 'n belangrike komponent van die kurrikulum is. Sommige kinders gee eenvoudig tou op. Anthea Fredericks praat met Kurt Minnaar, 'n voormalige Wiskunde-onderwyser en deesdae vakadviseur vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor maniere om 'n hernieude belangstelling in Wiskunde te prikkel.

Groeipyne 19 Mei 2022 19.05.2022

Hoe leesfiks is ons kinders? Anthea Fredericks praat met Nelmari Kemp van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans oor die belangrikheid van lees, en hoe dit al die fassette van kinders se lewe raak.

Groeipyne 12 Mei 2022 12.05.2022

Anthea Fredericks praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor skoolgeweld.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.