RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 12 Mei 2022 12.05.2022 26:56
Anthea Fredericks praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor skoolgeweld.
Groeipyne 5 Mei 2022 05.05.2022 25:32
Wat is troeteldiere se rol in 'n gesin. Wanneer is die regte tyd om 'n troeteldier aan te skaf? Watter implikasies en voordele hou dit vir kinders en die gesin in? Staatsveearts dr. Annelie Cloete beantwoord al die vrae.
Groeipyne 28 April 2022 28.04.2022 25:01
Wanneer ons aan gesinne dink is die prentjie dikwels dié van 'n pa en ma en minstens twee sibbe. Maar wat as daar net een kind is? Behoort enkelkinders anders grootgemaak te word? Sielkundige Fiona Diman-Olivier beantwoord hierdie en ander vrae.
Groeipyne 21 April 2022 21.04.2022 24:24
Watter impak het die dra van gesigmaskers tydens die Covid-19-pandemie op kinders se luistervaardighede gehad? Anthea Fredericks praat hieroor met spraakterapeut Jacolien Britz.
Groeipyne 14 April 2022 14.04.2022 24:49
Die Covid-19-pandemie het ons lewe vir altyd verander, ongeag of dit endemies gaan word of nie. Vra enige kind, en jy sal 'n storie of twee hoor van verlies. Hetsy dit die dood van 'n geliefde is of vriendskappe wat weens die afstand gesneuwel het. Kinders se ware emosies en gesigsuitdrukkings kan maklik agter 'n masker weggesteek word. Hoe rus ons ons kinders toe om te midde van die voortslepende...
Groeipyne 7 April 2022 07.04.2022 25:35
Anthea Fredericks praat met twee opvoeders oor die groot sprong van laerskool na hoërskool. Johanni Dreyer en Sebastiaan Agulhas van Curro Century City Hoërskool in Kaapstad deel hulle insigte oor hoe om die aanpassing vir leerders makliker te maak. Ons hoor ook wat 'n paar Graad 8's te sê het oor hulle nuwe skoolervaring.
Groeipyne 31 Maart 2022 31.03.2022 24:42
Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor of daar deesdae meer kinders is wat leer- en ontwikkelingsuitdagings het as vroeër. Wat is die dinge wat belangrik is wat ek as ouer en versorger op moet fokus om kinders se ontwikkeling te stimuleer?
Groeipyne 24 Maart 2022 24.03.2022 21:29
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die impak van dinge wat om ons gebeur, op tieners se interne self. Hoe moet ek as ouer en versorger hulle ondersteun wanneer daar soveel dinge gebeur waaroor ons nie beheer het nie?
Groeipyne 17 Maart 2022 17.03.2022 21:17
Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor dinge wat jy met kinders kan doen oor naweke en in vakansietye, wat hulle nie net sinvol besig hou nie, maar ook hulle spelenderwys ontwikkel.
Groeipyne 10 Maart 2022 10.03.2022 22:36
Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die dagprogram by voorskoolse sentrums. Wat gebeur alles deur die dag nadat jy jou kind afgelaai het? Wat is die belangrike dinge wat moet gebeur, en hoekom leer hulle nie om te lees of skryf nie?
Groeipyne 3 Maart 2022 03.03.2022 20:51
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor die stel van grense. Wat is grense, en hoe gemaak as ek nie goed daarmee is om my kinders van grense te leer of om dit toe te pas nie? Wat is die verband tussen grense stel en gedrag?
Groeipyne 24 Februarie 2022 24.02.2022 22:15
Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat finansiële stres en armoede op gesinne het. Hoe hanteer ek dit as ek my werk verloor het, en hoeveel moet die kinders daarvan weet?
Groeipyne 17 Februarie 2022 17.02.2022 22:13
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor wat jou te doen staan as jou kind nie met mense oor die weg kom nie. Hoe hanteer ek dit as my kind nie met Juffrou of Meneer kliek nie, of selfs met ander volwassenes en straks ook met my as ouer?
Groeipyne 10 Februarie 2022 10.02.2022 22:27
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en historikus, oor die belangrikheid van familieverbindings vir die ontwikkeling van kinders. Hoe kan waar jy in die familie inpas, vir jou kind tot voordeel wees?
Groeipyne 3 Februarie 2022 03.02.2022 24:14
Johan van Lill praat met Johan Olivier, ‘n gekwalifiseerde finansiële opleier, oor hoe ouers en versorgers goeie en gesonde geldgewoontes by kinders kan ontwikkel. Wat is finansiële geletterdheid? Wat is die onderwerpe wat jy met jou kinders kan bespreek om hulle geldsake van jongs af goed te bestuur?
Groeipyne 27 Januarie 2022 27.01.2022 22:27
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor kinderdepressie. Wat is dit, en wanneer moet ek as ouer en versorger bekommerd wees?
Groeipyne 20 Januarie 2022 20.01.2022 22:51
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Anel Hattingh en Salomi Morkel, oor die moets en moenies van kinderkamers. Hoe lyk die ideale kinderkamer wat by jou kind se ontwikkelingstadium pas? Wat moet ek eerder vermy, en wat is belangrik vir ‘n kinderkamer?
Groeipyne 13 Januarie 2022 13.01.2022 20:00
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Natalie Pretorius en Tanya van der Walt, oor tieneruitdagings. Hoe gemaak as my tiener vloermoere gooi en emosionele uitbarstings het?
Groeipyne 6 Januarie 2022 06.01.2022 22:16
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, Talitha Veldtsman, oor die rol wat ouers en versorgers as opvoeders speel, en hoe ouers hulle kinders in hierdie rol kan voorberei vir terug skool toe gaan.
Groeipyne 30 Desember 2021 30.12.2021 24:21
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Alicia Bestbier en Jacoleen Vogel, oor ontwikkelingsuitdagings by kinders, wat soms lyk asof dit ADHD kan wees, maar dit is nie. Daar word so maklik ‘n diagnose van ADHD gemaak by kinders, maar baie ander ontwikkelingsuitdagings het presies dieselfde simptome, en moet eers uitgeskakel word.
Groeipyne 23 Desember 2021 23.12.2021 23:08
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Jacoleen Vogel en Marezelda Combrinck, oor of mylpale by kinders se ontwikkeling nog belangrik is. Maak dit saak of jou kind op ‘n sekere ouderdom begin praat en kruip het of regop kon sit?
Groeipyne 16 Desember 2021 16.12.2021 22:02
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Melissa Cawood en Talita Veldsmaner, oor kindertrauma en die impak wat dit op die gesin en kinders se ontwikkeling het.
Groeipyne 9 Desember 2021 09.12.2021 22:06
Johan van Lill praat met Betsie Hartzer, ‘n geregistreerde berader, en Mariaan de Vos, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe jy met jou kind oor kinderveiligheid moet gesels. Baie van die gesprekke wat jy met jou kind hieroor het, is gevul met stereotipes. Hoe help ek my kind om altyd paraat te wees?
Groeipyne 2 Desember 2021 02.12.2021 22:53
Johan van Lill praat met Lizette Labuschagne, 'n forensiese maatskaplike werker, en Minke Saayman'n kliniese maatskaplike werker, oor wat geweld teenoor kinders behels? Geweld kan soveel vorme aanneem. Wat moet ek as volwassene doen wanneer dit voorkom?
Groeipyne 25 November 2021 25.11.2021 23:08
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor kinders se uitvoerende funksies, en die rol wat dit speel wanneer hulle leer, studeer en ontwikkel. Hoe leer ek my kind om te prioritiseer, te selfreguleer en om te fokus op dit wat hy moet klaarmaak?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.