RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 18 November 2021 18.11.2021 20:30
Johan van Lill praat met Lezinda Beer, ‘n pastorale jeugberader, en Sonja Teitge, ‘n spesialis welstandsberader, oor wat om te doen wanneer kinders oor alles baklei. Wat maak ek as my kinders net nie met mekaar oor die weg kom nie?
Groeipyne 11 November 2021 10.11.2021 23:48
Johan van Lill praat met Marezelda Combrinck, 'n ontwikkelingskenner, en Mariette van Zyl, 'n opvoedkundige sielkundige, oor watter speelgoed goed is vir kinders se ontwikkeling. Hierdie tyd van die jaar kreun die winkels se rakke onder die speelgoed vir die feesseisoen – watter speelgoed kan my kind geniet en terselfdertyd goeie stimulasie bied vir ontwikkeling?
Groeipyne 4 November 2021 04.11.2021 23:04
Johan van Lill praat met Sonja Teitge, ‘n welstandsberader en spelterapeut, en Lezinda Beer, 'n pastorale en jeugberader, oor wat om te doen wanneer jou kind na niks en niemand luister nie en hom of haar nie aan die reëls van die huis steur nie.
Groeipyne 28 Oktober 2021 28.10.2021 22:03
Johan van Lill praat met Elzette Fritz en Melissa Cawood, opvoedkundige sielkundiges, oor hoe om kinderstres, -angs en -vrese te hanteer. Wanneer moet ek bekommerd wees oor my kind se stres- en angsvlakke, en hoe gaan soek ek hulp daarvoor.
Groeipyne 21 Oktober 2021 21.10.2021 23:23
Hoe moet ouers en versorgers dit met kinders hanteer wanneer ‘n huwelik of verhouding besig is om te verbrokkel, en daar is baie spanning en stres in die huis?
Groeipyne 14 Oktober 2021 14.10.2021 20:17
Johan van Lill praat met onderwyskundige prof. Ignatius Gous oor ouerskap wat lewens verander. Hoe help ek my kind om te floreer en rigting in die lewe te kry?
Groeipyne 7 Oktober 2021 07.10.2021 23:36
Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige en vroeë kindontwikkelingspesialis, oor wat ouers en versorgers tuis kan doen om kinders gereed te kry om te leer lees.
Groeipyne 30 September 2021 30.09.2021 25:08
Johan van Lill praat met twee arbeidsterapeute, Elize Janse van Rensburg en Chané Potgieter, oor die rol wat sensoriese ontwikkeling in kinders se ontwikkeling speel.
Groeipyne 23 September 2021 23.09.2021 23:11
Johan van Lill praat met prof. Renata Schoeman, 'n psigiater, oor kinders se blootstelling aan skermtyd, en wat die tekens is waarvoor jy op die uitkyk moet wees wat op skermverslawing dui. Skermverslawing het ‘n negatiewe impak op kinders se konsentrasievermoë, aandag, geheue, slaapgewoontes, algemene gesondheid en ontwikkeling.
Groeipyne 16 September 2021 16.09.2021 22:44
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Elzette Fritz en Katherine van Heerden, oor ouerskapstyle, en hoe gemaak wanneer twee ouers in dieselfde huis verskillende ouerskapstyle toepas. Verander ‘n mens se ouerskapstyl soos wat jou kinders ouer word? Watter rol speel binding in ouerskap?
Groeipyne 9 September 2021 09.09.2021 23:40
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Alicia Bestbier en Melissa Cawood, oor hoe om met jou kind oor geld en finansies te praat. Hoe gemaak met sakgeld? Moet ‘n kind weet hoeveel jy verdien?
Groeipyne 2 September 2021 02.09.2021 20:04
Johan van Lill praat met onderwyskundige en remediërende onderwyser, Isabel Pretorius, oor die rol wat perseptuele vaardighede in leesontwikkeling speel, en wat ouers en versorgers tuis kan doen om hulle kinders met die ontwikkeling hiervan te ondersteun.
Groeipyne 26 Augustus 2021 26.08.2021 23:25
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Leanda Otto oor wat om te doen wanneer jou kind ‘n vloermoer gooi? Wat doen jy in die situasie? Hoe kan jy verhoed dat jou kind jou lewe ontwrig met sulke optrede? Wat gebeur wanneer jy die minste tyd of krag het om dit te hanteer?
Groeipyne 19 Augustus 2021 19.08.2021 24:55
Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Leanda Otto en Alicia Bestbier, oor pa en dogter-verhoudings tydens die tienerjare. Watter rol speel pa’s in die identiteit en selfbeeldvorming van hulle dogters, en hoe kan jy die beste pa wees vir jou dogter in die wêreld waarin hulle vandag leef?
Groeipyne 12 Augustus 2021 12.08.2021 23:54
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor die uitdagings en praktiese dinge wat met enkelouerskap gepaard gaan. Hoe kry jy as enkelouer die balans tussen kinders grootmaak én tyd vir jouself?
Groeipyne 5 Augustus 2021 05.08.2021 24:07
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n pastorale berader, en Ryno Els, ‘n predikant, oor pa en seun verhoudings in die tienerjare. Wat is ‘n pa se rol? Hulle gee wenke oor hoe om die uitdagings te hanteer.
Groeipyne 29 Julie 2021 29.07.2021 21:07
Hoe gemaak as ek ‘n helikopter-ouer is? Ek wil net die beste vir my kind hê, daarom is ek betrokke by elke fasset van my kind se bestaan Wat is die beste vir my kind se ontwikkeling? Twee opvoedkundige sielkundiges, Natalie Pretorius en Melissa Bekker, gee raad.
Groeipyne 22 Julie 2021 22.07.2021 23:27
Johan van Lill praat oor “oorslaap” met twee opvoedkundige sielkundiges, Melissa Bekker en Alicia Bestbier. Hoe pak 'n mens dit aan, en wanneer is my kind oud genoeg?
Groeipyne 15 Julie 2021 15.07.2021 23:28
Johan van Lill praat oor kinders se suksesse en terugslae - Wat is die wenresep vir ouers en versorgers om dit te hanteer? Die kenners is Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter, en Nantie van Aswegen, ‘n onderwyskundige.
Groeipyne 8 Julie 2021 08.07.2021 24:52
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Katherine van Heerden oor kindervrese, en hoe ouers en versorgers dit kan hanteer.
Groeipyne 1 Julie 2021 01.07.2021 23:27
Hoe gemaak as my kind verveeld is in die skool? Jou kind het dalk uitsonderlike vermoëns of is begaafd, of dalk is hy net verveeld omdat hy lui is! Hoe hanteer jy dit as ouer en versorger?
Groeipyne 24 Junie 2021 24.06.2021 25:15
Wat is die uitdagings vir gesinne wat net een kind het (of ‘n laatlammetjie) en hoe kan ouers en versorgers hulle ondersteun vir die lewe? Sy gaste is twee opvoedkundige sielkundiges, Joy Nel en Leanda Otto.
Groeipyne 17 Junie 2021 17.06.2021 23:24
Johan van Lill praat met Jacoleen Vogel, 'n opvoedkundige sielkundige, en Charlotte Fourie, 'n dosent by die Wolkskool, oor hoe om dit te hanteer wanneer jou kind iets onbehoorliks op die internet en op sosiale media aanvang.
Groeipyne 10 Junie 2021 10.06.2021 23:05
Johan van Lill kyk na wat onvoorwaardelike liefde binne 'n gesin beteken? Sy gaste is Fanie Kriel, 'n pastorale terapeut, en Zelda Pollard, 'n opvoedkundige sielkundige.
Groeipyne 3 Junie 2021 03.06.2021 23:20
Johan van Lill kyk na die belangrikheid van speel vir kinders op 'n vroeë ouderdom. Sy gaste is Marezelda Combrinck, 'n ontwikkelingskenner en onderwyskundige, en Talita Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.