RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 634 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 27 Mei 2021 27.05.2021

Johan van Lill praat oor gesinskommunikasie: Wat behels dit? Wat is 'n goeie kommunikasiestrategie vir moderne gesinne? Sy gaste is Marlize Holtzhauzen, maatskaplike werker in privaatpraktyk, en dr. Yolinda Steyn, ‘n traumaterapeut.

Groeipyne 20 Mei 2021 20.05.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Leanda Otto en dr. Carla Bezuidenhout oor om werklik tyd te maak vir jou kinders in 'n besige dag of week. Watter soort tyd spandeer ouers en versorgers saam met hulle kinders, en hoe kan hulle die beskikbare tyd beter benut?

Groeipyne 13 Mei 2021 13.05.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Talita Veldsman en dr. Carla Bezuidenhout oor hoe om as as 'n rolmodel goeie waardes, kommunikasie en menseverhoudinge voor vir jou kinders uit te leef.

Groeipyne 6 Mei 2021 06.05.2021

Johan van Lill praat met arbeidsterapeute Grietjie Hartley en Theresa Clark oor die belangrikheid van kruip in ‘n baba se ontwikkeling.

Groeipyne 29 April 2021 29.04.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Tanya van der Walt en Natalie Pretorius oor hoe om by jou eie behoeftes binne 'n gesin uit bte kom, en hoe om jou eie beperkings te hanteer? Kinders kan ‘n mens se hele lewe oorneem, en skuldgevoelens maak dat ons baie keer ons eie persoonlike tyd opoffer vir ons kinders.

Groeipyne 22 April 2021 22.04.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Katherine van Heerden oor verskillende ouerskapstyle, en wat die impak daarvan is op die gesin en die kinders se ontwikkeling.

Groeipyne 15 April 2021 15.04.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams en onderwyskundige Marjorie Twigg oor hoe jy grense by die huis kan stel om positiewe dissipline te bevorder.

Groeipyne 8 April 2021 08.04.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Katherine van Heerden en Elzette Fritz oor hoe om kinders se selfbeeld en selfwaarde te bou. Hoe beïnvloed hoe ek met my kind praat sy selfvertroue en sy vermoë om die lewe om hom te ontdek?

Groeipyne 1 April 2021 01.04.2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Marinda Botha oor boelies. Wat is my opsies as my kind geboelie word, of hoe gemaak as my kind die boelie is? Daar is verskillende vorms van boelie, en ons bespreek elkeen daarvan in detail.

Groeipyne 25 Maart 2021 25.03.2021

Johan van Lill praat met Chris de Beer, 'n leierskapsafrigter, oor hoe ons moet dink oor leierskap in die gesin, en die rol wat pa’s in leierskap kan speel.

Groeipyne 18 Maart 2021 18.03.2021

Johan van Lill praat met Katherine van Heerden, 'n opvoedkundige sielkundige, oor Menseregtedag en hoe jy met kinders oor hierdie dag, menseregte en empatie praat. Elke reg het ook ‘n verantwoordelikheid – hoe ontwikkel ek hierdie verantwoordelikheid by my kinders?

Groeipyne 11 Maart 2021 11.03.2021

Johan van Lill praat met Paul Colditz en Jaco Deacon oor die driejaarlikse beheerliggaamsverkiesing wat op die oomblik aan die gang is in alle openbare skole. Hulle verduidelik hoekom dit belangrik is dat elke ouer en versorger gaan stem, en watter rol beheerliggame in skole speel.

Groeipyne 4 Maart 2021 04.03.2021

Johan van Lill praat met dr. Louisa Stoker, 'n familieberader, oor kinders wat aan egskeiding blootgestel word. Hoe hanteer ouers en versorgers die seer wat veral kinders ervaar.

Groeipyne 25 Februarie 2021 25.02.2021

Johan van Lill gesels met pastorale berader dr. Louisa Stoker oor hoe ouers en versorgers hulle kinders kan bystaan wanneer hulle in manipulerende romantiese tienerverhoudings is. Hoe sien ek die tekens raak? Hoe en wanneer tree ek in?

Groeipyne 18 Februarie 2021 18.02.2021

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor hoe ‘n mens rigtinggewende of uitdagende gesprekke het met jou kinders kan hê, wat moontlik ‘n keerpunt in hulle lewe kan wees.

Groeipyne 11 Februarie 2021 11.02.2021

Johan van Lill praat met kliniese sielkundige ST Potgieter oor hoe ouers of versorger dit moet hanteer as hulle kind deur trauma gaan of as daar trauma in die familie is. Hy verduidelik ook die rol van die ouer en kind tydens sielkundige sessies.

Groeipyne 4 Februarie 2021 04.02.2021

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges oor terug-skool-toe. Hulle gee wenke vir voorskool-, laerskool- en hoërskoolleerders. Die gaste is Zuleka Smit en Ronel van Dijk.

Groeipyne 28 Januarie 2021 28.01.2021

Johan van Lill praat met Alta Greeff, 'n onderwyskundige, oor verskillende skoolopsies wat ouers en versorgers kan oorweeg vir hulle kinders. Wat is die verskil tussen tradisionele skole in skoolgeboue, aanlynskole en tuisskole, en hoe neem ‘n mens die besluit wat die beste is vir jou kind?

Groeipyne 21 Januarie 2021 21.01.2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor gedagte-gewoontes en hoe om jou kinders te help grootword met vaardighede om enige iets wat na hulle kant toe kom, te kan hanteer deur die regte gedagte-gewoontes by hulle te vorm.

Groeipyne 14 Januarie 2021 14.01.2021

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor hoe jy tieners kan bystaan met die maak van keuses. Hoe gesels ek met my tiener oor moeilike situasies en help hulle om ingeligte besluite te neem?

Groeipyne 7 Januarie 2021 07.01.2021

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen oor speletjies wat jy met kinders kan speel, wat hulle motoriese en perseptuele vaardighede ontwikkel sonder dat hulle dit agterkom.

Groeipyne 31 Desember 2020 31.12.2020

Johan van Lill praat met Katherine van Heerden oor hoe om kinders te help met voornemes vir die nuwe jaar. Francois du Plessis gee wenke oor oefeninge wat ook speletjies is, om kinders speel-speel aan die beweeg te kry.

Groeipyne 24 Desember 2020 24.12.2020

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die belangrikheid van gesinsrituele. Soveel gesinne het in die feesseisoen sekere rituele, en ouers en versorgers besef nie altyd hoe belangrik dit vir kinders se ontwikkeling is om hierdie rituele ‘n prioriteit te maak nie.

Groeipyne 17 Desember 2020 17.12.2020

Johan van Lill praat met Jan Viljoen, 'n kenner op die gebied van disleksie, oor hoe om kinders wat hiermee ‘n uitdaging ervaar, te help. Hoe kan ouers en versorgers sulke kinders se lewe makliker maak, en hoe moet ‘n mens oor disleksie dink?

Groeipyne 10 Desember 2020 10.12.2020

Johan van Lill praat met Sereen Gilliomee,‘n onderwyskundige, oor hoe om jou kind te help met lees by die huis.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.