RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 620 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 27 Augustus 2020 27.08.2020

Johan van Lill praat met Veronica Geldenhuys, Thomas van Niekerk en Robyn van de Rhede, almal drama-onderwysers, oor die opvoedkunidge waarde van drama as vak vir jou kind se ontwikkeling.

Groeipyne 20 Augustus 2020 20.08.2020

Johan van Lill praat sielkundige dr. ST Potgieter oor hoe om teleurstellings met jou kinders te hanteer. Vir soveel kinders was die jaar sover 'n groot teleurstelling wat betref al die eerstes, tradisies, feesvieringe en dinge wat ons altyd kon doen wat nie meer gaan plaasvind nie.

Groeipyne 13 Augustus 2020 13.08.2020

Johan van Lill praat met dr. Jan Botha, 'n pastorale berader, oor emosionele geweld en hoe lede van die gesin dit kan hanteer. Alhoewel emosionele geweld nie enige fisiese letsels laat nie, is dit juis een van die grootste faktore van jou kinderdae wat latere suksesvolle verhoudings beïnvloed.

Groeipyne 6 Augustus 2020 06.08.2020

Johan van Lill praat met Henry Joubert, 'n pa van 'n seun op die outismespektrum, oor sy geestelike en emosionele reis hiermee, en hoe hy as 'n pa elke dag aanpak.

Groeipyne 30 Julie 2020 29.07.2020

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor kommunikasie in gesinne, en gee wenke om seker te maak dat jou kinders jou hoor en na jou luister.

Groeipyne 23 Julie 2020 23.07.2020

Johan van Lill praat met Magdeleen de Kock, 'n onderwyseres en kundige oor kinders se se gebruik van tegnologie, oor hoe huishoudings tans tegnologie kan benader, hoe om kinders met tegnologie te help, en watter toepassings en webtuistes daar is om veilige en nuttige speletjies en aktiwiteite af te laai. Hulle praat ook oor veiligheid op die internet.

Groeipyne 16 Julie 2020 16.07.2020

Johan van Lill praat met Lizanne du Plessis, 'n arbeidsterapeut, oor hoe om kindervriendelike ruimtes by die huis te skep sodat kinders kan leer en speel.

Groeipyne 9 Julie 2020 09.07.2020

Johan van Lill gesels van 'n paar TED-praatjies waarna ouers en versorgers kan luister om na te dink oor ouerskap, die spanning en stres wat met ouerskap gepaard gaan, en hoe om kinders groot te maak in 'n wêreld wat konstant verander.

Groeipyne 2 Julie 2020 02.07.2020

Johan van Lill praat oor “sterk punte”-gebaseerde ouerskap met Chris de Beer. Kennis van dit wat jou kinders energie gee in die huis versus wat hulle energie dreineer, kan 'n groot impak hê in die funksionaliteit van die huishouding en hoe almal in harmonie saamleef.

Groeipyne 25 Junie 2020 24.06.2020

Johan van Lill kyk na verjaarsdae en kinderpartytjies. Hy praat met 'n opvoedkundige sielkundige oor die waarde van verjaarsdae vir kinders, en hoor by 'n onderwyskundige hoe om jou kind se verjaardag by die skool te vier. 'n Geleentheidsbeplanner gee wenke en idees vir verjaardagspartytjies tydens die inperking.

Groeipyne 18 Junie 2020 18.06.2020

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Leanda Otto en Hannes Wessels, oor hoe om die regte skool vir jou kind te kies as daar leeruitdagings is, en watter opsies is beskikbaar. Wanneer is die regte tyd om jou kind van skool te skuif as jou kind meer individuele aandag nodig het tydens lesse?

Groeipyne 11 Junie 2020 11.06.2020

Johan van Lill kyk na die keuse tussen tuisskool, tuisonderrig (aanlyn-skole) of om kinders terug skool toe te stuur.

Groeipyne 4 Junie 2020 04.06.2020

Johan van Lill praat met twee spraak- en taalterapeute oor kinders wat in multi-taal huise grootword. Hoe gemaak as die taal van onderrig verskil van die huistaal? Moet my kinderopasser of die speelskool se versorgers hulle huistaal praat met my baba of nie?

Groeipyne 28 Mei 2020 28.05.2020

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor die rol wat die vel en die tassintuig speel in kinders se ontwikkeling, en hoe ouers dit kan inspan om kinders te help met hulle ontwikkeling.

Groeipyne 21 Mei 2020 21.05.2020

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor hoe om moeilike tieners te hanteer. Hoe gemaak as jou tiener jou uitdaag? En hoe kan ek opbouende gesprekke met my tieners hê wanneer hulle skielik te kenne gee dat hulle soveel slimmer is as jy?

Groeipyne 14 Mei 2020 14.05.2020

Johan van Lill praat met Zuleka Smit, 'n Graad R-onderwyser by Klein Bois High in die Paarl, oor hoe om 'n voorskoolse kind gereed te kry vir formele leer. Vanjaar is dit 'n uitdaging omdat die kinders langer by die huis is. Waarop moet ouers of versorgers fokus?

Groeipyne 7 Mei 2020 07.05.2020

Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok by die ongevalle-afdeling van die hospitaal waar sy werk. Hoe gemaak as jou kind 'n noodgeval beleef, en jy moet hom of haar na die ongevalle-afdeling toe neem waar dit skielik nou heeltemal anders is as voorheen. Ons vind uit wat jy daar te wagte kan wees, sodat jy jou kind kan voorberei daarop.

Groeipyne 30 April 2020 30.04.2020

Johan van Lill praat met twee Graad R onderwysers oor waarop jy moet fokus met jou voorskoolse kind by die huis. Hoe kry ek hulle gereed vir formele leer in Graad 1 sonder om skool te hou.

Groeipyne 23 April 2020 23.04.2020

Johan van Lill praat met Lynette Beer oor kinders se verskillende temperamente, en hoe kennis hiervan jou kan help om dinge makliker by die huis te hanteer.

Groeipyne 16 April 2020 16.04.2020

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, en onderwyskundige Alta Greeff oor die dinge waaroor ouers, versorgers en kinders bekommerd is in die grendeltyd van COVID19. Wat is jou vrese en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?

Groeipyne 9 April 2020 09.04.2020

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Talitha Veldsman oor hoe om kajuitkoors te hanteer. Kinders kry kajuitkoors wanneer hulle vir lang tye in isolasie moet wees, weggaan vir 'n vakansie en uit hulle gewone roetine moet funksioneer.

Groeipyne 2 April 2020 02.04.2020

Johan van Lill praat met onderwyskundige Jaco de Kock oor lekker dinge wat mens by die huis kan doen terwyl almal ingeperk is. Hy gee idees vir aktiwiteite wat jy met kinders van enige ouderdom kan aanpak, en waar leer gebeur sonder dat die kinders dit agterkom!

Groeipyne 26 Maart 2020 26.03.2020

Johan van Lill gesels verder met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor digitale ouerskap, hoe mens al die elektroniese huiswerk wat kinders nou van skole gaan ontvang kan hanteer, en wat is die belangrike vaardighede is wat kinders moet aanleer tydens afstandsonderwys.

Groeipyne 19 Maart 2020 19.03.2020

Johan van Lill praat met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor hoe ouers en versorgers die internet kan gebruik om sinvolle, stimulerende en leersame gesprekke met hulle kinders te hê. Ons verwys spesifiek na voorbeelde van TEDtalks wat mense kan gebruik om uitdagende situasies met hulle tieners te hanteer.

Groeipyne 12 Maart 2020 12.03.2020

Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok oor veiligheid by die huis en wanneer ons reis, en oor al die dinge wat in 'n gesin se noodhulpkissie moet wees. Hoe hanteer ek algemene mediese gebeure by die huis, en wanneer moet ek dringend by Noodgevalle uitkom?

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.