RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3 09.07.2026 21:11
9 Julie 2026: Deur vir 'n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3, en hoe hulle leesfasiliteerders in gemeenskappe oplei.
Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders 02.07.2026 22:43
2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te bevorder.
Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders 25.06.2026 22:35
25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever praat oor dissipline en die toepassing en hand...
Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’ 18.06.2026 23:31
18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees.
Groeipyne: Die belangrikheid van speel 11.06.2026 20:56
11 Junie 2026: Met Wêreld-Speeldag wil die Verenigde Nasies die aandag te fokus op die belangrike rol van speel in kinders se ontwikkeling. Ons praat hieroot met spelterapeut en kliniese sielkundige, Jo-Marie Bothma.
Groeipyne: Wat doen ons om kinders te beskerm? 04.06.2026 21:48
4 Junie 2026: Kinderbeskermingsweek is ’n tyd waarin bestek geneem moet word van kinders in onveilige situasies en omgewings, en wat ons as ‘n samelewing kan doen om hulle te beskerm. Maatskaplike werker Edith Kriel vertel van haar organisasie, JellyBeanz, wat dienste verskaf aan kinders en hulle gesinne wat trauma beleef het.
Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 2) 28.05.2026 20:55
28 Mei 2026: Irlen Sindroom is ’n visuele persepsieprobleem, wat soms verkeerd gediagnoseer word. Irlen-diagnostikus Martelean Venter praat verder oor hoe die toetsing geskied, en die rol van ‘n gekleurde bril in die behandelingsproses.
Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 1) 21.05.2026 19:23
21 Mei 2026: Irlen-sindroom is ‘n visuele persepsieprobleem, wat verkeerd gediagnoseer kan word. Martelean Venter, is een van slegs drie Irlen-diagnostici in Suid-Afrika. Sy verduidelik wat die sindroom beheld.
Groeipyne 14 Mei 2026 14.05.2026 22:05
Kinders kan met verskillende leeruitdagings presenteer. Een daarvan is disleksie. Disleksie-terapeut Marguerite Koch verduielik wat hierdie leergestremdheid behels.
Groeipyne 7 Mei 2026 07.05.2026 22:33
Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank praat oor die rol van arbeidsterapie om kinders se fisieke en emosionele funksionaliteit optimaal te versterk.
Groeipyne 30 April 2026 30.04.2026 22:44
Konflik binne gesinsverband is onvermydelik. Hoe hanteer ‘n ouer konflik met veral ‘n voorskoolse kind? Voorligtingsielkundige Fiona Doman-Olivier bespreek die verskillende soorte konflik, en gee raad oor konflikhantering.
Groeipyne 23 April 2026 23.04.2026 19:32
Byna elke nuwe ouer sal kan getuig van slapelose nagte met ‘n nuwe kleinding. Wat het voeding en baba se slaappatrone met mekaar uit te waai? Slaapkonsultant Jolandi Becker vertel watter rol voeding speel, en hoe dit slaap beïnvloed.
Groeipyne 16 April 2026 16.04.2026 20:20
Wêreld Stemdag word elke jaar op 16 April gevier. Een van die mooiste klanke vir ‘n ouer is dié van ‘n kind. Hanlie Degenaar, spraakterapeut en oudioloog verbonde aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noordwes-Universiteit, vertel wat elke kind se stem so uniek maak.
Groeipyne 9 April 2026 09.04.2026 22:21
Om leesbaar te kan skryf, is een van die vaardighede wat al van kleins af vir kinders aangeleer word. Die kollig val op skryf as ‘n basis vir leer, saam met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk.
Groeipyne 2 April 2026 02.04.2026 22:04
Volgens die Wêreld Gesondheidsoganisasie is daar wêreldwyd ongeveer 1,25 miljoen kinders tussen 0 en 14 jaar oud wat tuberkulose het. Dr. Cordelia Elly, ‘n pediater verbonde aan die Brooklyn Chest TB-hospitaal in Kaapstad, praat oor die impak van tuberkulose op voorskoolse kinders.
Groeipyne 26 Maart 2026 26.03.2026 23:05
Die eerste kwartaal van die 2026-akademiese jaar is verby. Ons fokus op die vorderingsverslag van kinders in kleuterskole.
Groeipyne 19 Maart 2026 19.03.2026 22:18
Marie Schoeman van Downsindroom SA praat oor die werk wat hulle doen.
Groeipyne 12 Maart 2026 12.03.2026 21:40
Hoe ernstig is die probleem van gehoorverlies onder Suid-Afrikaanse kinders? Agneta Grove, ‘n oudioloog en spraakterapeut, vertel van navorsing in dié verband,
Groeipyne 5 Maart 2026 05.03.2026 22:45
Wat is aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom, en wat is van die wanpersepsies wat steeds hieroor bestaan? Lana Theron, ‘n geregistreerde berader, gee wenke en strategieë vir ouers en onderwysers.
Groeipyne 26 Februarie 2026 26.02.2026 21:56
Hoe hanteer ons gesprekke met kinders oor ingewikkelde onderwerpe soos identiteit, insluiting en ‘n gevoel van behoort? Mari Payne, Seniordirekteur: Opvoeding en Programme by Sesame Workshop International South Africa het raad.
Groeipyne 19 Februarie 2026 19.02.2026 22:22
Die wêreld kan soms baie wreed wees. Wat ons kan doen om ons kinders veilig te hou en paraat te maak? Ons fokus op lyfie-veiligheid. Wat is dit, en wat is dit nie? Lana Theron, 'n geregistreerde berader en tans besig met haar doktorale tesis met haar navorsing gerig op lyfieveiligheid, gee praktiese raad aan ouers.
Groeipyne 12 Februarie 2026 12.02.2026 22:11
Volgens ‘n internasionale studie wat elke paar jaar gedoen word, is Suid-Afrikaanse kinders swak lesers. Die regering is besig met intervensieprogramme, soos ‘n aanpassing aan die leerplan. Reinette Lombard, ‘n remediërende terapeut en skrywer, vertel hoe hierdie planne vorder, en hoekom lees belangrik is vir goeie akademiese prestasie.
Groeipyne 5 Februarie 2026 05.02.2026 22:23
Dis vandeesweek Nasionale Swangerskap-bewusmakingsweek. Ons weet hoe belangrik ‘n gesonde swangerskap is - nie net fisies nie, maar ook geestelik. Natascha Olivier, ‘n dieetkundige en borsvoedingskonsultant, het wyshede en raad vir verwagtende vroue, hulle binnekring en hulle gemeenskappe.
Groeipyne 29 Januarie 2026 29.01.2026 22:25
Suid-Afrika het elf amptelike landstale, met gebaretaal wat ook amptelike erkenning geniet. Kinders word groot in ‘n meertalige omgewing. Hoe raak dit hulle? Spraakterapeut en skrywer Christien Neser praat oor moedertaal en meertaligheid.
Groeipyne 22 Januarie 2026 22.01.2026 18:14
Die Minister van Basiese Onderwys , Siviwe Gwarube, het harde woorde laat val oor boeliegedrag, spesifiek by skole. Skole het beleid hieroor, hou praatjies en bewusmakingsdae, maar tog voel ouers dikwels dat daar min werklike optrede is. Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, vra die ongemaklike vraag: Is boelies nie dalk ‘n weerspieëling van die volwassenes...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet