Maroela Media
Gesonde gesinne
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Gesonde gesinne | Gebruik keuses reg vir kleuters tot tieners 06.03.2026 12:35
Te veel keuses maak kinders net onseker, en valse keuses skep konflik. Lourindi verduidelik in “Gesonde gesinne” hoekom minder keuses eintlik meer rustigheid bring.
Gesonde gesinne | Wanneer ‘asseblief’ jou gesag ondermyn 26.02.2026 14:05
Geen kind wil ʼn onseker leier volg nie, daarom sê Lourindi Nel in hierdie episode van “Gesonde gesinne” dat jou kalm stem sterker as enige dreigement is.
Gesonde gesinne | Wanneer ‘dis nie so erg nie’ meer skade doen as goed 19.02.2026 12:35
Jou kind hoef nie minder te voel om sterker te word nie.
Gesonde gesinne | Jou gesin is ʼn span, so moenie vergelyk nie 13.02.2026 12:13
In jou gesin behoort die fokus op spanwerk te wees, nie ʼn wennerspodium vir elke kind nie. Vergelyking steel selfwaarde, maar erkenning kan dit weer opbou.
Gesonde gesinne | Jou woorde word jou kind se innerlike stem 02.02.2026 10:43
Jou kind is nie die probleem nie, maar verkeerde gedrag is wel. In hierdie aflewering van Gesonde gesinne nooi berader Lourindi Nel ouers om stadiger te praat en sagter te kyk.
Gesonde gesinne | Jou teenwoordigheid is jou kind se veiligste plek 30.01.2026 9:14
Die grootste geskenk wat jy vandag vir jou kinders kan gee, is jou onverdeelde aandag.
Gesonde gesinne | Bou karakter, nie net gedrag nie 23.01.2026 13:47
Wat as dissipline meer oor môre as vandag gaan?
Gesonde gesinne | Wanneer ouers net foute raaksien, krimp kinders se moed 16.01.2026 13:32
Om die goeie raak te sien is meer as ouerskap – dit is ʼn geestelike oefening en kan jou kind se wêreld verander. Lourindi Nel moedig ouers aan om doelbewus ʼn gebalanseerde lens te ontwikkel: om foute raak te sien, maar ook om die kleinste oorwinnings te vier.
Gesonde gesinne | Maak die nuwe skooljaar makliker vir jou kind 15.12.2025 15:54
Nuwe skoolklere, ʼn ander juffrou en onbekende gesigte kan vir sommige kinders oorweldigend voel. Elke kind mag sy of haar eie pas hê met so ʼn nuwe begin.
Gesonde gesinne | Januarie se belangrikste les 15.12.2025 8:01
Januarie voel vir baie mense soos ʼn koue stort ná die vakansie. Berader Lourindi Nel herinner ons dat klein roetines groot emosionele veiligheid vir almal in die gesin bied en dat herstel ná ʼn vakansie vir sagtheid vra.
Gesonde gesinne | Vakansie sonder vrede? Só help jy balans herstel 15.12.2025 10:26
As roetines in die vakansie eers verdwyn, kan boeties en sussies gou begin baklei. Lourindi meen vrede in die huis begin by hoe ons mekaar se behoeftes raaksien.
Gesonde gesinne | Kieskeurig of oorweldig? Wat regtig agter feestyd se kosdramas lê 15.12.2025 7:35
Vir sommige kinders is die feestafel nie feestelik nie, dit is oorweldigend.
Vreemde plekke, groot emosies? Help jou sensoriese kind dié vakansie 11.12.2025 11:25
Vakansie behoort lekker te wees, maar vir sommige kinders voel nuwe plekke soos ʼn sensoriese storm. Kom luister hier hoe jy jou kind kan help.
Gesonde gesinne | Sensoriese oorlading in ʼn oorvol vakansiehuis 05.12.2025 10:41
ʼn Propvol huis hoef nie die vakansie tot trane en uitbarstings te lei nie, veral as jy as ouer weet hoe om die sensoriese oorlading te bestuur. Hier is strategieë wat die vrede dié vakansie kan bewaar.
Gesonde gesinne | Tem jou kind se verwagtingsangs en hiperfiksasie 27.11.2025 17:51
Hoekom raak ons sensories-sensitiewe en neurodivergente kinders soms so opgewonde tot hulle byna letterlik wil ontplof? Hier is die antwoord.
Gesonde gesinne | Hoekom kinders se brein roetine vra, veral in vakansietyd 21.11.2025 10:15
Kom luister hoe Lourindi Nel ouers toerus om met meer vrede en minder drama deur die vakansie te kom.
Gesonde gesinne | Minder praat, meer luister 13.11.2025 17:30
Woorde oortuig nie altyd nie, maar om te luister, verander die hart.
Gesonde gesinne | Ouerskap is nie ʼn magstryd nie 31.10.2025 16:25
Wanneer ouers ophou baklei vir beheer, begin hulle bou aan invloed.
Gesonde gesinne | Wat ouers van emosionele volwassenheid moet weet 24.10.2025 10:01
Voel jy soms jy verloor dit saam met jou kind? Kom leer hoe om kalm te bly, al voel jy nie so nie.
Gesonde gesinne | Groot emosies vra groot deernis 17.10.2025 12:14
Voel jou kind se emosies soms te groot? Lourindi Nel herinner ons in “Gesonde gesinne” dat ʼn ouer se grootste krag nie in oplossings lê nie, maar in jou vermoë om te luister.
Gesonde gesinne | Grense wat beskerm, nie straf nie 10.10.2025 10:49
Kom luister hoe Lourindi Nel dit mooi verduidelik en jou herinner hoekom “nee” soms die mooiste woord is wat ʼn ouer kan sê.
Gesonde gesinne | Staan vas sonder dreigemente en vrees 03.10.2025 16:46
Kan jy jou kind lei sonder dreigemente en steeds gehoorsaamheid kweek? Ontdek hoe liefde en grense saamwerk in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne”.
Gesonde gesinne | Lei met nuuskierigheid, nie beheer nie 26.09.2025 14:20
Só skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan jy is kwaad, maar dis nie reg om te slaan nie. Vertel vir my wat jy eintlik wou hê.’ Jou gesag bly behoue, maar...
Gesonde gesinne | Wat sê my kind regtig met sy gedrag? 19.09.2025 19:12
Van trane tot ʼn voetstamp, elke aksie sê iets van jou kind se hart. Kan jy daardie taal ontsyfer?
Gesonde gesinne | Dissipline wat bou, nie breek nie 12.09.2025 24:03
Hoe leer ons ons kinders verantwoordelikheid en selfbeheersing sonder om altyd eerste te straf? Kom luister na die bespreking oor dissipline op “Gesonde gesinne”.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet