Carin Conradie

Bybelstories in Afrikaans

Kids AF ↓ 323 episodes

Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie,  vertel Bybelstories in Afrikaans.  Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!

Author

Carin Conradie

Category

Kids

Podcast website

www.buzzsprout.com

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Boeke van die profete 30: Die profeet Joël 09.07.2026

Joël was 'n profeet in Juda, maar ons is onseker wanneer hy opgetree het.   Hy het straf aangekondig, maar ook God se liefde en geduld vir die mense wat na Hom toe kom. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 29: Die profeet Hosea 03.07.2026

Die boek Hosea vertel die storie van hoe God sy profeet se huweliks- en gesinslewe gebruik het om vir Israel te vertel wat Hy vir hulle wil sê. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 28: Daniël kry prentjies van die toekoms 25.06.2026

In Daniël 7 tot 12 lees ons van visioene wat Daniël by God gekry het oor wat in die nabye en verre toekoms gaan gebeur.  Vir ons is die belangrik om te weet:  God is steeds in beheer! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 27: Daniël in die leeukuil 18.06.2026

Ons lees hierdie wonderwerk in Daniël se lewe in Daniël 6.   God het ook beheer oor sy diere wat Hy gemaak het! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 26: Belsasar en die hand teen die muur 11.06.2026

In Daniël 5 lees ons van koning Belsasar wat 'n boodskap van God gekry het - geskryf teen 'n muur. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 25: Nebukadnesar se droom van 'n boom 04.06.2026

In Daniël 4 lees ons van 'n brief wat koning Nebukadnesar van Babel vir sy hele ryk geskryf het nadat hy vir sewe tydperke sy verstand verloor het, maar teruggekom het om God te loof en te eer. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 24: Daniël se drie vriende word in 'n vuuroond gegooi 28.05.2026

In Daniël 3 lees ons van die wonderlike storie van God wat drie gehoorsames van vuur gered het, en Nebukadnesar moes erken dat geen ander God so kan red soos Hy nie! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 23: Nebukadnesar droom van 'n blink beeld 21.05.2026

Koning Nebukadnesare het 'n droom gehad, maar wou nie sy wyse manne vertel wat dit is nie.  Hulle moes kom met die droom EN sy uitleg.  God het vir Daniël gebruik in die storie om te wys wie is God.  Ons lees dit in Daniël  2.  Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 22: Daniël en sy vriende in die koning se paleis 14.05.2026

Ons begin met die boek van Daniël.   In Daniël 1 lees ons van die vier jongmanne uit Juda wat vir 10 dae net groente geëet het -  met positiewe gevolge! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 21: Esegiël sien hoe God alles wil nuut maak 08.05.2026

Esegiël 24 tot 48 bevat baie profesië wat Esegiël moes vertel.  Daar is ook die storie oor die droë bene wat lewendig geword het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 20: God se oordeel oor Israel 30.04.2026

In Esegiël 12 tot 24 lees ons van klomp voorbeelde en stories wat God vir Esegiël gegee het om vir Israel te waarsku om op te hou sondig en terug te kom na God toe.  In hoofstuk 18 is daar 'n uitroep van God dat Hy nuwe lewe vir alle mense wil gee! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 19: Die Gees wys Jerusalem vir Esegiël 23.04.2026

In vandag se storie gaan Esegiël in die Gees na Jerusalem.  God wys hom die redes hoekom die volk gestraf gaan word.  Maar God se genade aankondiging word ook gedoen!  Ons lees dit in Esegiël  8 tot 11. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 18: Esegiël hou konsert in die straat 16.04.2026

In Esegiël 4 - 7 lees ons van die profeet wat vir Juda daar in Babel met straattoneeltjies moes wys wat met die stad Jerusalem gaan gebeur, omdat hulle weggedwaal het van God af. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 17: Esegiël word 'n profeet 09.04.2026

In die eerste drie hoofstukke van Esegiël hoor ons hoe hy 'n glimps van God gesien het, die dag wat hy geroep is as profeet. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 16: Klaagliedere van Jeremia 02.04.2026

Die boek Klaagliedere is net vol huil-liedere na die ballingskap van Juda na Babel.  Tog is daar pragtige verse waar Jeremia uitroep na God. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 15: Jeremia 26.03.2026

In hierdie episode gee ons 'n kort weergawe van die lange Jeremia boek (52 hoofstukke).   Jeremia het sy lewe gegee vir 'n boodskap wat mense nie wou hoor nie.  God het hom vir 40 jaar gehelp om hierdie boodskap te verkondig. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 14: Jesaja 40 tot 66 19.03.2026

In die tweede deel van Jesaja lees ons baie meer van hoop en herstel.  Die koms van die Messias, Jesus, word ook baie duidelik geprofeteer. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 13: Jesaja 13 tot 39 12.03.2026

In hierdie hoofstukke gaan dit oor oordeel en hoop teenoor volke rondom Juda en ook oordeel en hoop vir Juda.   'n Kern vers is :  "Julle krag lê in stil wees en vertroue hê." Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 12: Jesaja 1 tot 12 05.03.2026

In die eerste deel van Jesaja word vertel hoe God sy volk gaan oordeel en die hoop wat daar is as hulle gaan terugkom na Hom toe.  Die kern is Jesaja 1: 18:  "Kom nou, laat ons die saak uitmaak, sê die Here..." Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Boeke van die profete 11: Die boek Jesaja 26.02.2026

In hierdie episode gee ons 'n oorsig oor die boek Jesaja en vertel van sy roeping as profeet. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wysheids- en gedigteboeke 9: Hooglied 19.02.2026

In hierdie episode gesels ons oor die boek Hooglied:  'n boek wat vertel van die liefde tussen 'n man en vrou.  Dit help ons om te verstaan  hoe ons met ons hele lewe voor God moet leef hier op aarde:  soos Hy dit bedoel het! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wysheids- en gedigte boeke 8: Prediker 12.02.2026

In hierdie episode probeer ons verstaan wat die Prediker skrywer vir ons wil sê as hy skryf:  "alles is 'n gejaag na wind". Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wysheids- en gedigte boeke 7: Die boek Spreuke - deel drie 05.02.2026

In hierdie episode vertel ons meer van Spreuke 30 en 31 en wie die skrywers was.    Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wysheids- en gedigte boeke 6: Die boek Spreuke - deel twee 29.01.2026

Ons praat oor Spreuke 10 - 30 en lig enkele spreuke uit.  Baie spreuke  vertel hoe wysheid die teenoorgestelde is van dwaasheid. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wysheids- en gedigte boeke 5: Die boek Spreuke - deel een 22.01.2026

Ons begin met die boek Spreuke :  hoofstukke 1 - 9.   Daarin leer ons dat die boek ons wysheid wil leer en:  wysheid begin met die dien van die Here. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Listen to the Bybelstories in Afrikaans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.