Carin Conradie
Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wysheids- en gedigteboeke 4: Die Psalms 15.01.2026 8:50
Vandag gesels ons verder oor die wonder van die Psalms wat vir ons behoue gebly het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 3: Die boek van die Psalms 08.01.2026 10:32
Die boek van die Psalms is gedigte wat gesing of gebid is. Dis handige, klaar uitgeskryfde gebede wat ons vandag nog elke dag kan gebruik. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Kersfees 2025 11.12.2025 9:44
'n Kort kersboodskap vir 2025. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 2: Job leer in sy lyding 04.12.2025 10:40
Hierdie storie handel oor die tweede en laaste deel van Job. Hy het baie geleer van God. En nadat hy vir sy vriende gebid het, het God sy lewe herstel. Ons lees dit in Job 3 tot 42. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids-en gedigteboeke 1: Die man Job 27.11.2025 10:01
In hierdie storie begin vertel ons van Job soos in Job 1 en 2. Job, Spreuke en Prediker word wysheidliteratuur genoem. Ons sal die Boeke van die profete later verder vertel. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 10: 'n Nuwe wet help die Jode 20.11.2025 10:47
In ons laaste storie uit die boek Ester (Ester 8 - 10) hoor ons hoe die Jode hulleself kon beskerm op die dag wat die vyand hulle aangeval het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 9: Die tweede ete van koningin Ester 13.11.2025 10:49
Haman wou die Jode uitwis, maar in hierdie storie hoor ons hoe hy tot 'n val gekom het. Ons lees dit in Ester 5 tot 7. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 8: Haman wil die Jode doodmaak 06.11.2025 12:27
In Ester 2 tot 5 lees ons van Haman wat net niks van Mordegai gehou het nie. Die gevolg was dat hy die koning gevra het om 'n wet te skryf dat die Jode op 'n sekere dag almal uitgewis kon word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 7: Ester word koningin 30.10.2025 10:31
Ons begin vertel die storie van Ester, 'n jong Jodin wat die koning van die Mediërs en Perse se vrou geword het. Ons lees dit in Ester 1 en 2. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 6: Nehemia kom weer terug na Jerusalem 23.10.2025 10:39
In Nehemia 13 lees ons hoe kwaad Nehemia vir die Judeërs geword het omdat hulle dinge gedoen het wat hulle weet verkeerd was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 5: Juda vier fees 16.10.2025 10:48
In Nehemia se tyd het die volk gehonger na die wet van die Here en het vir ure daarna geluister. Hulle het byeengekom en die huttefees gevier en 'n vasdag gehou. Die muur is ook ingewy met 'n lekker fees. Ons lees daarvan in Nehemia 7 - 13. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 4: Jerusalem se muur word klaar gebou 09.10.2025 11:16
In Nehemia 5 tot 7 lees ons hoe die Judeërs deur al die moeilikheid tog die muur klaar gebou het in net twee en vyftig dae. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 3: Nehemia gaan na Jerusalem 02.10.2025 11:11
In Nehemia 1 - 4 lees ons hoe dit gekom het dat Nehemia na Jerusalem is en die mense aangemoedig het om die muur rondom die stad te begin herbou. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 2: Priester Esra gaan na Jerusalem 25.09.2025 10:38
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land 18.09.2025 10:58
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda 11.09.2025 10:59
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda 04.09.2025 10:26
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 108: Koning Manasse van Juda 28.08.2025 9:08
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 107: God maak vir Hiskia gesond 21.08.2025 10:02
Ons lees in 2 Konings 20, 2 Kronieke 32 en Jesaja 38 van Hiskia wat siek geword het en God wat hom gesond gemaak het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 106: Koning Hiskia en koning Sanherib 14.08.2025 10:45
Koning Sanherib het vir Jerusalem beleër. Hikia het na die Here geroep en Hy het uitkoms gegee. Ons lees dit in 2 Konings 18, 19 en 2 Kronieke 32. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 105: Hiskia word koning van Juda 07.08.2025 10:27
Ons begin lees van Hiskia, want naas Dawid, een van die getrouste konings was. Hy het die tempeldiens weer herstel. Ons lees dit in 2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 tot 31. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 104: Die laaste koning van Israel 31.07.2025 9:28
Hosea was die laaste koning van die noordelike ryk van Israel. In hierdie storie word die eerste mense van Israel weggevoer deur Assirië. Ons lees dit in 2 Konings 17. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 103: Koning Agas van Juda 26.07.2025 10:29
In 2 Konings 16 en 2 Kronieke 28 lees ons van koning Agas van Juda wat sy eie kop gevolg het. Ons vewys ook na Spreuke 3:6. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 102: Konings Asarja en Jotam van Juda 17.07.2025 9:43
In 2 Konings 15 en 2 Kronieke 26 en 27 lees ons van die pa en seun: Asarja en Jotam van Juda. Asarja het op 'n stadium die Here vergeet, maar Jotam het Hom getrou gedien tot hy oud was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 101: Ses konings van Israel 11.07.2025 10:33
Hierdie storie gaan oor ses van Israel se konings. Nie een het die Here gedien nie. Tog sien ons steeds die Here se goedheid en genade in die stories. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 15. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.