RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 20 April 2023 20.04.2023 25:33
Anthea Fredericks fokus op die ATKV se AbbAsorg-projek, hulle sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram wat onder meer gehalte onderwys aan kwesbare voorskoolse kinders bied.
Groeipyne 13 April 2023 13.04.2023 22:06
Met Suid-Afrika se warm klimaat, vind baie buitemuurse aktiwiteite in en om water plaas. En steeds hoor ons tragiese stories van kinders wat verdrink. Sweminstrukteur Ida van Wyk praat oor swemlesse en waterveiligheid vir voorskoolse kinders.
Groeipyne 6 April 2023 06.04.2023 26:47
Baie ouers is nou al bekommerd oor 2024 en die inskrywingsproses vir Graad R of Graad 1. Dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit het raad.
Groeipyne 30 Maart 2023 30.03.2023 23:25
Klein ongelukke in en om die huis, en ook op die speelgrond, is iets waarmee menige ouer van voorskoolse kinders al te bekend is. Maar weet ons kinders wat om te doen as daar nie ‘n volwassene naby is nie? Anthea Fredericks praat hieroor met gesertifiseerde noodhulpinstrukteur Margi Snyders.
Groeipyne 23 Maart 2023 23.03.2023 25:34
Professor Renier Coetzee van die Skool vir Openbare Gesondheid aan die Universiteit van Weskaapland praat oor die impak van tuberkulsoe op kinders.
Groeipyne 16 Maart 2023 16.03.2023 24:15
Die gesprek oor gehoorverlies by babas en voorskoolse kinders word voortgesit. Ilouise le Roux, 'n spraakterapeut en oudioloog, verduidelik waarom vroeë diagnose so belangrik is.
Groeipyne 9 Maart 2023 09.03.2023 23:34
Watter impak het gehoorverlies op kinders se ontwikkeling en taalgebruik? Ilouise le Roux, spraakterapeut en oudioloog, beantwoord hierdie en ander vrae.
Groeipyne 2 Maart 2023 02.03.2023 21:41
Die gesprek oor Wiskunde en voorskoolse kinders word voortgesit. Prof. Corné Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakulteit opvoedkunde praat oor Wiskundeonderrig in die grondslagfase.
Groeipyne 23 Februarie 2023 23.02.2023 25:50
Prof. Corne Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakultieit opvoedkunde praat oor Wiskunde-onderrig in die grondslagfase.
Groeipyne 16 Februarie 2023 16.02.2023 23:18
(Heruitsending) Ons fokus op voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging. Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied wie se ondervinding oor 30 jaar strek, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer.
Groeipyne 9 Februarie 2023 09.02.2023 23:05
Benita Taylor, 'n dosent in vroeë kinderontwikkeling by die Noordwes-Universiteit, het haar doktorale tesis oor die motoriese ontwikkeling van babas gedoen. Sy vertel wat haar bevindings was.
Groeipyne 2 Februarie 2023 02.02.2023 25:26
Nelmari Kemp, projekleier by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, vertel van hulle voorleesprojek en hulpbronne.
Groeipyne 26 Januarie 2023 26.01.2023 17:54
Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd fokus op leesvoorbereiding vir voorskoolse kinders.
Groeipyne 19 Januarie 2023 19.01.2023 19:08
Ons kyk verder na grondslagfase onderwys met dr. Elsabé Wessels van die Noordwes-Universiteit.
Groeipyne 12 Januarie 2023 12.01.2023 24:55
Ons fokus ons op grondslagfaseonderwys met dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit.
Groeipyne 5 Januarie 2023 05.01.2023 24:38
Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.
Groeipyne 29 Desember 2022 29.12.2022 25:57
Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.
Groeipyne 22 Desember 2022 22.12.2022 23:44
Die somervakansie is in volle swang. Kinderbiokinetikus Karyna le Roux gee wenke oor hoe om voorskoolse kinders in hierdie tydperk aktief te hou.
Groeipyne 15 Desember 2022 15.12.2022 24:07
Is kos jou liefdestaal as ouer? Anthea Fredericks sit haar gesprek met Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch voort oor die feesseisoen en watter kosriglyne ons behoort te volg.
Groeipyne 8 Desember 2022 08.12.2022 22:34
Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch praat oor die moets en moenies van voorskoolse kinders se dieet tydens die feesseisoen.
Groeipyne 1 Desember 2022 01.12.2022 26:37
Anthea Fredericks fokus op die toekoms van Afrikaans teen die agtergrond van moedertaalonderrig. Dr. Hendrik Theys van die Afrikaanse Taalraad en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans kuier in die ateljee.
Groeipyne 24 November 2022 24.11.2022 21:16
Anthea Fredericks sit haar gesprek met spesialisdermatoloog dr. Suretha Kannenberg voort oor velsiektes en velprobleme by voorskoolse kinders.
Groeipyne 17 November 2022 17.11.2022 26:33
Anthea Fredericks fokus op die liggaam se grootste orgaan, die vel, en veral op velsiektes en velprobleme wat by voorskoolse kinders kan kop uitsteek. Spesialis dermatoloog dr. Suretha Kannenberg gee raad.
Groeipyne 10 November 2022 10.11.2022 18:04
Anthea Fredericks hoor van ‘n navorsingstudie by die Universiteit van Weskaapland oor die impak van hoërisiko swangerskappe op pa's. Erika Erasmus het haar tesis as sielkunde honneurs-student hieroor gedoen. En ‘n ma van Wellington vertel van hulle pleegseuntjie wat as premature baba aan hulle toevertrou is.
Groeipyne 3 November 2022 03.11.2022 25:44
In Suid-Afrika word 15% van alle babas (een uit elke sewe) vroeg gebore. Nicolle Groskopf, wat ‘n premature baba gehad het, bied ondersteuning aan ander ouers in soortgelyke omstandighede.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.