RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 12 Oktober 2023 12.10.2023 25:31
Sommige kinders met sensoriese integrasiedisfunksie het 'n afkeer aan sekere soorte kos, wat kan lei tot 'n beperkte maaltydplan. Dieetkundige Christa Dunn het raad.
Groeipyne 5 Oktober 2023 05.10.2023 25:35
Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank deel haar gesin se reis met disleksie, en gee raad oor hoe om dit te hanteer.
Groeipyne 28 September 2023 28.09.2023 23:40
Spraakterapeut en skrywer Christien Neser praat oor voordele wat moedertaal en moedertaalonderrig vir kinders inhou.
Groeipyne 21 September 2023 21.09.2023 22:45
Ons fokus op die Noordwes-Universiteit se Vroeë Kinderopvoeding Leerfees. Dis 'n Inisiatief om betrokkenheid, kennisontginning en sosiale relevante leer vir almal in die veld te bevorder. Dr. Andri Schoonen van NWU se Fakulteit Opvoedkunde het al die inligting.
Groeipyne 14 September 2023 14.09.2023 25:28
Ons fokus op kleuterskool-gereedheid. Wat is die ideale ouderdom om jou kind kleuterskool toe te stuur? Hoe berei jy hom en jouself voor vir dié groot stap? Marietjie Havenga, 'n kleuterskoolhoof van Pretoria, gee raad en deel waardevolle wenke.
Groeipyne 7 September 2023 07.09.2023 24:34
Wat is sensoriese integrasie met betrekking tot voorskoolse kinders? Wat word bedoel met sensoriese integrasiedisfunksie? Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank beantwoord ons vrae.
Groeipyne 31 Augustus 2023 31.08.2023 24:19
Daar is al baie gesê oor die belangrike rol van taal-en leesvaardighede as belangrike boustene vir kinders se ontwikkeling. So ook wiskunde. Ons fokus op die ontwikkeling van wiskundige vaardighede by peuters en kleuters, met remediërende terapeut en skrywer, Reinette Lombard.
Groeipyne 24 Augustus 2023 24.08.2023 25:03
Kinderkinetikus Karyna le Roux vertel van speletjies en buitemuurse aktiwiteite om peuters en kleuters weer aktief te kry ná die winter.
Groeipyne 17 Augustus 2023 17.08.2023 25:15
Daar is baie ouers van voorskoolse kinders wat nou hulle opsies opweeg oor kleuterskole vir aanstaande jaar, en wat die beste is vir hulle kinders. Of dalk is jy 'n tuisbly ma of pa? Vroeëkinderontwikkelingspesialis Yolandi van den Heever deel haar kennis hieroor.
Groeipyne 10 Augustus 2023 10.08.2023 25:10
Aktrise Juanita de Villiers en radiopersoonlikheid Christelle Webb-Joubert vertel van hulle breinkind, Lekker Luister. Dis 'n platform waarop kinders na oudiostories met karakters, klank en musiek kan luister.
Groeipyne 3 Augustus 2023 03.08.2023 25:00
Ons fokus op die brein se chrono-sensor, wat onder meer daarvoor verantwoordelik is om chronologiese, tydsverloop en ritme-inligting te versamel en te verwerk.
Groeipyne 27 Julie 2023 27.07.2023 25:40
Ons fokus op kinders met spesiale leerbehoeftes en uitdagings. Ronel van Dijk van die Paarl Skool gesels passievol oor dié skool en sy leerders.
Groeipyne 20 Julie 2023 20.07.2023 23:11
Ons kyk na die onskatbare waarde van musiek in die ontwikkeling van voorskoolse kinders. Magdalene Minnaar, sopraan en artistieke direkteur van Kaapstad Opera, vertel van haar projek om klassieke musiek en opera aan jong kinders bekend te stel.
Groeipyne 13 Julie 2023 13.07.2023 25:48
Daar is 'n magdom inligting op die internet beskikbaar om ouers van voorskoolse kinders te bemagtig. Hoe betroubaar is daardie inligting? Anthea Fredricks gesels met die mense van Afrikaans.com, 'n aanlynplatform waar Afrikaanses met die druk van 'n knoppie geholpe kan raak. Ons hoor ook by kinderontwikkelingspesialis Yolandie van den Heever van boeliegedrag en wat gemaak met 'n klein kind wat byt...
Groeipyne 6 Julie 2023 06.07.2023 25:29
Ons fokus op kinderontwikkeling en liggaamlike funksionaliteit met arbeidsterapeut Charlene Cruickshank. Sy vertel waarom dit belangrik is om klein huistakies aan jou voorskoolse kind toe te vertrou.
Groeipyne 29 Junie 2023 29.06.2023 26:37
Ons fokus op die belangrike rol wat ouers speel om 'n liefde vir lees by hulle kinders aan te wakker, en hoe tradisionele boeke die leeservaring kan verryk. Spraakterapeut en skrywer Christien Neser vertel meer.
Groeipyne 22 Junie 2023 22.06.2023 26:06
Joey de Villiers, wat as baba aangeneem is, neem ons op 'n persoonlike reis van aanneming.
Groeipyne 15 Junie 2023 15.06.2023 25:55
Ons kyk in diepte na voorskoolse kinders se emosionele welstand. Kliniese sielkundige en spelterapeut, Jo-Marie Bothma, help ons om ons kinders se emosies beter te verstaan.
Groeipyne 8 Junie 2023 08.06.2023 25:10
‘n Vyfjaarlikse internasionale verslag het weer bevestig dat Suid-Afrikaanse leerders swak lesers is. Waar lê die probleem, en hoe kan dit doeltreffend aangespreek word? Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd deel haar insigte.
Groeipyne 1 Junie 2023 01.06.2023 26:23
Die dood en verlies is onvermydelik en dis iets waarmee die meeste van ons vertroud is. Maar hoe praat ek met my voorskoolse kind oor die onderwerp? Sielkundige Fiona Doman-Olivier kuier in die Groeipyne ateljee om ons vrae te beantwoord.
Groeipyne 25 Mei 2023 25.05.2023 25:28
Die gesprek oor vroeë breinstimulasie en taalontwikkeling word voortgesit met remediërende leeskenner, Brand van Dyk.
Groeipyne 18 Mei 2023 18.05.2023 24:56
Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor verantwoordelike ouerskap en breinstimulering.
Groeipyne 11 Mei 2023 11.05.2023 26:50
Ronel Beukes, 'n dieetkundige verbonde aan die Afdeling Menslike Voeding by die Universiteit Stellenbosch, praat oor vetsug by voorskoolse kinders.
Groeipyne 4 Mei 2023 04.05.2023 26:30
Ronel Beukes, 'n dieetkundige van die Departement Menslike Voeding by die Universiteit Stellenbosch, praat oor die Departement van Gesondheid se PAD NA GESONDHEID-boekie wat uitgereik word met die geboorte van elke baba in die land.
Groeipyne 27 April 2023 27.04.2023 21:20
Deesdae moet beide ouers in ‘n huishouding werk om die pot aan die kook te hou. Dit lei daartoe dat baie skoolgaande kinders smiddae by naskoolsentra deurbring tot die werksdag verby is. Naskool-juffrou Tina Kleynhans vertel wat naskool behels.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.