RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 633 episodes

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Kids

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Groeipyne 10 April 2025 10.04.2025

Ons fokus op neurodiversiteit saam met kliniese sielkundige, spelterapeut en neuro-gedragskonsultant, dr. Jo-Marie Bothma.

Groeipyne 27 Maart 2025 27.03.2025

Die kollig val op ‘n gesin wat die pad loop met Downsindroom. Dr. Susette Brynard, 'n afgetrede lektor van die Vrystaatse Universiteit, is die ma van Sheri Brynard, wat 43 jaar gelede gebore is met Downsindroom. Sheri is vandag ‘n internasionale spreker, skrywer en kleuterskoolonderwyseres. Susette gee ons ‘n intieme blik op hulle merkwaardige reis.

Groeipyne 20 Maart 2025 20.03.2025

Oudioloog en spraakterapeut  Agneta Grové praat oor die verskillende intervensies by babas en kinders met gehoorverlies, soos gehoorapparate en kogleêre inplantings.

Groeipyne 13 Maart 2025 13.03.2025

Gehoor en spraak is belangrike aspekte van 'n kind se ontwikkeling. Hoe weet ons as daar fout is? Hoe kan die probleem aangepak word? Oudioloog en spraakterapeut Agneta Grove gee raad.

Groeipyne 6 Maart 2025 06.03.2025

Anthea Fredericks sit haar gesprek voort met Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, oor babas se breinontwikkeling, vel-tot-vel-aanraking en borsvoeding.

Groeipyne 27 Februarie 2025 27.02.2025

Die geboorte van ‘n baba is ‘n vreugdevolle tyd vir nuwe ouers, maar dit kan soms ook oorweldigend wees. Hierdie klein mensie is totaal van jou afhanklik, en jy as primêre versorger het ‘n baie belangrike rol om te speel. Wat is hierdie rol, en hoe benader ‘n mens dit? Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, gee raad.

Groeipyne 20 Februarie 2025 20.02.2025

Suid-Afrika met sy 12 amptelike tale is 'n baken van linguistieke diversiteit. Anthea Fredericks praat met Anneline Jack, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Spraak-, Taal- en Hoor-assossiasie, oor die belangrikheid van moedertaal, en die werk wat hulle doen.

Groeipyne 13 Februarie 2025 13.02.2025

Ons fokus op die band tussen ouer en kind. Wat behels hierdie bindingsteorie? Anthea Fredericks praat met Judy-Ann Cilliers van MathMoms, ‘n organiseasie wat werklose vroue oplei om wiskundelesse vir kinders in hulle gemeenskap aan te bied. Deur middel van die lesse help hulle om gesonde, ondersteunende verhoudinge te help kweek.

Groeipyne 6 Februarie 2025 06.02.2025

Die nuwe skooljaar is in volle swang, ook vir voorskoolse kinders. Dit beteken roetine, wat dalk tydens die afgelope lang vakansie eenkant toe geskuif is. Anthea Fredericks praat hieroor met Yolandi van den Heever, 'n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskoolonderwyser.

Groeipyne 30 Januarie 2025 30.01.2025

Navorsing wys dat 5% van Suid-Afrikaanse kinders aandagafleibaarheid-hiperaktwiteitsindroom, of ADHD, het, maar die meerderheid van hierdie kinders word nie gediagnoseer of behandel nie weens 'n gebrek aan bewusmaking en hulpbronne. Juane du Randt, 'n geregistreerde berader en projekleier by die Goldilocks and the Bear Foundation, vertel van die werk wat hulle as nie-winsgewende organisasie doen o...

Groeipyne 23 Januarie 2025 23.01.2025

Die nuwe skooljaar is in volle swang, en sommige ouers is bekommerd oor oorvol klaskamers en ‘n tekort aan onderwysers. Remediërende onderwysers en leeskenners, Brand van Dyk en Celia Albasini, praat oor hoe om ‘n goeie grondslag vir jou kind se leerontwikkeling te skep.

Groeipyne 16 Januarie 2025 16.01.2025

Ons gee vir oulaas ‘n terugblik op die programme wat in 2024 groot byval gevind het. Ons luister weer na dr. Esther Marloth wat haar doktorsgraad in leerderondersteuning verwerf het. Sy het ‘n groot passie om onderwysers in die klaskamer te help met leerders se verskillende leeruitdagings. Ons fokus ook op die ondersteunende rol van grootouers.

Groeipyne 9 Januarie 2025 09.01.2025

In 2024 was daar heelwat Groeipyne programme wat groot reaksie uitgelok het. Ons luister weer na die onderhoude oor spraakprobleme en kinders met selektiewe mutisme.

Groeipyne 2 Januarie 2025 02.01.2025

Opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, praat oor gesinne, en hoe om gesonde gesinsverhoudings te bou.

Groeipyne 26 Desember 2024 26.12.2024

Opvoedkundige sielkundige Marike Badenhorst praat oor gesinne en hoe om gesonde gesinsverhoudings te bou.

Groeipyne 19 Desember 2024 19.12.2024

Dr. Leana Olivier, die bestuurshoof van die Foundation for Alcohol Related Research, praat oor Fetale Alkohol Spektrumafwykings, en hoe om ingeligte besluite te neem.

Groeipyne 12 Desember 2024 12.12.2024

Die 2024-skooljaar is op sy rug, en die lang somervakansie is op hande. Maar eers moet ons deur ons kinders se vorderingsverslae werk om te sien hoe hulle op ‘n holistiese vlak, maar meer spesifiek akademies, die jaar afsluit. Hoe behoort ons dit te doen? Yolandi van den Heever, 'n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskoolonderwyser, verduidelik hoe.

Groeipyne 28 November 2024 28.11.2024

Ons fokus op die rol wat pa's of vaderfigure speel in die lewe van voorskoolse kinders, en hoe hegte bande gesmee kan word. Mari Payne van Sesame Workshop South Africa, wat wêreldwyd ‘n positiewe bydrae tot gemeenskappe lewer, vertel van hulle veldtogte om vader/kind-verhoudings te verstewig.

Groeipyne 21 November 2024 21.11.2024

Vroeëkinderontwikkeling-spesialis en opvoeder, Sophie Breytenbach, praat oor beweging met betrekking tot voorskoolse kinders se algehele ontwikkeling.

Groeipyne 14 November 2024 14.11.2024

Ons kyk na die rol van ‘n ouma, en die impak wat sy kan hê op haar kleinkinders en hulle gesinne. Vroeëkinder-ontwikkelingspesialis,  Sophie Breytenbach, self ‘n ouma, deel haar insigte met ‘n goeie skeutjie humor!

Groeipyne 7 November 2024 07.11.2024

Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp? Hoe hanteer ons konflik met ons voorskoolse kinders? Yolandi van den Heever, 'n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskool-onderwyser het raad.

Groeipyne 31 Oktober 2024 31.10.2024

Yolandi van den Heever, 'n kleinkinder-onderrigspesialis praat oor spraakprobleme uit die oogpunt van ‘n kleuterskooljuffrou.

Groeipyne 24 Oktober 2024 24.10.2024

Ons fokus op kinders met leeruitdagings, angstigheid in die klaskamer en ouerondersteuning. Marietjie de Kock is die leerondersteuning-koördineerder by Laerskool Jan van Rieebeck in Kaaapstad. Sy vertel van hulle terapiekamer wat leerders help ontlaai.

Groeipyne 17 Oktober 2024 17.10.2024

Suid-Afrika het by verre die hoogste voorkomsyfer van Fetale Alkohol Spektrum Afwykings ter wêreld. Dr. Leana Olivier, die bestuurshoof van die Foundation for Alcohol Related Research, vertel wat die oorsake is, en watter werk hulle in gemeenskappe doen.

Groeipyne 10 Oktober 2024 10.10.2024

Spraakterapeut en skrywer  Christien Neser verduidelik wat die moontlike oorsake van hakkel kan wees, en hoe dit behandel kan word.

Listen to the Groeipyne podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.