RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groeipyne 4 Julie 2024 04.07.2024 24:10
Ouers wil altyd die beste vir hulle kinders gee. Hulle bedoeling is goed, maar soms is hulle nie goed ingelig nie. Dít kan moontlik skadelike gevolge hê. Vroeë kinderontwikkelingspesialis Sophie Breytenbach bespreek die nadeel van vroeë papierwerk vir voorskoolse kinders.
Groeipyne 27 Junie 2024 27.06.2024 23:03
Dis steeds skoolvakansie, en peuters en kleuters het die klaskamer vir die huis verruil. Wat gebeur by die huis, teenoor wat in die klaskamer plaasvind? Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, praat oor onderrig en opvoeding, en wie vir wat verantwoordelik is.
Groeipyne 20 Junie 2024 20.06.2024 24:30
Die winter is hier, en ons voel dit aan ons lywe. Só ook ons peuters en kleuters. Watter impak het dit op hulle en op die kleuterskoolklaskamer? Dr. Elsabe Wessels, verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedunde, deel haar insigte.
Groeipyne 13 Junie 2024 13.06.2024 23:14
Ons fokus op die belangrike rol van pa's in kinders se ontwikkeling. Heidi Malan, wat meer as 20 jaar se ervaring in die aanbied van doeltreffende ouerskapsleiding het, deel haar insigte.
Groeipyne 6 Junie 2024 06.06.2024 22:40
Vroë kinderontwikkeling-spesialiste sê speel is ‘n kleuter en peuter se werk. Die Verenigde Nasies stem saam, en het Internasionale Speeldag in die lewe geroep om kinders se reg om te kan speel te beskerm en te bevorder. Dié dag word op 11 Junie gevier. 'n Spesialisberader in spelterapie, Wietske Boon, praat oor die voordele verbonde aan speel.
Groeipyne 30 Mei 2024 30.05.2024 24:04
Op 11 Junie vier ons die eerste Wêreld Speeldag. Dis deur die VN ingestel ter beskerming en bevordering van kinders se reg om te kan speel. 'n Spesialisberader in spelterapie, Wietske Boon, praat oor die belangrikheid en die rol van speel in vroeë kinderontwikkeling.
Groeipyne 23 Mei 2024 23.05.2024 23:58
Wat is die proses wat gevolg moet word om toegang tot ‘n leerondersteuningsentrum vir ‘n kind met leeruitdagings te kry? Hennie Mentz, die bestuurshoof van Curro Uitzicht, ‘n leerondersteuningskool in Kaapstad, is terug in die Groeipyne-ateljee om raad te gee.
Groeipyne 16 Mei 2024 16.05.2024 24:47
Wat maak ek as ouer van ‘n voorskoolse kind met leeruitdagings? Hennie Mentz, die bestuurshoof van Curro Uitzicht, ‘n leerondersteuningskool in Kaapstad, gee raad.
Groeipyne 9 Mei 2024 09.05.2024 20:56
Milanie Vosloo, projekbestuurder van Afrikaans.com, praat oor die belangrike rol wat ma's speel in die holistiese ontwikkeling van hulle kinders.
Groeipyne 2 Mei 2024 02.05.2024 22:24
Ons fokus op die belangrike rol wat grootouers speel in die grootmaak van kinders. En, van watter ouderdom af mag kleintjies by oupa en ouma oornag? Sielkundige Fiona Doman-Olivier het die antwoorde.
Groeipyne 25 April 2024 25.04.2024 22:27
Ons sit die gesprek oor die seksuele mishandeling en uitbuiting van kinders voort. Edith Kriel, die bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Jellybeanz, vertel van die werk wat hulle met jong slagoffers en hulle gesinne doen.
Groeipyne 18 April 2024 18.04.2024 23:18
Suid-Afrikaanse kinders is van die kwesbaarste ter wêreld. Statistiek dui daarop dat een uit elke drie kinders voor die ouderdom van 18 jaar seksueel mishandel word. Edith Kriel, die bestuurshoof van Jellybeanz, praat oor die uitwerking hiervan op kinders en gesinne, asook die werk wat hulle doen.
Groeipyne 11 April 2024 11.04.2024 20:24
Die fokus is op die seksuele uitbuiting en misbruik van kinders. Ouers wil weet hoe om hulle kinders te bemagtig. Fanie Viljoen, skrywer van die kinderboek DIE DAG AS DIE DRAAK KOM, deel van sy insigte en navorsing vir die boek.
Groeipyne 4 April 2024 04.04.2024 20:41
Die tweede kwartaal van die skooljaar het begin, en die kleintjies is terug by die kleuterskool. Kleinkinder-onderrigspesialis Yolandi van den Heever gee raad oor hoe om weer in 'n roetine te kom, en wat om in die klaskamer te verwag.
Groeipyne 28 Maart 2025 28.03.2024 24:50
Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, gee raad oor kinders met leer-struikelblokke. Sy verduidelik ook hoe die Kinderwet ouers en skole se verantwoordelikhede ten opsigte van leer en onderrig uiteensit.
Groeipyne 21 Maart 2024 21.03.2024 21:08
Die eerste kwartaal van die nuwe skooljaar is verby, en leerders het hulle vorderingsverslae ontvang. Hoe moet ouers van kinders in die pre- en grondslagfase hierdie rapporte interpreteer? Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, het raad.
Groeipyne 14 Maart 2024 14.03.2024 25:25
Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor die ontwikkeling van kinders se leesvaardighede.
Groeipyne 7 Maart 2024 07.03.2024 25:38
Ouervervreemding is ‘n verskynsel wat ‘n verwoestende uitwerking op gesinne en families kan hê. Marietjie Havenga, ‘n onderrig- en leerspesialis van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, het navorsing hieroor gedoen, en deel haar insigte vanuit ‘n onderwysperspektief.
Groeipyne 29 Februarie 2024 29.02.2024 25:40
Spraakterapeut en skrywer Christien Neser deel haar insigte oor die angs-toestand, selektiewe mutisme, uit gevallestudies, en gee raad aan onderwysers oor hoe om kinders met SM in die klaskamer te help.
Groeipyne 22 Februarie 2024 22.02.2024 25:44
Kliniese sielkundige en spelterapeut Jo-Marie Bothma werp meer lig op selektiewe mutisme, ‘n angstoestand wat veroorsaak dat jong kinders so te sê stom word in sekere situasies.
Groeipyne 15 Februarie 2024 15.02.2024 24:27
Ons fokus op lees, en die rol wat ‘n gemeenskap-ontwikkelingsorganisasie speel om kinders se leesvermoë te verbeter. Chareldine van der Merwe, die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, vertel van die werk wat hulle doen.
Groeipyne 8 Februarie 2024 08.02.2024 22:25
Ons fokus op die omstrede Bela-wet, wat veral Afrikaanse skoolgemeenskappe warm onder die kraag het. Hou dit ‘n bedreiging vir moedertaalonderrig in? Daan Potgieter, bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, en Milanie Vosloo, Afrikaans.com se projekbestuurder, vertel meer.
Groeipyne 1 Februarie 2024 01.02.2024 25:15
Wat is van die faktore wat jou kind se spraak-en taalontwikkeling kan belemmer?
Groeipyne 25 Januarie 2024 25.01.2024 24:31
Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, gee raad oor hoe om peuters en kleuters te dissiplineer.
Groeipyne 18 Januarie 2024 18.01.2024 23:11
Die nuwe akademiese jaar het begin en in hierdie week se Groeipyne fokus ons op roetine om ons weer aan die gang te kry. 'n Spesialis in voorskoolse onderwys en kleuterskoolonderwyser, Yolandi van den Heever deel haar insigte en gee ook waardevolle raad.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.